Geagte Aandeelhouer
Die raad doen met genoeë verslag oor die bedrywighede en finansiële resultate vir die jaar onder oorsig.
Die belange van die groep bestaan hoofsaaklik uit beleggings in tabakprodukte, bankwese en finansiële dienste, drukwerk en verpakking, motorkomponente, glasprodukte, mediese dienste, mynwese, petroleumprodukte, voedsel, wyn en spiritualieë en verskeie ander handelsmerkprodukte.
RESULTATE |
||
Jaar geëindig 31 Maart: | 2008 | 2007 |
Wesensverdienste – Nie-herhalende gedeelte van SEB -koste uitgesluit (R miljoen) | 8 028 | 6 892 |
– per aandeel (sent) | 1 700.7 | 1 453.6 |
– verwater (sent) | 1 656.8 | 1 409.2 |
Wesensverdienste (R miljoen) | 7 991 | 6 892 |
– per aandeel (sent) | 1 692.8 | 1 453.6 |
– verwater (sent) | 1 649.0 | 1 409.2 |
Verdienste – netto wins vir die jaar (R miljoen) | 9 893 | 6 942 |
– per aandeel (sent) | 2 095.7 | 1 464.2 |
– verwater (sent) | 2 048.9 | 1 418.5 |
Dividende (R miljoen)* | 2 471 | 2 102 |
– gewoon – per aandeel (sent) | 510.00 | 434.00 |
* ’n Finale dividend van 330 sent (2007: 281 sent) per aandeel is verklaar na jaareinde en is gevolglik nie in die finansiële jaarstate voorsien nie. Geen SBM is op hierdie dividend betaalbaar nie. |
’n Alternatiewe aanbod bestaande uit ’n kontantvergoeding van R16.00 per Rainbow-aandeel óf 8.1 Remgro gewone aandele vir elke 100 Rainbow-aandele gehou óf ’n kombinasie daarvan, het op 6 Junie 2007 in werking getree.
Ingevolge bogenoemde aanbod het Remgro 30 236 876 Rainbow-aandele verkry. Hiervan is 27 749 336 aandele vir ’n kontantvergoeding van R16.00 per Rainbow-aandeel vir ’n totale bedrag van R448.6 miljoen verkry, terwyl 2 487 540 Rainbow-aandele verkry is deur die uitreiking van 201 399 Remgro-aandele teen ’n gemiddelde prys van R186.10 per Remgro-aandeel.
Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro 10 699 024 Rainbow-aandele in die ope mark teen R16.00 per aandeel vir ’n totale bedrag van R171.9 miljoen verkry. Op 31 Maart 2008 was Remgro se effektiewe belang in Rainbow 74.0% (31 Maart 2007: 61.4%).
Breë-basis swart ekonomiese bemagtigingsinisiatief (SEB)
Op 18 Maart 2008 het Rainbow se aandeelhouers ’n voorstel goedgekeur om strategiese SEB -aandeelhouding in die maatskappy in te stel. Rainbow sal 51 177 217 Rainbow-aandele (die SEB -aandele) teen R17.89 per aandeel aan ’n SEB konsortium (BEE Co) uitreik. BEE Co sal deur die SEB -vennote besit word en die aandele wat aan die maatskappy uitgereik word, sal 15% van die totale uitgereikte kapitaal van Rainbow verteenwoordig.
Die SEB-aandele sal gedurende Junie 2008, ná die betaling van die finale dividend aan bestaande Rainbow-aandeelhouers, uitgereik word. Vir rekeningkundige doeleindes is die effektiewe datum van die transaksie 18 Maart 2008, dit is die datum waarop die aandeelhouers die transaksie goedgekeur het. Die aankoopprys van die SEB -aandele sal deur BE Co vereffen word deur die uitreiking van aflosbare voorkeuraandele in BEE Co aan Rainbow.
