| « Aanwysing 30 | Aanwysing 32 » |
| 31. | FINANSIËLE INSTRUMENTE |
| 31.1 | Klasse finansiële instrumente en billike waarde | |
| Finansiële instrumente op die balansstaat sluit beleggings, lenings ontvangbaar, debiteure, kontant, krediteure, langtermynverpligtinge en afgeleide instrumente in. Besonderhede van die aard, omvang en terme van hierdie instrumente is uiteengesit in die aantekeninge by die betrokke items. Die rekeningkundige beleid vir finansiële instrumente is op die volgende lynitems in die balansstaat toegepas. |
| Bates teen | ||||||||
| billike | ||||||||
| Nie- | waarde | |||||||
| finansiële | Lenings en | deur wins | Beskikbaar | Billike | ||||
| bates | debiteure | en verlies | vir verkoop | Drawaarde | waarde | |||
| Finansiële bates | R miljoen | R miljoen | R miljoen | R miljoen | R miljoen | R miljoen | ||
| 2008 | ||||||||
| Beleggings – ander | 8 551 | 8 551 | 8 551 | |||||
| Lenings | 2 | 2 | 2 | |||||
| Debiteure en korttermynlenings | 124 | 1 261 | 1 385 | 1 385 | ||||
| Afgeleide instrumente | 19 | 19 | 19 | |||||
| Kontant en kontantekwivalente | 3 934 | 3 934 | 3 934 | |||||
| 124 | 5 197 | 19 | 8 551 | 13 891 | 13 891 | |||
| 2007 | ||||||||
| Beleggings – ander | 6 245 | 6 245 | 6 245 | |||||
| Lenings | 2 | 2 | 2 | |||||
| Debiteure en korttermynlenings | 95 | 1 119 | 1 214 | 1 214 | ||||
| Afgeleide instrumente | 16 | 16 | 16 | |||||
| Kontant en kontantekwivalente | 5 004 | 5 004 | 5 004 | |||||
| 95 | 6 125 | 16 | 6 245 | 12 481 | 12 481 |
| Laste teen | Laste teen | |||||
| geamor- | billike waarde | |||||
| tiseerde | deur wins | Billike | ||||
| koste | en verlies | Drawaarde | waarde | |||
| Finansiële laste | R miljoen | R miljoen | R miljoen | R miljoen | ||
| 2008 | ||||||
| Langtermynlenings | 189 | 189 | 189 | |||
| Handels- en ander krediteure | 1 826 | 1 826 | 1 826 | |||
| Korttermynlenings | 190 | 190 | 190 | |||
| Afgeleide instrumente | 3 | 3 | 3 | |||
| 2 205 | 3 | 2 208 | 2 208 | |||
| 2007 | ||||||
| Langtermynlenings | 161 | 161 | 161 | |||
| Handels- en ander krediteure | 1 440 | 1 440 | 1 440 | |||
| Korttermynlenings | 233 | 233 | 233 | |||
| Afgeleide instrumente | 27 | 27 | 27 | |||
| 1 834 | 27 | 1 861 | 1 861 |
Billike waarde Die volgende metodes en aannames word gebruik om die billike waarde van elke kategorie van finansiële instrumente te bepaal: Finansiële instrumente beskikbaar vir verkoop: Billike waarde is gebaseer op gekwoteerde markpryse of, in die geval van Kontant en kontantekwivalente, debiteure, krediteure en korttermynlenings: Weens die verwagte korttermyn vervaldatum van hierdie finansiële instrumente benader die drabedrag hul billike waarde. Lenings: Die billike waarde van langtermynlenings is gebaseer op verdiskonteerde kontantvloeie deur van die effektiewe rentekoersmetode gebruik te maak. Aangesien die rentekoerse van langtermynlenings almal markverwant is, benader hul drabedrag hul billike waarde. Afgeleide instrumente: Die billike waarde van afgeleide instrumente word bepaal met verwysing na die mark waarin daar met dié instrumente handel gedryf word. |
||
| 31.2 | Finansiële instrumente en risikobestuur | |
’n Verskeidenheid finansiële risiko’s beïnvloed die groep se resultate: markrisiko (insluitende prys-, rentekoers- en buitelandse valutarisiko), kredietrisiko en likiditeitsrisiko. Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye se risikobestuursprogramme, waarvan sleutelaspekte hieronder uiteengesit is, erken die onvoorspelbaarheid van finansiële markte en is daarop gemik om enige negatiewe uitwerking daarvan tot ’n minimum te beperk. Afgeleide instrumente word gebruik om teen sekere finansiële risikoblootstellings te verskans. Risikobestuur word uitgevoer deur die sentrale tesourie-afdeling ingevolge beleid wat deur die direksie goedgekeur is. ’n Tesourie-komitee identifiseer, evalueer en verskans finansiële risiko’s in ooreenstemming met die groep se risiko-aptyt, stel risikoperke vas en moniteer nakoming van beleid en prosedures. Die komitee word bygestaan deur die interne ouditafdeling wat gereeld en op ’n ad hoc-basis oorsig doen van