Die meeste van die maatskappy se kernbedrywighede word as van ’n lae impak beskou sover dit die uitwerking daarvan op die omgewing betref.
Die maatskappy meet sy huidige omgewingspraktyke aan die norme wat deur die “Global Reporting Initiative™”(GRI)-raamwerk gestel word. Dit sluit die volgende in:
Waar nodig geag, word gebruik en impak gekwantifiseer en aan beste praktyke gemeet. Indien toepaslik, word die nakoming van veiligheids-, gesondheids- en omgewingstelsels teen formele standaarde, soos ISO , gemeet en aan onafhanklike oorsig onderwerp. Remgro neem tans aan die openbaarmakingsprojek vir koolstofuitlating (CDP 6) deel.
Tsb Sugar het prestasiedoelwitte gestel om sy omgewingsimpak te beperk, soos byvoorbeeld bagasse, ’n neweproduk van die suikerproduksieproses, wat gebruik word om elektrisiteit op te wek. Ongeveer 60% van Tsb Sugar se elektrisiteitsbehoeftes word opgewek deur middel van bagasse. Surplus elektrisiteit word teruggeplaas in die Eskom nasionale netwerk.