| « Aanwysing 31 | Aanwysing 33 » |
| 32. | kapitaalbestuur |
Die maatskappy bestuur sy aandeelhouersekwiteit, d.i. sy uitgereikte kapitaal (insluitende aandelepremie), reserwes en tesourieaandele, as kapitaal. Die groep se doelwit met kapitaalbestuur is om sy vermoë te beskerm om as lopende saak voort te gaan ten einde ’n opbrengs aan sy aandeelhouers in die vorm van dividende en kapitaalgroei te lewer. Ten einde die kapitaalstruktuur te onderhou of te verander mag die groep die bedrag van dividende betaal aan aandeelhouers aanpas, kapitaal aan sy aandeelhouers uitkeer, aandele uitreik of aandele vanaf aandeelhouers terugkoop. Vir die jaar onder oorsig is dividende ten bedrae van R2 471 miljoen (2007: R2 102 miljoen) verklaar en aandele ter waarde van R37 miljoen (2007: RNul) uitgereik. Die groep het ook sy eie aandele ter waarde van R28 miljoen (2007: R1 106 miljoen) teruggekoop. Verwys na die state van veranderinge in ekwiteit vir verdere inligting rakende die groep se kapitaal. |