Korporatiewe bestuur
Remgro Beperk (“Remgro”) onderskryf die waardes van, en is ten volle verbind tot, die King II-verslag se Kode van Korporatiewe Praktyke en Gedrag (King III vanaf 1 Maart 2010). Die raad is ook ’n voorstander van goeie korporatiewe bestuur by al die ondernemings waarin die maatskappy belê en al die maatskappy se genoteerde filiale en geassosieerde maatskappye onderskryf die Kode van Korporatiewe Praktyke en Gedrag waar toepaslik.
Remgro is ’n beleggingshouermaatskappy. Verwysing na “die groep” beteken in hierdie konteks die maatskappy en sy volfiliale. Elke onderneming waarin die maatskappy belê, het sy eie bestuurstruktuur. Effektiewe korporatiewe bestuur vorm deel van die beoordelingskriteria van die groep se beleggingsplan wat verder gemonitor word deur middel van nie- uitvoerende direksie-verteenwoordiging in daardie direksies.
KING III
Die King-verslag oor Korporatiewe Bestuur vir Suid- Afrika (King III) het op 1 Maart 2010 in werking getree. Die noteringsvereistes van die JSE noodsaak alle JSE-genoteerde maatskappye om te voldoen aan die nuwe aanbevelings vervat in King III ten opsigte van finansiële jare wat op of na die effektiewe datum begin. Daar is besluit om King III, asook die beginsel van geïntegreerde verslaggewing, vir die Remgro Groep en sy filiale in die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2011 te implementeer, aangesien King III slegs vir een maand van die vorige finansiële jaar in werking was. Die direksie het, via sy bestuurstrukture, ‘n bestuurskomitee daargestel om die veranderinge tussen King II en King III te bepaal en toe sien dat die regte protokol gevolg word om te verseker dat nuwe bestuurstandaarde aangeneem en geïmplementeer word.Die implementeringsproses behels onder andere die volgende:
‘n Hersiening van die volgende handveste en mandate om riglyne van King III te verseker, of in die afwesigheid daarvan, redes te verskaf:- Direksiehandves, insluitende die kernverantwoor delikhede van die voorsitter, hoof- onafhanklike nie-uitvoerende direkteur en die hoofuitvoerende beampte
- Oudit-en-risikokomitee
- Vergoedings-en-nominasiekomitee
- Beleggingskomitee
- Bestuursraad
- Risiko & IT-bestuurskomitee
- Interne oudit
- Risikobestuursbeleid
- Inligtingstegnologiebeleid
- Wetlike nakomingsbeleid
- Etiese beleid
- Belanghebbende en kommunikasiebeleid
Die Geïntegreerde Verslag, indien verlang, sal onaf- hanklik deur eksterne konsultante hersien word om te verseker dat die volhoubaarheids- en sosiale verslag, sowel as die finansiële verslag, behoorlik geïntegreer is, sal op die beginsels van die “Global Reporting Initiative (GRI)” gegrond wees.
Rapporteringsvereistes ten opsigte van belang- hebbendes sal verseker dat Remgro voortgaan om sy verslaggewing aan die maatstawwe van die Johannesburgse Aandelebeurs se Maatskaplike Verant- woordelikheidsbeleggingsindeks (JSE-SRI) te meet, asook aan belangrike internasionale verantwoordelike beleggingsmaatstawwe.
JAAR ONDER OORSIG
Die “GRI Boundary Protocol“ is gebruik as riglyn vir die opstel van hierdie verslag soos hierbo genoem. Openbaarmaking is daarom beperk tot ondernemings waar die groep beheer uitoefen oor finansiële en bedryfsaangeleenthede, tensy daardie ondernemings self die relevante inligting in hul jaarverslae publiseer.Om sy verantwoordelikheid ten opsigte van risiko- bestuur na te kom, het die groep ’n deurlopende hersieningsprogram vir risikobestuur geïmplementeer en in stand gehou ten einde ’n samehangende benadering in die groep te verseker.
Hieronder volg die vernaamste aspekte van die groep se korporatiewe bestuur:
DIREKSIE-HANDVES
Die direksie het ’n formele handves aanvaar en geïmplementeer om:- die verantwoordelikhede, funksies en samestelling van die direksie te identifiseer, te omskryf en te boekstaaf, en
- as verwysing te dien vir nuwe direkteure.
Die handves word deur alle direkteure van Remgro onderskryf en is by die geregistreerde adres beskikbaar ter insae.
SAMESTELLING VAN DIREKSIE
Remgro het ’n ten volle funksionele direksie wat die groep lei en beheer. Op 31 Maart 2010 het die direksie uit sewe uitvoerende en twaalf nie-uitvoerende direkteure, waarvan agt onafhanklik is, bestaan.Die funksies van die voorsitter en die hoofuitvoerende beampte is geskei. Die voorsitter is ’n nie-uitvoerende direkteur, maar is nie onafhanklik nie.