Vir rekeningkundige doeleindes word die voorwaardes vir die uitgifte van die SEB -aandele en die befondsing daarvan beskou as ’n opsie in Rainbow-aandele wat aan BE Co gebied word en daarom word die uitreiking van die SEB -aandele en Rainbow se inskrywing van die BE Co-voorkeuraandele nie vir rekeningkundige doeleindes erken nie. Die SEB -transaksie sal dus nie Remgro se effektiewe belang in Rainbow raak totdat die aflossing van die SEB -voorkeuraandele, waarna hierbo verwys is, plaasvind nie.
Met ingang van 31 Julie 2007 het Remgro ’n belang van 24.5%, op ’n ten volle verwaterde grondslag, in PGSI vir R719.5 miljoen, transaksiekoste ingesluit, verkry. PGSI is die buitelandse houermaatskappy van die Plate Glass groep. Vir die jaar geëindig 31 Maart 2008 is PGSI , wat ’n Desember-jaareinde het, volgens die ekwiteitsmetode vir die vyf maande tot Desember 2007 verantwoord. In die toekoms sal PGSI jaarliks vir die twaalfmaande-tydperk geëindig Desember geëkwiteer word.
Die tweede fase van Tsb Sugar se grondeistransaksies is tans in proses en bestaan uit die oorblywende geëiste grond, hoofsaaklik in die Malelane-omgewing. Dié fase sal die verkoop van 3 162 ha suiker en 71 ha lietsjies behels, alles onder besproeiing, sowel as 2 599 ha wat nie onder besproeiing is nie. Na verwagting sal hierdie transaksie in die volgende finansiële jaar afgehandel word.
Resource Energy BV (RE)
Gedurende die jaar onder oorsig het Tsb Sugar, Compagnie Industriali Riunite van Italië en VenFin Beperk, die maatskappy RE gestig. Tsb Sugar het ’n 25%-belang in RE vir ’n totale bedrag van R8.6 miljoen bekom. Bykomende beleggings sal op ’n projek-vir-projek-basis gemaak word.
RE is betrokke by hernubare energie deur die verkryging, ontwikkeling en integrasie van biobrandstof produksieaanlegte, met ’n aanvanklike fokus op die produksie van etanol uit suikerriet.
Unilever het wêreldwyd sy organisasiestruktuur vereenvoudig. Dit het onder andere die samevoeging van die SA Foods- en SA HP C-besighede in ’n enkele leierskaps- en bedryfsraamwerk onder die “One Unilever”-program ingesluit.
Gedurende Oktober 2007 het Remgro en Unilever ooreengekom dat Remgro sal disinvesteer van sy 41%-belang in UBR in ruil vir ’n 25.75%-belang in die totale Unilever Suid-Afrika besigheid, bestaande uit die gekombineerde SA Foods en SA HP C-besighede. ’n Na-belaste kapitaalwins van R1 167 miljoen is met dié transaksie gerealiseer.
Ingevolge die regte-aanbod het Medi-Clinic 198 675 497 aandele teen ’n uitreikingsprys van R22.65 per aandeel uitgereik. Remgro het sy regte in terme van die regte-aanbod gevolg en 86 217 868 Medi-Clinic-aandele ten bedrae van R1 952.8 miljoen opgeneem. Op 31 Maart 2008 was Remgro se effektiewe belang in Medi-Clinic 45.9% (31 Maart 2007: 47.6%).
RMBH het, ingevolge ’n afsonderlike ooreenkoms met Remgro, ingestem om die 27 008 590 Discovery-aandele wat Remgro ingevolge bogenoemde ontbondeling ontvang het, te verkry deur die uitreiking van 21 302 886 RMBH -aandele teen R33.94 per aandeel vir ’n totale bedrag van R723 miljoen. Remgro het ’n na-belaste kapitaalwins van R403 miljoen met dié transaksie gerealiseer.
Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ook 30 000 RMBH -aandele in die ope mark teen R33.49 per aandeel vir ’n totale bedrag van R1.0 miljoen verkry. Na hierdie transaksies is Remgro se belang in RMBH 25.0% (31 Maart 2007: 23.7%).
Vir die jaar onder oorsig is Xiocom volgens die ekwiteitsmetode vir die agt maande tot 31 Maart 2008 verantwoord.
Die Remgro Aandeletrust het gedurende die jaar onder oorsig 150 566 Remgro gewone aandele teen ’n gemiddelde prys van R189.19 vir ’n totale bedrag van R28.5 miljoen aangekoop, terwyl 126 383 aandele aan deelnemers gelewer is teen betaling van die koopprys.
Plaaslik | Buiteland | Totaal | |
R miljoen | R miljoen | R miljoen | |
Per gekonsolideerde balansstaat | 1 280 | 2 654 | 3 934 |
Min: Kontant van ander bedryfsfiliale | (661) | – | (661) |
Kontant by die kern | 619 | 2 654 | 3 273 |
Toeskryfbare gedeelte van R&R se kontant | – | 2 433 | 2 433 |
Beskikbare kontant | 619 | 5 087 | 5 706 |
Van die beskikbare buitelandse kontant hierbo, was £309 miljoen (R4 953 miljoen) op 31 Maart 2008 in Verenigde Koninkryk skatkiswissels belê.
Die finale gewone dividend per aandeel is met 17.4% verhoog tot 330 sent. Totale gewone dividende per aandeel ten opsigte van die finansiële jaar tot 31 Maart 2008 het gevolglik met 17.5% gestyg, vanaf 434 sent tot 510 sent.
Die totale distribusie aan aandeelhouers ten opsigte van die finansiële jaar is soos volg:2008 | 2007 | |
(Gebaseer op die totale uitgereikte aandele ten tye van betaling) | R miljoen | R miljoen |
Gewoon | ||
– Tussen | 872 | 741 |
– Finaal | 1 599 | 1 361 |
Totaal | 2 471 | 2 102 |
Met ingang van 1 April 2007 het die groep sy rekeningkundige beleid vir die rekeningkundige hantering van ondernemings wat gesamentlik beheer word vanaf proporsionele konsolidasie na die ekwiteitsmetode verander, aangesien dit slegs ’n belang het in die uitkoms wat deur die aktiwiteite van daardie ondernemings gegenereer word en nie enige regte tot die individuele bates of kontraktuele verpligtinge vir uitgawes of finansiering van daardie entiteite het nie. Die verandering in rekeningkundige beleid sal gevolglik tot meer toepaslike openbaarmaking van gesamentlike ondernemings lei. Hierdie verandering in rekeningkundige beleid het geen uitwerking op Remgro se netto batewaarde, verdienste en wesensverdienste van die vergelykende jaar gehad nie. Sekere lynitems in die vergelykende balansstaat en inkomstestaat is dienooreenkomstig hersaamgestel. Die uitwerking hiervan was nie wesentlik nie.
Hersamestelling van vergelykende balansstaat as gevolg van bogenoemde vorige jaar aansuiwering:31 Maart 2007 | |
R miljoen | |
Afname in eiendom, aanleg en toerusting | (1) |
Toename in beleggings in gesamentlike ondernemings | 8 |
Afname in lenings toegestaan | (3) |
Afname in bedryfsbates | (6) |
Afname in bedryfslaste | 2 |
Op 26 November 2007 het Remgro sy tussenresultate vir die ses maande geëindig 30 September 2007 gepubliseer. Aandag is daarop gevestig dat sekere geassosieerde maatskappye op daardie stadium nog nie in staat was om die nodige inligting te verskaf om Remgro in staat te stel om wesensverdienste vir die vergelykende tydperke her saam te stel nie. Dít het betrekking gehad op geassosieerde maatskappye wat Sirkulêre 08/07 eers in latere finansiële tydperke geïmplementeer het, byvoorbeeld FirstRand Beperk en RMB Holdings Beperk met verwysing na hul tussenverslagdoening tot 31 Desember 2007.
