Algemene verslag – finansiŽle oorsig

 

INLEIDING

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het ’n groeikoers van 5.1% in reële BBP in 2007 behaal, wat in ooreenstemming is met die gemiddelde groeitempo wat sedert 2004 ondervind is. ’n Besondere bemoedigende ontwikkeling in 2007 was die sterk momentum van vaste investering in die ekonomie, beide in die private en publieke sektor. Buite die residensiële sektor het private vaste investering met nie minder nie as 16% in die laaste kwartaal van 2007 toegeneem.

Aan die ander kant van die skaal was dit duidelik dat huishoudelike begrotings teen die einde van die jaar onder druk gekom het weens die gesamentlike uitwerking van hoër inflasie en rentekoerse as wat in 2006 gegeld het. Die verbruikersopbloei in die tydperk 2004-07, toe reële huishoudelike verbruiksbesteding jaarliks gemiddeld met 7-8% gegroei het, het waarskynlik tot ’n einde gekom. Hierdie sektor het ’n tydperk van sikliese aanpassing binnegegaan.

Die sikliese verlangsaming in die ekonomie word weerspieël deur die laer sake- en verbruikersvertrouensvlakke. Vertroue het veral ’n terugslag in die eerste kwartaal van 2008 ondervind, nie alleen as gevolg van die sterker verlangsaming in die ekonomie nie, maar weens drie eksterne faktore. Eerstens het die wêreldwye ekonomiese inkrimping wat deur die VSA se subprima finansiële krisis veroorsaak is, oorgespoel in drastiese hoër kommoditeitspryse (voedsel, olie en nywerheidsgrondstowwe). Tweedens word ’n elektrisiteitsverskaffingskrisis plaaslik beleef, wat teen die einde van Januarie volle intensiteit bereik het toe Suid-Afrikaanse myne vir vyf dae moes sluit om die netwerk te stabiliseer. Die ekonomiese lewe in die land is tans besig om by geskeduleerde beurtkrag en kragrantsoenering aan te pas en huishoudings, nywerhede en die handel staar skerp stygings in elektrisiteitspryse in die gesig. Derdens is daar die politieke onsekerheid wat gevolg het op die ANC se nasionale konferensie in Polokwane, waar die ANC-leierskap radikale veranderinge ondergaan het.

Die sake-omgewing het dus met aansienlik groter uitdagings te doen. Terwyl die VSA vermoedelik ’n resessie binnegaan, lyk dit of die wêreldekonomie ’n resessie kan vryspring, hoofsaaklik as gevolg van die ekonomiese veerkragtigheid in Europa en in ’n mindere mate in Japan, asook die volgehoue groei in opkomende ekonomieë, met China op die voorpunt. Plaaslik het inflasie vroeg in 2008 dubbelsyfers bereik ondanks die feit dat rentekoerse met 450 basispunte tussen Junie 2006 en April 2008 gestyg het. Dit weerspieël die impak van die verskaffingskok op inflasie, wat deur verhoogde voedsel- en energiepryse aangedryf is. Dit is ’n wêreldverskynsel en ’n belangrike uitdaging vir sentrale banke. Dis moontlik dat plaaslike rentekoerse verder kan styg namate die aanslae op inflasie in inflasieverwagtinge omskep word, wat ’n groot bedreiging vir inflasievooruitsigte en langtermyn ekonomiese groei inhou.

As gevolg van die traer plaaslike groeimomentum en groter onsekerhede, tesame met toenemende risikovermyding deur internasionale beleggers weens wêreldwye finansiële onstabiliteit, het die rand ook onder druk gekom. Die tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans het verlede jaar tot 7.3% van BBP vergroot. Terwyl die depresiasie van die rand tot inflasiedruk bygedra het, dra dit by tot ’n herstel in uitvoere en ’n afplatting in invoere. ’n Beter balans tussen uitvoer- en invoergroei, wat reeds in 2007 sigbaar was, saam met sterk vaste investering in openbaresektor-infrastruktuur, kan belangrike stutte vir gemiddelde reële BBP-groei wees in ’n tyd dat die plaaslike mark onder aansienlike druk verkeer.

