Remgro Beperk (Remgro) onderskryf die waardes van, en is ten volle verbind tot, die King II-verslag se Kode van Korporatiewe Praktyke en Gedrag. Die raad is ook 'n voorstander van goeie korporatiewe bestuur by al die ondernemings waarin die maatskappy belê en al die maatskappy se geAanwysingerde filiale en geassosieerde maatskappye onderskryf die Kode van Korporatiewe Praktyke en Gedrag waar toepaslik.
Remgro is 'n beleggingshouermaatskappy. Verwysing na ''die groep'' beteken in hierdie konteks die maatskappy en sy volfiliale. Elke onderneming waarin die maatskappy belê, het sy eie bestuurstruktuur. Effektiewe korporatiewe bestuur vorm deel van die beoordelingskriteria van die groep se beleggingsplan wat verder gemonitor word deur middel van nie-uitvoerende direksie-verteenwoordiging in daardie direksies.
Die Global Reporting Initiative (GRI) Boundary Protocol is gebruik as riglyn vir die opstel van hierdie verslag. Openbaarmaking is beperk tot ondernemings wat 'n wesentlike invloed op die groep se volhoubaarheidsprestasie kan hê en ondernemings waar Remgro beheer uitoefen oor finansiële en bedryfsaangeleenthede, tensy daardie ondernemings self die relevante inligting in hul jaarverslae publiseer.
Om sy verantwoordelikheid ten opsigte van risikobestuur na te kom, het die groep 'n deurlopende hersieningsprogram vir risikobestuur geimplementeer en in stand gehou ten einde 'n samehangende benadering in die groep te verseker.
Hieronder volg die vernaamste aspekte van die groep se korporatiewe bestuur.
Die handves word deur alle direkteure van Remgro onderskryf en is by die geregistreerde adres beskikbaar ter insae.
Na besinning oor die onderstaande is die direksie tevrede dat die vereiste handelinge, soos vervat in die handves, in die jaar onder oorsig uitgevoer is.
Die funksies van die voorsitter en die hoofuitvoerende beampte is geskei. Die voorsitter is 'n nie-uitvoerende direkteur, maar is nie onafhanklik nie.
'n Lys van direkteure verskyn hier.
Na die goedkeuring van bedryfs- en beleggingsplanne en strategieë, bemagtig die direksie die uitvoerende bestuur om dit te implementeer en tydige, akkurate en toepaslike terugvoering te gee oor die vordering wat gemaak word.
Die direksie bly aanspreeklik vir die algehele sukses van goedgekeurde strategieë, gegrond op waardes, doelwitte en die vereistes van belanghebbendes en vir die prosesse en beleide wat die effektiwiteit van risikobestuur en interne beheer verseker. Die direksie is die sentrale punt van die groep se korporatiewe bestuur en dit is sy verantwoordelikheid om toe te sien dat aan alle toepaslike wette, regulasies en kodes van beste sakepraktyke voldoen word.
Die direksie is verantwoordelik vir die monitering van die groep se bedryfs- en beleggingsprestasie, wat finansiële en nie-finansiële aspekte insluit. Dit is ook verantwoordelik om toe te sien dat prosedures en praktyke in plek is om te verseker dat die groep se bates en reputasie beskerm word deur middel van akkurate en deursigtige rapportering.
Die direksie het die volgende subkomitees daargestel om hom te help om sy pligte en verantwoor-delikhede na te kom:
Die komitee het ’n formele mandaat en sy doeltreffendheid word daarvolgens deur die direksie beoordeel.
’n Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur is voorsitter van die komitee. Die komitee het ’n formele mandaat en sy doeltreffendheid word daarvolgens deur die direksie beoordeel.
Die direksie is verantwoordelik vir die aanstelling en oriëntering van nuwe direkteure. Nie-uitvoerende direkteure word aangestel op grond van hul wyer kennis en ondervinding en van hulle word verwag om effektief aan besluitneming en die formulering van strategieë en beleid deel te neem.
