Aantekeninge by die finansiële jaarstate
vir die jaar geëindig 31 maart 2010
| « Aantekening 31 | Aantekening 33 » |
32. |
FINANSIËLE INSTRUMENTE |
|
| 32.1 | Klasse finansiële instrumente en billike waarde | |
| Finansiële instrumente op die staat van finansiële stand sluit beleggings, belegging in geldmarkfondse, lenings ontvangbaar, debiteure, kontant, krediteure, korttermynlenings, langtermynlenings en afgeleide instrumente in. Besonderhede van die aard, omvang en terme van hierdie instrumente is uiteengesit in die aantekeninge by die betrokke items. | ||
| Die rekeningkundige beleid vir finansiële instrumente is op die volgende lynitems in die staat van finansiële stand toegepas. | ||
| Finansiële bates | Nie- finansiële bates R miljoen |
Lenings en debiteure R miljoen |
Bates teen billike waarde deur wins en verlies R miljoen |
Beskikbaar vir verkoop R miljoen |
Drawaarde R miljoen |
Billike waarde R miljoen |
||
2010 |
||||||||
| Beleggings – ander | 60 | 6 584 | 6 644 | 6 644 | ||||
| Lenings | 108 | 108 | 108 | |||||
| Lenings aan geassosieerde maatskappye | ||||||||
| en gesamentlike ondernemings | 541 | 541 | 541 | |||||
| Debiteure en korttermynlenings | 62 | 1 879 | 1 941 | 1 941 | ||||
| Afgeleide instrumente | 145 | 145 | 145 | |||||
| Belegging in geldmarkfondse | 1 812 | 1 812 | 1 812 | |||||
| Kontant en kontantekwivalente | 3 827 | 3 827 | 3 827 | |||||
| 62 | 6 355 | 2 017 | 6 584 | 15 018 | 15 018 | |||
| 2009 | ||||||||
| Beleggings – ander | 40 | 4 702 | 4 742 | 4 742 | ||||
| Lenings | 100 | 100 | 100 | |||||
| Lenings aan geassosieerde maatskappye | ||||||||
| en gesamentlike ondernemings | 43 | 43 | 43 | |||||
| Debiteure en korttermynlenings | 62 | 1 737 | 1 799 | 1 799 | ||||
| Afgeleide instrumente | 16 | 16 | 16 | |||||
| Belegging in geldmarkfondse | 1 578 | 1 578 | 1 578 | |||||
| Kontant en kontantekwivalente | 5 050 | 5 050 | 5 050 | |||||
| 62 | 6 930 | 1 634 | 4 702 | 13 328 | 13 328 | |||
| Finansiële laste | Laste teen geamortiseerde koste R miljoen |
Laste teen billike waarde deur wins en verlies R miljoen |
Drawaarde R miljoen |
Billike waarde R miljoen |
||||
2010 |
||||||||
| Langtermynlenings | 175 | 175 | 175 | |||||
| Handels- en ander krediteure | 2 292 | 2 292 | 2 292 | |||||
| Korttermynlenings | 146 | 146 | 146 | |||||
| Afgeleide instrumente | 3 | 3 | 3 | |||||
| 2 613 | 3 | 2 616 | 2 616 | |||||
| 2009 | ||||||||
| Langtermynlenings | 191 | 191 | 191 | |||||
| Handels- en ander krediteure | 1 999 | 1 999 | 1 999 | |||||
| Korttermynlenings | 117 | 117 | 117 | |||||
| Afgeleide instrumente | 18 | 18 | 18 | |||||
| 2 307 | 18 | 2 325 | 2 325 |
| Billike waarde | ||
| Op 31 Maart 2010 en 2009 benader die billike waarde van die finansiële instrumente hul drawaarde. Billike waarde beraming Die volgende metodes en aannames word gebruik om die billike waarde van elke klas van finansiële instrumente te bepaal:
Die volgende tabel toon, volgens hiërargievlak, die billike waardes van finansiële bates wat teen billike waarde gemeet word: |
| Vlak 1 R miljoen |
Vlak 2 R miljoen |
Vlak 3 R miljoen |
Totaal R miljoen |
|||
| 2010 | ||||||
| Beskikbaar vir verkoop | 6 310 | – | 274 | 6 584 | ||
| Bates teen billike waarde deur wins en verlies | 47 | – | 13 | 60 | ||
| Afgeleide instrumente | – | 12 | 133 | 145 | ||
| Belegging in geldmarkfondse | 1 812 | – | – | 1 812 | ||
| 8 169 | 12 | 420 | 8 601 | |||
| Rekonsiliasie van drawaarde van vlak 3-bates aan die begin en einde van die jaar |
Beskikbaar vir verkoop R miljoen |
Bates teen billike waarde deur wins en verlies R miljoen |
Afgeleide instrumente R miljoen |
Totaal R miljoen |
||
| 2010 | ||||||
| Saldo’s op 1 April | 91 | – | – | 91 | ||
| Besighede verkry | 201 | 9 | 55 | 265 | ||
| Toevoegings | 37 | 4 | – | 41 | ||
| Vervreemdings | (5) | – | – | (5) | ||
| Wisselkoersaanpassings | (3) | – | – | (3) | ||
| Waardedalings | (32) | – | – | (32) | ||
| Billike waarde aanpassings deur wins en verlies | – | – | 78 | 78 | ||
| Billike waarde aanpassings deur omvattende inkomste | (15) | – | – | (15) | ||
| Saldo’s op 31 Maart | 274 | 13 | 133 | 420 | ||
| Die volgende tabel toon, volgens hiërargievlak, die billike waarde van finansiële aanspreeklikheid: |
||||||
| Vlak 1 R miljoen |
Vlak 2 R miljoen |
Vlak 3 R miljoen |
Totaal R miljoen |
|||
| 2010 | ||||||
| Afgeleide instrumente | – | 3 | – | 3 |
| 32.2 | Finansiële instrumente en risikobestuur | |
| ’n Verskeidenheid finansiële risiko’s beïnvloed die groep se resultate: markrisiko (insluitende prys-, rentekoersen buitelandse valutarisiko), kredietrisiko en likiditeitsrisiko. Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye se risikobestuursprogramme, waarvan sleutelaspekte hieronder uiteengesit is, erken die onvoorspelbaarheid van finansiële markte en is daarop gemik om enige negatiewe uitwerking daarvan tot ’n minimum te beperk. Afgeleide instrumente word gebruik om teen sekere finansiële risikoblootstellings te verskans.