’n Lys van direkteure verskyn hier.
ROL EN VERANTWOORDELIKHEID VAN DIREKSIE
Die direksie is uiteindelik verantwoordelik vir die strategiese rigting, risiko-aptyt, prestasie en sake van die maatskappy. In sy rigtinggewende funksie aan die groep verskaf die direksie leierskap, integriteit en oordeel, gegrond op billikheid, aanspreeklikheid, verantwoordelikheid en deursigtigheid, ten einde die volhoubare voorspoed van die groep te verseker.Na die goedkeuring van bedryfs- en beleggings- planne en strategieë, bemagtig die direksie die uitvoerende bestuur om dit te implementeer en tydige, akkurate en toepaslike terugvoering te gee oor die vordering wat gemaak word.
Die direksie bly aanspreeklik vir die algehele sukses van goedgekeurde strategieë, gegrond op waardes, doelwitte en die vereistes van belanghebbendes en vir die prosesse en beleide wat die effektiwiteit van risikobestuur en interne beheer verseker. Die direksie is die sentrale punt van die groep se korporatiewe bestuur en dit is sy verantwoordelikheid om toe te sien dat aan alle toepaslike wette, regulasies en kodes van beste sakepraktyke voldoen word.
Die direksie is verantwoordelik vir die monitering van die groep se bedryfs- en beleggingsprestasie, wat finansiële en nie-finansiële aspekte insluit. Hulle is ook verantwoordelik om toe te sien dat prosedures en praktyke in plek is om te verseker dat die groep se bates en reputasie beskerm word deur middel van akkurate en deursigtige rapportering.
Die direksie het die volgende subkomitees daargestel om hom te help om sy pligte en verantwoordelikhede na te kom:
- Die vergoedings-en-nominasiekomitee, bestaan uit vier nie-uitvoerende direkteure en adviseer die direksie oor die vergoedingsfilosofieë en diensterme van alle direkteure en senior bestuurslede en is verantwoordelik vir opvolgbeplanning. Die komitee is ook verantwoordelik vir die benoeming van direkteure vir aanstelling en neem jaarliks deel aan die evaluering van uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure. Direkteure het nie langtermynkontrakte of buitengewone voordele verbonde aan die beëindiging van hul diens nie. Die voorsitter van die direksie is voorsitter van hierdie komitee. Die hoofuitvoerende beampte woon vergaderings op uitnodiging by.
Die komitee het ’n formele mandaat en sy doeltreffendheid word daarvolgens deur die direksie beoordeel.
- Die oudit-en-risikokomitee, bestaande uit vier onafhanklike nie-uitvoerende direkteure, be- oordeel die geskiktheid en doeltreffendheid van die finansiële verslaggewingsproses; die stelsel van interne beheer; die bestuur van finansiële en bedryfsrisiko’s; versekeringsportefeuljes; rekeningkundige beleid; tussen- en finansiële jaarverslae; die interne en eksterne ouditprosesse; die maatskappy se proses waarvolgens nakoming van wette en regulasies gemonitor word; sy eie kode van sakeoptrede; prosedures wat ingestel word om die maatskappy se bates te beskerm en die bestuur van inligtingstegnologie. Die komitee evalueer ook die doeltreffendheid van die tesouriekomitee, help met die aanstelling van die eksterne ouditeur en keur die eksterne ouditeursfooie vir ouditdienste en nie-ouditdienste goed.
Ingevolge die vereistes van die Maatskappywet, soos gewysig deur die Korporatiewe Wysigingswet (Nr. 24 van 2006), is die komitee tevrede dat dit daaraan voldoen, dat hy sy funksies uitgevoer het en dat die maatskappy se eksterne ouditeure onafhanklik van die maatskappy is.
Die JSE Beperk (JSE) se noteringsvereistes is met ingang van 1 September 2008 gewysig ingevolge waarvan alle genoteerde maatskappye ’n finansiële direkteur moet hê, ’n vereiste waaraan die maatskappy nog altyd voldoen het. Die komitee het oorweging geskenk aan, en homself vergewis van, die toepaslikheid van die finansiële direkteur se kundigheid en ervaring.
’n Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur is voorsitter van die komitee. Die komitee het ’n formele mandaat en sy doeltreffendheid word daarvolgens deur die direksie beoordeel.
- Die bestuursraad, bestaande uit al sewe uit- voerende direkteure asook een lid van senior bestuur, vergader gereeld tussen direksie vergaderings om sake te hanteer wat deur die direksie gedelegeer is.
