|
 |
effektiewe belang: 50.0% |
• |
Ongenoteer |
• |
Hoofuitvoerende beampte: M Hellyar |
• |
Air Products SA produseer suurstof, stikstof, argon, waterstof en koolstofdioksied vir verkoop in gasvorm deur middel van pypleidings ingevolge langtermynkontrakte aan groot industriële gebruikers asook die verkoop en verspreiding van industriële gasse en chemikalieë, saam met die toepaslike toerusting, aan die algemene handelsmark. |
• |
Die ander 50% van die gewone aandele word gehou deur Air Products and Chemicals Incorporated, ’n VSA-maatskappy. |
• |
Webwerf: |
 |
effektiewe belang: 45.9% |
• |
Genoteer op die JSE Beperk. |
• |
Hoofuitvoerende beampte: L J Alberts |
• |
Medi-Clinic se besigheid behels die voorsiening van omvattende, hoëgehalte hospitaaldienste op ’n kostedoeltreffende grondslag in Suidelike Afrika, die Verenigde Arabiese Emirate en Switserland. |
• |
Markkapitalisasie op 31 Maart 2008:
R11 682 miljoen |
• |
Webwerf: |
 |
effektiewe belang: 41.4% |
• |
Genoteer op die JSE Beperk. |
• |
Hoofuitvoerende beampte: R F Röhrs |
• |
Dorbyl is ’n industriële groep in die outomobiel ingenieursbedryf. Die maatskappy spesialiseer in die vervaardiging en montering van ’n wye reeks motorkomponente. |
• |
Markkapitalisasie op 31 Maart 2008:
R273 miljoen |
• |
Webwerf: |
|
|
 |
effektiewe belang: 29.4% |
• |
Genoteer op die JSE Beperk. |
• |
Hoofuitvoerende beampte: J J Scannell |
• |
Distell produseer en bemark gehaltewyne, spiritualieë en gegeurde alkoholiese drank in Suid-Afrika met ’n toenemend internasionale profiel. |
• |
Belang word verteenwoordig deur ’n 50%-belang in Remgro-KWV Beleggings Beperk wat op 31 Maart 2008 ’n belang van 59% in Distell gehou het. |
• |
Markkapitalisasie op 31 Maart 2008:
R10 234 miljoen |
• |
Webwerf: |
 |
effektiewe belang: 41.8% |
• |
Ongenoteer |
• |
Hoofuitvoerende beampte: J J Njeke |
• |
Kagiso Trust Investments (“Kagiso”) is ’n gevestigde swart ekonomies beheerde maatskappy met ’n fokus op beleggingsbankdienste, media- en strategiese beleggings. Kagiso beskik oor ’n beleggingsportefeulje en -strategie wat aanvullend is tot dié van Remgro. |
• |
Webwerf: |
 |
effektiewe belang: 24.9% |
• |
Ongenoteer |
• |
Hoofuitvoerende beampte: J Royére |
• |
Filiaal van Total (Frankryk). Die besigheid van Total South Africa is die raffinering en bemarking van petroleum en petroleumprodukte in Suid-Afrika. Versprei ook aan die aangrensende NBLSlande en het ’n 36%-belang in National Petroleum Refiners of S.A. (Edms) Beperk (Natref ). |
• |
Webwerf: |
|
|
 |
effektiewe belang: 13.3% |
• |
Genoteer op die JSE Beperk. |
• |
Hoofuitvoerende beampte: G E Bortolan |
• |
Nampak is die grootste en mees gediversifiseerde verpakkingsvervaardiger in Afrika met bedrywighede in die Verenigde Koninkryk en Europa. Dit produseer verpakkingsprodukte van metaal, papier, plastiek en glas en is die grootste vervaardiger en verspreider van “tissue”- produkte. |
• |
Markkapitalisasie op 31 Maart 2008:
R10 785 miljoen |
• |
Webwerf: |
 |
effektiewe belang: 25.8% |
• |
Ongenoteer |
• |
Hoofuitvoerende beampte:
Mev G A Klintworth |
• |
Die Unilever-onderneming vervaardig en bemark ’n wye reeks voedsel- en huishoudelike en persoonlike produkte. Unilever geniet markleierskap in die meeste van sy hoofkategorieë. Bekende handelsmerke sluit die volgende in: Robertsons, Rama, Flora, Lipton, Joko, Mrs Ball’s, Sunlight, Omo, Surf, Vaseline en
Lux. |
• |
Webwerf: |
|
 |
effektiewe belang: 28.5% |
• |
Ongenoteer |
• |
Hoofuitvoerende beampte: S Jennings |
• |
PGSI hou ’n belang van 100% in PG Groep. |
• |
Die PG Groep is Suid-Afrika se leier in die geïntegreerde glasbedryf wat hoë kwaliteit motor- en konstruksieglasprodukte vervaardig, versprei en installeer. |
• |
Webwerf: |
|