Uitvoerende direkteure dra hul insig van die dag-tot-dag-bedrywighede by, wat die direksie in staat stel om doelwitte te identifiseer, rigting te gee en die lewensvatbaarheid te bepaal van strategieë wat voorgestel word. Hierdie direkteure is oor die algemeen verantwoordelik vir die implementering van alle bedryfsbesluite.
Die direksie vergader minstens ses keer per jaar. Die oudit-en-risikokomitee kom minstens vier keer per jaar bymekaar, terwyl die vergoedings-en-nominasiekomitee minstens een keer per jaar vergader.
Die notules van al die komiteevergaderings word aan direksielede gestuur. Sake wat die direksie se aandag moet geniet of 'n direksiebesluit vereis, word uitgelig en as agendapunte vir die volgende direksievergadering ingesluit.
In ooreenstemming met hierdie doelwitte evalueer die vergoedings-en-nominasiekomitee jaarliks die bydrae van elke direkteur en senior bestuurslid en word jaarlikse salarisaanpassings daarvolgens bepaal. Vir hierdie doel word ook salarisopnames wat deur onafhanklike organisasies gemaak is, in ag geneem.
Die direksie is ook verantwoordelik vir die formulering van die maatskappy se kommunikasiebeleid en om seker te maak dat woordvoerders van die maatskappy dit nakom. Hierdie verantwoordelikheid sluit duidelike, deursigtige, gebalanseerde en waarheidsgetroue kommunikasie aan aandeelhouers en relevante belanghebbendes in.
Na evaluasie van hul prestasie ingevolge die onderskeie handveste is die direkteure van mening dat die raad en sy subkomitees alle verantwoordelikhede nagekom het.
Alle inligting wat direkteure in die uitvoering van hulle pligte bekom en wat nie openbaar gemaak word nie, word as vertroulik beskou en direkteure mag nie sulke inligting gebruik, of skyn te gebruik, vir persoonlike gewin of tot voordeel van derde partye nie.
Van alle direkteure van die maatskappy word verwag om die Remgro Gedragskode en die voorskrifte van die JSE Beperk (JSE) insake binne-inligting, transaksies en die openbaarmaking van transaksies na te kom.
Alle direkteure het onbeperkte toegang tot die dienste van die maatskappysekretaris wat moet toesien dat behoorlike korporatiewe bestuursbeginsels nagekom word en is daarvoor aan die direksie verantwoordelik. Direksie-oriëntering of -opleiding word gedoen, soos nodig geag.
Die geidentifiseerde risikokategoriee is in bree trekke soos volg:
Die direksie het 'n omvattende risikobestuurstelsel opgestel en geimplementeer wat voorsiening maak vir volgehoue risikovasstelling en -beoordeling en die vaslegging van interne beheer.
Die ondernemingswye risikobestuurstelsel van toepassing op die groep sluit die volgende in:
Bedryfsrisiko's word hoofsaaklik deur effektiewe interne beheer bestuur wat ontwerp is om redelike gerusstelling te verskaf ten opsigte van die konstante bereiking van organisasie-doelwitte en die beperking van verlies of wanvoorstelling binne aanvaarbare perke.
Bestuurstrukture is daargestel om na sekere hoofrisiko-aktiwiteite om te sien, insluitende tesourie, veiligheid, gesondheid, omgewing, batebeskerming, belasting en risikobefondsing.
'n Tesouriekomitee, saamgestel uit genomineerde lede van senior bestuur, is verantwoordelik vir die daarstelling van beleid en prosedures, toepassing van toepaslike bestuursbevoegdheidsvlakke en gereelde terugvoering aan die direksie via die oudit-en-risikokomitee. Die tesouriebeleid verseker ook dat 'n maksimum opbrengs op kontantreserwes verdien word met inagneming van beleggings-en kredietrisikos en die groep se likiditeitsvereistes.