Risikobestuur word uitgevoer deur die sentrale tesourie-afdeling ingevolge beleid wat deur die direksie goedgekeur is. ’n Tesouriekomitee identifiseer, evalueer en verskans finansiële risiko’s in ooreenstemming met die groep se risikoaptyt, stel risikoperke vas en monitor nakoming van beleid en prosedures. Die komitee word bygestaan deur die interne ouditafdeling wat gereeld en op ’n ad hoc-basis oorsig doen van risikobestuurkontroles en -prosedures. Dit is die verantwoordelikheid van die Remgro oudit-en-risikokomitee om oor hierdie funksies toesig te hou en die geskiktheid van die risikobestuurstrategieë te beoordeel. Tersaaklike finansiële risiko’s en risikobestuursprogramme word soos volg opgesom: Markrisiko “Beleggings beskikbaar vir verkoop” bestaan hoofsaaklik uit die belegging in Impala Platinum Holdings Beperk. Die bestuursraad monitor die stand van al die beleggings op ’n deurlopende grondslag en maak dan aanbevelings aan die beleggingskomitee en die direksie in dié verband. Omskeppingsregte op voorkeuraandele is voorkeuraandele in geassosieerde maatskappye, waarvan die waardasie beïnvloed word deur die onderliggende waardasie van die geassosieerde maatskappy. Die onderliggende waardasies word gemonitor deur die direksie deur middel van verteenwoordiging op die geassosieerde maatskappye se direksies. Beleggings in geldmarkfondse bestaan hoofsaaklik uit rentedraende likiede beleggings met ’n lae risiko.Verwys na aantekening 16 vir verdere besonderhede. Sommige bedryfsfiliale het kommoditeitsopsie- en -termynkontrakte wat deur die pryse van die onderliggende kommoditeite beïnvloed word. Die direksie monitor dit deur middel van verteenwoordiging op die filiale se direksies. Buitelandse valutarisiko Die groep is ook blootgestel aan buitelandse valuta omskakelingsrisiko deur sy belegging in geldmarkfondse (aantekening 16) en buitelandse kontant (aantekening 17). Die direksie monitor die groep se blootstelling op geldmarkfondse en buitelandse kontant op ’n gereelde grondslag en die risiko is beperk deur te diversifiseer in verskillende buitelandse valuta. Rentekoersrisiko Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye is ook blootgestel aan rentekoersrisiko as gevolg van sy langtermynverpligtinge. Die rentekoersprofiel van die verpligtinge word in aantekening 20 uiteengesit. Die groep se sensitiwiteit vir markrisiko |
| Verandering | 2010 Inkomste- staat R miljoen |
Ekwiteit R miljoen |
Verandering | 2009 Inkomste- staat R miljoen |
Ekwiteit R miljoen |
|||
| Rentekoerse | 2.0% | 86 | – | 2.0% | 92 | – | ||
| Wisselkoerse | 5.0% | 1 | 231 | 5.0% | – | 183 | ||
| Ekwiteitspryse | 10.0% | 9 | 566 | 10.0% | – | 408 | ||
| 96 | 797 | 92 | 591 |
Bogenoemde is bereken met verwysing na die drawaarde van finansiële instrumente op jaareinde en ’n moontlike verandering in die markrisikofaktor.
Kredietrisiko
Die groep se blootstelling aan kredietrisiko is die billike waarde van lenings, lenings aan geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings, debiteure, korttermynlenings, afgeleide instrumente en kontant en kontantekwivalente soos hierbo aangedui, sowel as finansiële waarborgkontrakte.
