Aantekeninge by die finansiële jaarstate

VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 MAART 2008

« Aanwysing 35 Aanwysing 1 »
         
36. Verwante party inligting    
 

Filiale
Besonderhede van inkomste vanaf, en beleggings in, filiaalmaatskappye verskyn in aantekening 27 en in Bylaag A onderskeidelik.

Geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings
Besonderhede van beleggings in, en inkomste vanaf, geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings verskyn in aantekeninge 6, 7 en 28 onderskeidelik, asook in Bylae B en C.

Sleutelbestuurpersoneel
Slegs Remgro se direkteure word as sleutelbestuurpersoneel beskou. Inligting oor direkteursvergoeding en hul aandeelhouding in die maatskappy verskyn in aantekeninge 23 en 24 en in die verslag van die raad van direkteure.

Aandeelhouers
Besonderhede van die hoofaandeelhouer verskyn in die verslag van die raad van direkteure. ’n Gedetailleerde ontleding van
aandeelhouers verskyn hier.

Ander
Sekere kontraktuele ooreengekome, ondersteunende en ander dienste word aan VenFin Beperk gelewer. Verwys na aantekening
26
vir besonderhede.

 

    2008   2007  
  Transaksies met verwante partye  R miljoen   R miljoen  
  GEKONSOLIDEERD    
  Transaksies van Remgro Beperk en sy filiaalmaatskappye met:    
       
  Beherende aandeelhouer    
     Dividende betaal 164   277  
       
  Geassosieerdes    
     Rente ontvang 11   35  
     Dividende ontvang 3 297   2 748  
     Verkope 2   12  
     Administrasiefooie 13   12  
     Aankope 113   200  
     Rente betaal 1   –  
     Ander uitgawes –   1  
       
  Sleutelbestuurpersoneel    
     Salarisse en ander voordele 19   18  
     Aftreevoordele 3   3  
     Aandeelgebaseerde betalings 8   7  
       
  Ander    
     Fooie ontvang van VenFin Beperk 17   21  
       
  Saldo’s verskuldig van/(aan) verwante partye    
     Geassosieerde maatskappye (11)  (13) 
       
  DIE MAATSKAPPY    
  Transaksies van Remgro Beperk met:    
       
  Filiaalmaatskappye    
     Dividende ontvang 2 138   3 358  
     Administrasiefooie ontvang 5   4  
       
  Saldo’s verskuldig deur/(aan) verwante partye    
     Filiaalmaatskappye 2 312   2 371  
 
  Geen sekuriteit is vir enige uitstaande saldo’s gegee nie. Daar is geen voorsienings vir oninbare skuld teen uitstaande saldo’s met verwante partye gemaak nie en geen oninbare skuld van verwante partye is gedurende die jaar afgeskryf nie.