Gegewe hierdie agtergrond, sal ’n afname in die gemiddelde reële BBP-groeikoers tot 3-3½% oor die kort termyn (2008/09) nie katastrofies wees nie, maar moet dit eerder gesien word as ’n geleentheid om ’n nuwe ewewig te vind, oormatige skuldvlakke te verminder, produktiwiteit te verhoog en aandag te skenk aan die infrastruktuurknelpunte in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

WESENSVERDIENSTE

Totale wesensverdienste vir die jaar tot 31 Maart 2008 het met 15.9% vanaf R6 892 miljoen tot R7 991 miljoen toegeneem. Wesensverdienste per aandeel het egter met 16.5% vanaf 1 453.6 sent tot 1 692.8 sent toegeneem vanweë die gunstige uitwerking van die aandeleterugkoopprogram in die vorige jaar. Gedurende die jaar onder oorsig het Rainbow Chicken Beperk ’n swart ekonomiese bemagtigings (SEB)-transaksie aangegaan. Die rekeningkundige verantwoording van dié transaksie het ’n nie-herhalende koste van R37 miljoen (Remgro se deel), of 7.9 sent per aandeel, op wesensverdienste vir die jaar onder oorsig gehad. Weens dié rede word wesensverdienste per aandeel, en die jaar-op-jaarvergelyking, ook aangebied met uitsluiting van die nie-herhalende gedeelte van SEB-koste.

Uitgesluit Remgro se deel van die nie-herhalende gedeelte van SEB-koste, het wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel met onderskeidelik 16.5% en 17.0% toegeneem.

BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE
  Jaar geŽindig 31 Maart
                      Nie-herhalende                     Nie-herhalende  
                      gedeelte van                     gedeelte van  
                      SEB-koste                     SEB-koste  
                      ingesluit                     uitgesluit  
  2008 2008 2007
  R miljoen verandering  R miljoen verandering  R miljoen
Tabakbelange 3 579 20.7  3 579 20.7  2 964
Finansiële dienste 2 120 35.2  2 120 35.2  1 568
Nywerheidsbelange 1 895 (1.5) 1 932 0.4  1 924
Mynbelange 264 70.3  264 70.3  155
Korporatiewe finansies en ander belange 133 (52.7) 133 (52.7) 281
  7 991 15.9  8 028 16.5  6 892

In 2007 is wesensverdienste gunstig beïnvloed deur buitelandse valutawinste ten bedrae van R65 miljoen ten opsigte van intergroepsaldo’s, sowel as die rekeningkundige verantwoording van ’n pensioenfondssurplus ten bedrae van R70 miljoen na die afhandeling van ’n surplusverdelingsproses. Uitgesluit hierdie items, sowel as Remgro se deel van die nie-herhalende gedeelte van SE B-koste wat gedurende die jaar onder oorsig verantwoord is, het Remgro se wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel met onderskeidelik 18.8% en 19.3% toegeneem.

Die kommentaar wat hierop volg, wat die resultate met dié van die vorige jaar vergelyk, is gebaseer op wesensverdienste, uitgesluit die nie-herhalende gedeelte van SEB-koste.

Die bydrae van die tabakbelange, wat 44.6% (2007: 43.0%) van wesensverdienste verteenwoordig, het met 20.7% toegeneem. In sterling, het R&R Holdings SA, Luxembourg (R&R) se bydrae met 12.6% toegeneem.

Wisselkoersbewegings het steeds ’n wesentlike invloed op die tabakbelange se bydrae tot die groep se verdienste gehad. Weens die swakker rand was die gunstige wisselkoersuitwerking met die omskakeling van R&R se bydrae tot wesensverdienste (wat hoofsaaklik uit geëkwiteerde inkomste vanaf BAT bestaan) R250 miljoen gedurende die jaar onder oorsig, vergeleke met R420 miljoen in 2007, soos in die tabel hieronder uiteengesit.

             Jaar geëindig
             31 March
  2008 2007
Gemiddelde wisselkoers (R/£) 14.2882 13.2898
Sluitingswisselkoers (R/£) 16.0290 14.3449
R&R se bydrae (£’m) 251 223
R&R se bydrae (R’m) 3 579 2 964
Gunstige wisselkoersuitwerking (R’m) 250 420

FirstRand en RMBH se gesamentlike bydrae tot Remgro se wesensverdienste uit finansiële dienste het R2 120 miljoen (2007: R1 568 miljoen) bedra. Die toename van 35.2% kan hoofsaaklik toegeskryf word aan goeie vertonings in die kleinhandels-, korporatiewe en beleggingsbank segmente gedurende die twaalf maande geeïndig 31 Desember 2007.