V&R Management Services (V&R), 'n maatskappy geregistreer en bestuur in Switserland, lewer tesouriedienste vir buitelandse kontanthouding aan R&R Holdings (’n 33.3% geassosieerde maatskappy) en Remgro Investments (Jersey) ('n volfiliaal). Die maatskappye het dienskontrakte wat V&R se pligte en verantwoordelikhede uitspel met verwysing na tesouriebeleide wat deur hulle onderskeie direksies goedgekeur is en deur hulle gemonitor word. V&R se aktiwiteite en risikobestuurspraktyke word jaarliks onderwerp aan onafhanklike oudits. Remgro en VenFin hou elkeen 'n 50%-belang in V&R.
Die onderskeie verskaffers van geintegreerde gerusstelling aan die direksie sluit die volgende in:
Interne oudit
Die groep se interne ouditafdeling is ’n effektiewe, onafhanklike waarderingsfunksie wat ’n risikogebaseerde ouditbenadering volg in ooreenstemming met die Instituut vir Interne Ouditeure (IIO) se definisie van interne oudit en wat vervat is in ’n handves deur die direksie goedgekeur. Die hoof van hierdie afdeling het direkte toegang tot die voorsitter van die oudit-en-risikokomitee, sowel as die voorsitter van die groep.
Eksterne oudit
Die maatskappy se eksterne ouditeur woon alle vergaderings van die oudit-en-risikokomitee by en het direkte toegang tot die voorsitter van die oudit-en-risikokomitee en die voorsitter van die groep. Die omvang van die eksterne oudit is voldoende geintegreer met die interne ouditfunksie sonder dat die omvang daarvan enigsins beperk word.
Ander dienste wat deur die eksterne ouditeur verskaf word, sluit hoofsaaklik belasting-aangeleenthede in en dit word hanteer deur ’n afdeling wat onafhanklik van die ouditvenAanwysing is. Onafhanklikheid word verder verseker deur die aanstellingsterme.
In die nakoming van sy breër verantwoordelikhede ingevolge die Korporatiewe Wetswysigingswet, 24 van 2006, is die volgende toegevoeg tot die selfbeoordelingsmetodiek wat die doeltreffendheid van die oudit-en-risikokomitee monitor:
Waar vereis, stel die oudit-en-risikokomitee prosedures in om sy besluitnemingsprosesse te rig en dit te notuleer.
Die direkteure is van mening dat, op grond van navrae wat gedoen is en die verslae wat van die interne en eksterne ouditeure ontvang is, die risikobestuursprogramme en interne beheerstelsels van die maatskappy en sy afhanklike filiale in die tydperk onder oorsig doeltreffend was. In hierdie verband word Tsb Sugar, Rainbow Chicken en Wispeco as onafhanklik beskou en daarom word daar nie oor hulle gerapporteer nie.
Die oudit-en-risikokomitee is tevrede dat die ouditkomitees van die maatskappy se onafhanklike filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerde maatskappye behoorlik funksioneer.
| Oudit-en- | Vergoedings-en- | ||
| risiko- | nominasie- | ||
| Direksie | komitee | komitee | |
| Aantal vergaderings gehou | 7 | 4 | 1 |
| Bywoning deur direkteure | |||
| JP Rupert | 7 | 1 | |
| M H Visser | 7 | ||
| P E Beyers | 7 | ||
| W E Buhrmann | 7 | ||
| G D de Jager | 7 | 3 | 1 |
| JW Dreyer | 7 | ||
| D M Falck(1) | 7 | 4 | |
| PK Harris | 6 | 1 | |
| E de la H Hertzog | 6 | ||
| J Malherbe | 7 | ||
| M M Morobe(2) | 5 | ||
| J A Preller (Mev) | 7 | ||
| D Prins | 7 | 4 | |
| M Ramos (Mej) | 5 | ||
| F Robertson | 7 | 3 | 1 |
| T van Wyk | 7 |
| (1) | Mnr D M Falck het op 30 Januarie 2008 as lid van die oudit-en-risikokomitee uitgetree en woon voortaan die vergaderings op uitnodiging by. |
| (2) | Mnr M M Morobe is op 18 Junie 2007 as direkteur van die maatskappy aangestel en het eers vanaf Augustus 2007 direksievergaderings bygewoon. |