Die JSE het vrystelling aan Remgro verleen rakende voldoening aan Sirkulêre 08/07 met betrekking tot genoteerde geassosieerde maatskappye wat nog nie hul hersaamgestelde wesensverdienste gepubliseer het voor Remgro sy tussenresultate vir die ses maande geëindig 30 September 2007 vrygestel het nie. Die resultate van daardie maatskappye, wat in Remgro se tussenverslag vir die ses maande geëindig 30 September 2007 ingesluit was, was ooreenkomstig Sirkulêre 07/02 opgestel.
Die maatskappye hierbo genoem het sedertdien hul hersaamgestelde resultate ooreenkomstig Sirkulêre 08/07 aangekondig en Remgro het gevolglik sy gerapporteerde resultate vir onderskeidelik die ses maande geëindig 30 September 2006 en 30 September 2007, sowel as vir die jaar geëindig 31 Maart 2007 hersaamgestel.
Hersamestelling van wesensverdienste as gevolg van bogenoemde aansuiwering:Jaar geëindig | Ses maande geëindig | ||
31 Maart | 30 September | ||
2007 | 2007 | 2006 | |
R miljoen | R miljoen | R miljoen | |
Inkomstestaat | |||
Wesensverdienste soos voorheen gerapporteer | 6 853 | 4 016 | 3 232 |
Hersamestelling van vergelykende syfers met betrekking | |||
tot geassosieerde maatskappye | 39 | 15 | -13 |
Hersaamgestelde wesensverdienste | 6 892 | 4 031 | 3 219 |
Wesensverdienste per aandeel soos voorheen gerapporteer (sent) | 1 445.4 | 851 | 678.1 |
Hersaamgestelde wesensverdienste per aandeel (sent) | 1 453.6 | 854.2 | 675.3 |
Aandag word daarop gevestig dat die resultate vir die ses maande geëindig 30 September 2007 en 2006 ongeouditeer is.
Vir die jaar onder oorsig was Business Partners gevolglik volgens die ekwiteitsmetode verantwoord, terwyl slegs dividendinkomste voorheen verantwoord was. Sekere inkomstestaatitems is dus nie direk vergelykbaar met dié van die vorige jaar nie.
2008 | 2007 | |||
R per | R per | |||
R miljoen | aandeel | R miljoen | aandeel | |
Ekwiteit aangewend | ||||
Toeskryfbaar aan ekwiteithouers | 57 227 | 121.11 | 45 672 | 96.69 |
Aanwending van ekwiteit | ||||
Tabakbelange | 21 891 | 46.33 | 20 124 | 42.6 |
Finansiële dienste | 10 559 | 22.34 | 8 593 | 18.19 |
Nywerheidsbelange | 15 182 | 32.14 | 9 546 | 20.21 |
Mynbelange | 7 619 | 16.12 | 5 677 | 12.02 |
Korporatiewe finansies en ander belange | 1 976 | 4.18 | 1 732 | 3.67 |
57 227 | 121.11 | 45 672 | 96.69 |
2008 | 2007 | |||
R miljoen | % | R miljoen | % | |
Bron van wesensverdienste | ||||
Tabakbelange | 3 579 | 45 | 2 964 | 43 |
Finansiële dienste | 2 120 | 26 | 1 568 | 23 |
Nywerheidsbelange | 1 895 | 24 | 1 924 | 28 |
Mynbelange | 264 | 3 | 155 | 2 |
Korporatiewe finansies en ander belange | 133 | 2 | 281 | 4 |
7 991 | 100 | 6 892 | 100 |
2008 | 2007 | |
R miljoen | R miljoen | |
Samestelling van wesensverdienste | ||
Filiaalmaatskappye | 910 | 888 |
Winste | 933 | 900 |
Verliese | (23) | (12) |
Geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings | 7 081 | 6 004 |
