Volhoubaarheidsverslag

 

Diensbillikheid

Remgro streef daarna om, in ooreenstemming met die Wet op Gelyke Indiensneming, aan alle werknemers die geleentheid te bied om hulle volle potensiaal te verwesenlik.

Remgro se bestuur en personeel is deurlopend betrokke by die bepaling van opleidings- en ontwikkelingsbehoeftes, asook by die implementering en monitering van ’n arbeidsplan. Aandag word veral gegee aan dié groepe wat om historiese redes ’n agterstand mag hê.

In ooreenstemming met die vereistes van die Wet op Gelyke Indiensneming dien RMS, namens Remgro, jaarliks ’n arbeidsplan by die Departement van Arbeid in.

Jaarverslag tuisblad   |   Laai PDFs af   |   Druk   |   Boekmerk   |   English