Lenings aan geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings
Bestuur beoordeel deurlopend die kredietrisiko van lenings aan geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings deur middel van verteenwoordiging op die onderskeie direksies. Lenings aan geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings is binne die mandaatterme en geen waardedalings is gedoen op lenings gedurende die huidige finansiële jaar nie.
Finansiële waarborgkontrakte
Blootstelling aan kredietrisiko ten opsigte van items wat nie erken word in die staat van finansiële stand nie, hou verband met finansiële waarborgkontrakte. Verwys na aantekening 36 vir verdere besonderhede.
Lenings ontvangbaar en debiteure
Op jaareinde bestaan “Lenings ontvangbaar” uit verskeie nie-beduidende lenings. Daar is ook nie enige beduidende konsentrasie van kredietrisiko met betrekking tot debiteure nie as gevolg van die verspreiding daarvan oor ’n wye geografiese gebied. Beleid en prosedures is in plek om te verseker dat verkope slegs aan klante met ’n aanvaarbare kredietgeskiedenis geskied. Ander debiteure bestaan hoofsaaklik uit vooruitbetalings en dividende ontvangbaar.
Die terme wat aan handelsdebiteure toegestaan word, word bepaal deur die onderskeie kredietbeleide van elke bedryfsfiliaal, d.i. Rainbow Chicken, Tsb Sugar en Wispeco.
Die onderstaande tabel dui die ouderdomsanalise van agterstallige handelsdebiteure en die ooreenstemmende uitstaande bedrag van debiteure op jaareinde aan:
| Ouderdomsanalise van agterstallige handelsdebiteure | |||||||
| Debiteure | 30 dae R miljoen |
60 dae R miljoen |
90 dae R miljoen |
120 dae + R miljoen |
Totale agterstallige handels debiteure R miljoen |
||
| 2010 | 79 | 21 | – | 8 | 108 | ||
| 2009 | 159 | 17 | 2 | 19 | 197 | ||
’n Voorsiening vir oninbare skulde van R44 miljoen (2009: R45 miljoen) is gemaak. Verwys aantekening 13.
Die kredietkwaliteit van presterende handelsdebiteure waarteen geen waardedalings voorsien is nie, is soos volg:
| 2010 R miljoen |
2009 R miljoen |
|||
| Bestaande klante (geskiedenis van ses maande +) – geen nie-betalings in verlede nie | 1 234 | 778 | ||
| Bestaande klante (geskiedenis van ses maande +) – met nie-betalings in die verlede | 57 | 61 | ||
| Nuwe klante (geskiedenis van minder as ses maande) | 45 | 160 | ||
| 1 336 | 999 |
Afgeleide instrumenttransaksies en kontantbeleggings
Afgeleide instrumenttransaksies word beperk tot transaksies met finansiële instellings met goeie kredietgradering. Die tesouriekomitee keur hierdie instellings en bepaal ook die limiete vir kredietblootstelling aan ’n enkele entiteit.
Kontant en kontantekwivalente word slegs by goedgekeurde instellings gehou met ’n aanvaarbare kredietwaardigheid. Die tesouriekomitee stel limiete vir elke finansiële instelling vas. Verwys na die kontant en kontantekwivalente aantekening (aantekening 17) vir verdere inligting.
Likiditeitsrisiko
Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye beskik oor beduidende kontantsaldo’s en minimum langtermynskuld wat sy likiditeitsrisiko beperk. Nietemin word verseker dat voldoende kredietfasiliteite beskikbaar is om buigsaamheid te behou in die befondsing van transaksies.
Die volgende skedule dui die terugbetalingstermyne van uitstaande skuld aan:
| Nie-verdiskonteerde kontantvloei | |||||||
| Finansiële laste | Drawaarde R miljoen |
Kontraktuele kontantvloei R miljoen |
0 tot 12 maande R miljoen |
1 tot 5 jaar R miljoen |
5 jaar en langer R miljoen |
||
| 2010 | |||||||
| Langtermynlenings | 175 | 273 | – | 270 | 3 | ||
| Handels- en ander krediteure | 2 292 | 2 292 | 2 292 | – | – | ||
| Korttermynlenings | 146 | 146 | 146 | – | – | ||
| Afgeleide instrumente | 3 | 63 | 35 | 28 | – | ||
| Finansiële waarborgkontrakte (aantekening 36) | – | 644 | 644 | – | – | ||
| 2 616 | 3 418 | 3 117 | 298 | 3 | |||
| 2009 | |||||||
| Langtermynlenings | 191 | 255 | – | 250 | 5 | ||
| Handels- en ander krediteure | 1 999 | 1 999 | 1 999 | – | – | ||
| Korttermynlenings | 117 | 139 | 139 | – | – | ||
| Afgeleide instrumente | 18 | 159 | 117 | 28 | 14 | ||
| Finansiële waarborgkontrakte (aantekening 36) | – | 644 | 644 | – | – | ||
| 2 325 | 3 196 | 2 899 | 278 | 19 | |||
