Beleggingsfilosofie
REMGRO BELÊ IN ONDERNEMINGS WAT VOORTREFLIKE GROEI IN VERDIENSTE EN DIVIDENDE OOR DIE LANG TERMYN KAN VOORSIEN.
Dit behels die verkryging van betekenisvolle belange in maatskappye om beduidende invloed te kan uitoefen. Goeie bestuur en die vermoë om sterk kontantopbrengste en groei voort te bring, is belangrike beleggingsmaatstawwe. Remgro spits hom op die Suidelike Afrikaanse mark toe, maar internasionale geleenthede met vennote van naam sal oorweeg word. Remgro gaan strategiese verbintenisse op ’n vennootskapsgrondslag aan en beywer hom om, waar moontlik, waarde toe te voeg. Die doel is om uitmuntende opbrengste in die vorm van dividendvloei en kapitaalgroei vir aandeelhouers te verseker.
