| Aanwysing 2 » |
| 1. | VERDIENSTE | ||||
| 2008 | 2007 | ||||
| Brutto | Netto | Brutto | Netto | ||
| R miljoen | R miljoen | R miljoen | R miljoen | ||
| WESENSVERDIENSTE REKONSILIASIE | |||||
| Nettoto wins vir die jaar toeskryfbaar aan ekwiteithouers | 9 893 | 6 942 | |||
| Plus/(minus): | |||||
| Negatiewe klandisiewaarde | – | – | (44) | (44) | |
| Netto waardedaling van beleggings, bates | |||||
| en klandisiewaarde | (15) | (8) | – | – | |
| Wins met die verkoop en herstrukturering van beleggings | (1 665) | (1 627) | (7) | (7) | |
| Netto (oorskot)/verlies met verkoop van eiendom, aanleg | |||||
| en toerusting | (114) | (138) | – | – | |
| Nie-wesensverdienste items ingesluit by geëkwiteerde | |||||
| verdienste van geassosieerde maatskappye en | (122) | (129) | 14 | 1 | |
| Wesensverdienste | 7 991 | 6 892 | |||
| Nie-herhalende gedeelte van SEB-koste teruggetel | 37 | – | |||
| Wesensverdienste Nie-herhalende gedeelte van SEB-koste uitgesluit | 8 028 | 6 892 | |||
| VERDIENSTE PER AANDEEL | Sent | Sent | |||
| Wesensverdienste per aandeel | |||||
| Basies | 1 692.8 | 1 453.6 | |||
| Verwater | 1 649.0 | 1 409.2 | |||
| Wesensverdienste per aandeel Nie-herhalende gedeelte van SEB-koste uitgesluit | |||||
| Basies | 1 700.7 | 1 453.6 | |||
| Verwater | 1 656.8 | 1 409.2 | |||
| Verdienste per aandeel | |||||
| Basies | 2 095.7 | 1 464.2 | |||
| Verwater | 2 048.9 | 1 418.5 | |||
Verdienste per aandeel Verwaterde verdienste per aandeel Omdat die skema-aandele as tesourie-aandele verantwoord moet word, sal die lewering daarvan aan deelnemers geag word n uitgifte van aandele te wees. Aangesien die markwaarde (billike waarde) van die aandele op die datum van lewering sal verskil van die aanbodwaarde, sal die aantal aandele wat daardie verskil verteenwoordig, geag word n uitgifte van gewone aandele sonder teenprestasie te wees. Hierdie toegerekende aandele bedra 1 908 925 (2007: 1 672 153) en is bygetel by die geweegde aantal uitgereikte aandele ten einde die verwateringseffek te bereken. Sommige filiaal- en geassosieerde maatskappye het soortgelyke bestuursaansporingskemas sowel as ander instrumente wat in die toekoms tot n verwatering van dié maatskappye se verdienste aanleiding kan gee. Ten einde Remgro se verwaterde verdienste per aandeel te bereken is R175 miljoen (2007: R187 miljoen) en R182 miljoen (2007: R193 miljoen) teen onderskeidelik wesensverdienste en verdienste verreken ten einde die potensiële verwateringseffek te verantwoord. |
|||||