| « Aanwysing 27 | Aanwysing 29 » |
| 28. | Ekwiteitsaansuiwering | ||
| 2008 | 2007 | ||
| R miljoen | R miljoen | ||
| Belang in netto toedeelbare wins van geassosieerde maatskappye en | |||
| gesamentlike ondernemings – per inkomstestaat | 7 210 | 6 003 | |
| Dividende ontvang van geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings | (3 297) | (2 748) | |
| Belang in netto wins deur geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings behou | 3 913 | 3 255 | |
| Wisselkoersverskille met omrekening tussen gemiddelde koerse en jaareindkoerse | 162 | 111 | |
| Ekwiteitsaansuiwering oorgeplaas na nie-verdeelbare reserwes | |||
| (Verwys state van veranderinge in ekwiteit) | 4 075 | 3 366 | |
| Gedeelte van die belang in netto wins deur geassosieerde maatskappye en gesamentlike | |||
| ondernemings behou, wat verantwoord is vanuit ongeouditeerde tussenverslae en bestuurstate | 1 039 | 1 102 | |
| Voorwaardelike aanspreeklikhede van geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings | |||
| Waarborge aan derde partye – Leweringswaarborge, borgstellings en kredietbriewe van verskeie | |||
| geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings | 142 | 393 | |
| Voorwaardelike belastingaanspreeklikhede | 98 | 103 |
Produkaanspreeklikhede – British American Tobacco Plc (BAT) het voorwaardelike aanspreeklikhede wat ontstaan wanneer BAT-groepmaatskappye in verskeie lande as die verweerders in hofsake gedaag word ten opsigte van regsaksie wat verband hou met produkaanspreeklikheid- en nie-produkaanspreeklikheid-regsgedinge, en voortspruitend uit buitelandse belasting, waarborge en ander aangeleenthede. Ten spyte van die kwaliteit van die verwere wat volgens BAT beskikbaar is, stel BAT dit in hul jaarverslag, waarin volledige besonderhede gevind kan word, dat daar ’n moontlikheid kan bestaan dat die uitslag van hierdie aangeleenthede ’n wesentlike uitwerking op sy resultate of kontantvloei van ’n spesifieke kwartaal of finansiële jaar mag hê. Dít mag ’n gevolglike uitwerking op Remgro se deel van BAT se resultate en toeskryfbare netto bates hê. Eise – Daar bestaan ’n aantal bestaande en potensiële regseise teen verskeie geassosieerde maatskappye waarvan die uitslag nie voorsien kan word nie, maar wat, beide individueel en gesamentlik, as nie-wesentlik beskou word. |