Die bydrae van die nywerheidsbelange tot wesensverdienste het met 0.4% tot R1 932 miljoen toegeneem (2007: R1 924 miljoen). Kagiso Trust Investments (KTI) het laer resultate gerapporteer, met ’n bydrae tot wesensverdienste van R88 miljoen (2007: R307 miljoen). Gedurende die vorige finansiële jaar is KTI se resultate gunstig beïnvloed deur ’n billike waarde aanpassing wat verband hou met sy aandeelhouding in Metropolitan Holdings Beperk voorkeuraandele, ten bedrae van R390 miljoen, sowel as sekere nie-herhalende winste. Gedurende die jaar onder oorsig het KTI se billike waarde aanpassing waarna hierbo verwys word slegs R38 miljoen bedra. Rainbow se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het vanaf R293 miljoen in 2007 tot R414 miljoen toegeneem. Dié toename kan toegeskryf word aan verdienstegroei deur Rainbow, sowel as Remgro se verhoogde aandeelhouding in Rainbow as gevolg van die aanbod aan Rainbow minderhede wat gedurende Junie 2007 afgehandel is. Distell het goeie resultate gerapporteer met ’n bydrae tot wesensverdienste ten bedrae van R261 miljoen (2007: R210 miljoen), terwyl Nampak verbeterde resultate gerapporteer het met ’n bydrae tot wesensverdienste ten bedrae van R163 miljoen (2007: R125 miljoen). Medi-Clinic se bydrae tot Remgro se wesensverdienste was R285 miljoen (2007: R278 miljoen) terwyl die Plate Glass groep R22 miljoen tot wesensverdienste bygedra het vir die vyf maande sedert verkryging.

Mynbelange se bydrae tot wesensverdienste het met 70.3% tot R264 miljoen (2007: R155 miljoen) toegeneem. Dividende wat van Implats ontvang is, het R267 miljoen (2007: R147 miljoen) bedra. Trans Hex het ’n wesensverlies van R8 miljoen vir die jaar onder oorsig gerapporteer (2007: R23 miljoen wins). Remgro se deel van hierdie verlies bedra R3 miljoen (2007: R8 miljoen wins).

VERDIENSTE

Totale verdienste het met 42.5% tot R9 893 miljoen (2007: R6 942 miljoen) toegeneem, hoofsaaklik as gevolg van ’n kapitaalsurplus ten bedrae van R1 167 miljoen gerealiseer met die herstrukturering van Remgro se belang in Unilever, sowel as die verdienstegroei van die onderliggende beleggings.

 

KONTANTVERDIENSTE

Die toeskryfbare kontantverdienste (wat die groep se belang in die netto inkomste deur geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings behou, uitsluit), voor waardedalings en nie-herhalende en kapitale items, het met 29.6% toegeneem van R3 660 miljoen tot R4 743 miljoen, hoofsaaklik as gevolg van ’n toename in dividende wat van geassosieerde maatskappye ontvang is. Laasgenoemde het R3 380 miljoen bedra, vergeleke met R2 580 miljoen in 2007. Hierdie toename was hoofsaaklik as gevolg van hoër dividende vanaf R&R.

 

TERUGKOOP VAN REMGRO-AANDELE

Op 31 Maart 2008 word 8 554 019 Remgro gewone aandele (1.9%) as tesourie-aandele gehou (31 Maart 2007: 8 554 019 aandele). Geen aandele is in die jaar onder oorsig deur die maatskappy of enige volfiliaalmaatskappy teruggekoop nie.

Die Remgro Aandeletrust het gedurende die jaar onder oorsig 150 566 (2007: 563 000) Remgro gewone aandele teen ’n gemiddelde prys van R189.19 (2007: R132.68), vir ’n totale bedrag van R28.5 miljoen (2007: R74.7 miljoen) aangekoop, terwyl 126 383 (2007: 262 016) aandele aan deelnemers gelewer is teen betaling van die koopprys.