Winste | 7 148 | 6 004 |
Verliese | (67) | – |
![]() |
||
7 991 | 6 892 |
2008 | 2007 | |
R miljoen | R miljoen | |
Die maatskappy se eie verdeelbare reserwes aan die begin van die jaar bedra 2 | 2 353 | 2 779 |
Netto wins vir die jaar | 2 135 | 3 356 |
Dividend Nr 14 van 281.00c per aandeel betaal in Augustus 2007 (Augustus 2006: 228.00c) | (1 361) | (1 104) |
Spesiale dividend van 400.00c per aandeel betaal in Augustus 2006 | – | (1 937) |
Dividend Nr 15 van 180.00c per aandeel betaal in Januarie 2008 (Januarie 2007: 153.00c) | (872) | (741) |
Die maatskappy se eie verdeelbare reserwes wat oorgedra word na die volgende jaar bedra | 2 255 | 2 353 |
Aantal | |||
aandele | |||
Aanbod- | Aantal | aanvaar tot | |
prys | aandele | 31 Maart | |
Datum | (Rand) | aangebied | 2008 |
20/06/2007 | 186.7 | 133 461 | 130 631 |
02/07/2007 | 187.5 | 278 | 278 |
01/08/2007 | 179.75 | 330 | 330 |
02/08/2007 | 176.85 | 13 856 | 13 856 |
14/08/2007 | 177 | 467 | 467 |
148 392 | 145 562 |
Die huidige stand van die Remgro Aandeleskema is soos volg:
Gemiddelde | ||
aanbodprys | Aantal | |
(Rand) | aandele | |
Gewone aandele verskuldig aan deelnemers | ||
Vorige finansiële jaar | 72.65 | 3 396 994 |
Aangebied en aanvaar in huidige finansiële jaar | 185.69 | 145 562 |
Aandele betaal en gelewer | 56.5 | (126 383) |
Diensverlatings en ander | 117.7 | (4 250) |
Totaal tot 31 Maart 2008 | 78.01 | 3 411 923 |
Verwys na aantekening 24 by die finansiële jaarstate vir volledige besonderhede met betrekking tot die Remgro Aandeleskema.
’n Ontleding van die aandeelhouers verskyn hier.
Mnr D M Falck het op 18 Junie 2008 as finansiële direkteur afgetree. Mnr L Crouse is op 18 Junie 2008 as finansiële direkteur aangestel.
Kragtens die bepalings van die statute tree mnre L Crouse, G D de Jager, J W Dreyer, F Robertson, T van Wyk, dr E de la H Hertzog en mev J A Preller volgens rooster as direkteure af. Hierdie direkteure is en stel hulself herkiesbaar.
Mnr J P Rupert is ’n direkteur van Rembrandt Trust wat die houer is van al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele.
’n Ontleding van die belange van direkteure in die uitgereikte kapitaal van die maatskappy verskyn hier.
Spesiale besluite om hierdie algemene magtiging aan die raad te verleen is ingesluit in die kennisgewing vir die algemene jaarvergadering wat hier verskyn.
Alle omsigtigheids- en ander aankondigings wat verband hou met die voorgenome herstrukturering is beskikbaar op Remgro se webwerf by www.remgro.com.
Aandeelhouers mag nie in die periode van Maandag, 11 Augustus 2008, tot Vrydag, 15 Augustus 2008, beide datums ingesluit, hulle aandeelsertifikate dematerialiseer of rematerialiseer nie.
Die finansiële jaarstate is deur die raad goedgekeur.
Geteken namens die raad van direkteure.
![]() |
![]() |
Johann Rupert | Thys Visser |
Voorsitter | Hoofuitvoerende beampte |
Stellenbosch | |
18 Junie 2008 |