risikobestuurkontroles en -prosedures. Dit is die verantwoordelikheid van die Remgro oudit-en-risikokomitee om oor hierdie funksies toesig te hou en die geskiktheid van die risikobestuurstrategieë te beoordeel. Tersaaklike finansiële risiko’s en risikobestuursprogramme, word soos volg opgesom: Markrisiko Buitelandse valutarisiko Die groep het geen beduidende blootstelling tot buitelandse valutarisiko nie. Beleggings in buitelandse bedrywighede se netto bates is blootgestel aan buitelandse valuta omskakelingsrisiko. Die vernaamste hiervan is die belegging in Remgro Investments Limited, Jersey, wat die belang in R&R besit. Op jaareinde het R&R se drawaarde £1 200 miljoen (2007: £1 188 miljoen) beloop en was kontant ten bedrae van £165 miljoen (2007: £219 miljoen) in die buiteland belê. Rentekoersrisiko Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye is ook blootgestel aan rentekoersrisiko as gevolg van sy langtermynverpligtinge. Die rentekoersprofiel van die verpligtinge word in aantekening 18 uiteengesit. Die groep se sensitiwiteit vir markrisiko |
| 2008 | 2007 | |||||||
| Inkomste- | Inkomste | |||||||
| staat | Ekwiteit | staat | Ekwiteit | |||||
| Verandering | R miljoen | R miljoen | Verandering | R miljoen | R miljoen | |||
| Rentekoerse | 2.00% | 51 | 1.00% | 33 | ||||
| Wisselkoerse: ZAR/VK pond | 5.00% | 1 | 5.00% | 43 | ||||
| Ekwiteitspryse | 10.00% | 731 | 10.00% | 534 | ||||
| Kommoditeitspryse | R50/ton | 9 | R50/ton | 22 | ||||
| 61 | 731 | 98 | 534 | |||||
Bogenoemde is bereken met verwysing na die drawaarde van finansiële instrumente op jaareinde en ’n moontlike verandering in die markrisikofaktor. Kredietrisiko Lenings ontvangbaar en debiteure Die terme wat aan handelsdebiteure toegestaan word, word bepaal deur die onderskeie bedryfsfiliale, d.i. Rainbow Chicken, Tsb Sugar en Wispeco, wat elkeen sy eie kredietbeleid daarstel. Die onderstaande tabel dui die ouderdomsanalise van agterstallige handelsdebiteure en die ooreenstemmende uitstaande bedrag van debiteure op jaareinde aan: |
||||||||
| Totale | ||||||
| Ouderdomsanalise | agterstallige | |||||
| van agterstallige handelsdebiteure | handels- | |||||
| 60 dae | 90 dae | 120 dae + | debiteure | |||
| Debiteure | R miljoen | R miljoen | R miljoen | R miljoen | ||
| 2008 | 76 | 8 | 10 | 94 | ||
| 2007 | 85 | 7 | 20 | 112 | ||
’n Voorsiening vir oninbare skulde van R44 miljoen (2007: R49 miljoen) is gemaak. Verwys aantekening 12. Die kredietkwaliteit van presterende handelsdebiteure waarteen geen waardedalings voorsien is nie, is soos volg: |
| 2008 | 2007 | |||||
| Nuwe klante (geskiedenis van minder as ses maande) | 125 | 57 | ||||
| Bestaande klante (geskiedenis van ses maande +) – geen nie-betalings in verlede nie | 839 | 667 | ||||
| Bestaande klante (geskiedenis van ses maande +) – met nie-betalings in die verlede | 82 | 34 | ||||
| 1 046 | 758 | |||||
Afgeleide instrumenttransaksies en kontantbeleggings Kontant en kontantekwivalente word slegs by goedgekeurde instellings gehou met ’n aanvaarbare kredietwaardigheid. Die tesourie-komitee stel limiete vir elke finansiële instelling vas. Verwys na die kontant en kontantekwivalente aantekening (aantekening 15) vir verdere inligting. Likiditeitsrisiko Die volgende skedule dui die terugbetalingstermyn van uitstaande skuld aan: |
| Nie-verdiskonteerde kontantvloei | |||||||
| Kontraktuele | 0 tot 12 | 5 jaar en | |||||
| Drawaarde | kontantvloei | maande | 1 tot 5 jaar | langer | |||
| Finansiële laste | R miljoen | R miljoen | R miljoen | R miljoen | R miljoen | ||
| 2008 | |||||||
| Langtermynlenings | 189 | 248 | – | 238 | 10 | ||
| Handels- en ander krediteure | 1 826 | 1 826 | 1 826 | – | – | ||
| Korttermynlenings | 190 | 211 | 211 | – | – | ||
| Afgeleide instrumente | 3 | 56 | 56 | – | – | ||
| 2 208 | 2 341 | 2 093 | 238 | 10 | |||
| 2007 | |||||||
| Langtermynlenings | 161 | 206 | – | 172 | 34 | ||
| Handels- en ander krediteure | 1 440 | 1 440 | 1 440 | – | – | ||
| Korttermynlenings | 233 | 252 | 252 | – | – | ||
| Afgeleide instrumente | 27 | 113 | 113 | – | – | ||
| 1 861 | 2 011 | 1 805 | 172 | 34 | |||