DIVIDENDE

Gewone dividende van 510.00 sent per aandeel is vir die jaar verklaar, vergeleke met 434.00 sent die vorige jaar. Dit verteenwoordig ’n toename van 17.5%. Die dividende is 3.3 keer deur wesensverdienste gedek en 2.0 keer deur kontantverdienste teenoor 3.4 keer en 1.8 keer onderskeidelik die vorige jaar.

 

INTRINSIEKE WAARDE

Die intrinsieke netto batewaarde van die groep sluit waardasies in van alle beleggings, insluitende filiaal-, geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings, teen óf geAanwysingerde markwaarde óf, soos in die geval van ongeAanwysingerde beleggings, teen direkteurswaardasie. Die netto bates van volfiliaal nie-beleggingsmaatskappye, wat hoofsaaklik uit monetêre items bestaan, word teen boekwaarde ingesluit.

Die volgende faktore word in ag geneem ten einde die direkteurswaardasie van ongeAanwysingerde beleggings te bepaal:

Die intrinsieke netto batewaarde het aan die einde van Maart 2008 R253.67 per aandeel bedra. ’n Skedule wat die ontleding van intrinsieke netto batewaarde per aandeel op 31 Maart 2008 en 2007 uiteensit, is aan die einde van die beleggingsoorsig ingesluit.

Die kontant by die kern verskil van die kontant in die balansstaat. Eersgenoemde is soos volg saamgestel:

2008  2007 
  R miljoen  R miljoen 
Per balansstaat 3 934  5 004 
Min: Kontant van ander bedryfsfiliale (661) (647)
Kontant by die kern 3 273  4 357 
space
– Plaaslik 619  1 220 
– Buiteland 2 654  3 137 
space space space

Kontant by geassosieerde maatskappye is nie hierby ingesluit nie. Ter inligting, R&R se kontant en kontantekwivalente toeskryfbaar aan Remgro op 31 Maart 2008 bedra £152 miljoen of R2 433 miljoen (2007: £150 miljoen of R2 151 miljoen).

Die onderstaande tabelle gee ’n vergelyking van die relatiewe vertoning van Remgro se intrinsieke netto batewaarde per aandeel teenoor sekere gekose JSE-indekse. Dividende wat op Remgro-aandele betaal is, is nie in aanmerking geneem nie.

  2008 2007 2006 2005 2004 2003
Intrinsieke netto batewaarde –            
   Rand per aandeel 253.67 221 157.59 119.97 100.36 77.23
JSE – Alle aandele-indeks 29 588 27 267 20 352 13 299 10 693 7 680
– Fin & Ind 30-indeks 23 868 24 960 19 491 13 477 9 953 6 682
– Finansiële 15-indeks 7 424 9 345 7 616 5 258 3 782 2 744
– Hulpbronne 20-indeks 64 543 50 018 34 923 21 585 19 961 15 763
Remgro-aandeelprys (Rand) 195.93 181 135 93.8 72 51.45
     
    5 jaar tot 
  1 jaar tot  31 Maart 2008 
  31 Maart 2008  (% saamgestel 
Relatiewe vertoning (% jaar op jaar) per jaar)
Intrinsieke netto batewaarde 14.8  26.8 
JSE – Alle aandele-indeks 8.5  30.9 
  – Fin & Ind 30-indeks (4.4) 29.0 
  – Finansiële 15-indeks (20.5) 22.0 
  – Hulpbronne 20-indeks 29.0  32.5 
Remgro-aandeelprys 8.2  30.6 

Die onderstaande tabel gee ’n vergelyking van Remgro se interne opbrengskoers (IOK) teenoor sekere gekose JSE-indekse. Vir hierdie doel word daar aanvaar dat dividende óf in Remgro-aandele óf in die betrokke indeks herbelê word, na gelang van die geval.

  IOK 
  Vanaf 26 September 2000 
  tot 31 Maart 2008 
  (% saamgestel per jaar)
JSE – Alle aandele-indeks 22.54 
  – Fin & Ind 30-indeks 13.77 
  – Finansiële 15-indeks 13.51 
  – Hulpbronne 20-indeks 31.58 
Remgro-aandeelprys 29.50 

 

  Terug na bo