- Die beleggingskomitee, bestaande uit vier nie-uitvoerende direkteure en drie uitvoerende direkteure, vergader gereeld tussen direksie-vergaderings om sake te hanteer wat verband hou met goedkeuring van nuwe beleggings sowel as die verlenging en vervreemding van bestaande beleggings.
Die direksie is verantwoordelik vir die aanstelling en oriëntering van nuwe direkteure. Nie-uitvoerende direkteure word aangestel op grond van hul wyer kennis en ondervinding en van hulle word verwag om effektief aan besluitneming en die formulering van strategieë en beleid deel te neem.
Uitvoerende direkteure dra hul insig van die dag- tot-dag-bedrywighede by, wat die direksie in staat stel om doelwitte te identifiseer, rigting te gee en die lewensvatbaarheid te bepaal van strategieë wat voorgestel word. Hierdie direkteure is oor die algemeen verantwoordelik vir die implementering van alle bedryfsbesluite.
VERGADERINGS EN KWORUM
Die statute van die maatskappy vereis dat drie direkteure ’n kworum vorm vir direksievergaderings.Die direksie vergader minstens ses keer per jaar. Die oudit-en-risikokomitee kom minstens vier keer per jaar bymekaar, terwyl die vergoedings-en-nominasiekomitee minstens een keer per jaar vergader.
WESENTLIKHEID EN GOEDKEURINGSRAAMWERK
Sake van wesentlike of strategiese aard, wat ’n invloed op die reputasie en prestasie van die groep mag hê, word na die direksie verwys. Ander sake word, soos opgedra deur die direksie, op senior bestuursvlak aangespreek, soos toegelaat ingevolge ’n formele oordrag van gesag wat die grense bepaal van delegerings- en goedkeuringsmandate.Die notules van al die komiteevergaderings word aan direksielede gestuur. Sake wat die direksie se aandag moet geniet of ’n direksiebesluit vereis, word uitgelig en as agendapunte vir die volgende direksievergadering ingesluit.
VERGOEDINGSBEGINSELS
Die maatskappy se beleid, wat as riglyn dien vir die vergoeding van alle direkteure en senior bestuur, het die volgende ten doel:- Die behoud van die dienste van bestaande direkteure en senior bestuur
- Die werwing van potensiële direkteure en senior bestuurders
- Die verskaffing van vergoeding wat billik en regverdig is aan direkteure en senior bestuur
- Om te verseker dat geen diskriminasie plaasvind nie
- Die erkenning en aanmoediging van prestasie wat buitengewoon is en waarde toevoeg
- Om te verseker dat vergoedingstrukture in ooreenstemming is met die maatskappy se lang-termynbehoeftes
- Beskerming van die maatskappy se regte deur middel van dienskontrakvoorwaardes
In ooreenstemming met hierdie doelwitte evalueer die vergoedings-en-nominasiekomitee jaarliks die bydrae van elke direkteur en senior bestuurslid en word jaarlikse salarisaanpassings daarvolgens bepaal.
Vir hierdie doel word ook salarisopnames wat deur onafhanklike organisasies gemaak is, in ag geneem.
PLIGTE VAN DIREKTEURE
Die Maatskappywet lê direkteure sekere verpligtinge op en bepaal dat hulle die nodige omsigtigheid en vaardigheid moet aanwend in die uitvoering van hul pligte. Om te verseker dat dit gebeur, word bestepraktyk-beginsels, soos vervat in die King-verslae oor Korporatiewe Bestuur vir Suid-Afrika, toegepas.Die direksie is ook verantwoordelik vir die formulering van die maatskappy se kommunikasiebeleid en om seker te maak dat woordvoerders van die maatskappy dit nakom. Hierdie verantwoordelikheid sluit duidelike, deursigtige, gebalanseerde en waarheidsgetroue kommunikasie aan aandeelhouers en relevante belanghebbendes in.
Na evaluasie van hul prestasie ingevolge die onderskeie handveste is die direkteure van mening dat die raad en sy subkomitees alle verantwoordelikhede nagekom het.
KONFLIKTE
Meganismes is in plek om enige potensiële belangebotsing raak te sien, daarop te reageer en dit te bestuur. Direkteure onderteken minstens een keer per jaar ’n verklaring dat hulle nie bewus is van enige onverklaarde botsing van belange wat mag bestaan vanweë hulle belang in, of verbintenis met enige ander maatskappy nie. Daarbenewens verklaar die direkteure hul belange in kontrakte wat vir die groep se besigheid van belang is en neem hulle nie deel aan die stemproses oor die aangeleenthede nie.Alle inligting wat direkteure in die uitvoering van hulle pligte bekom en wat nie openbaar gemaak word nie, word as vertroulik beskou en direkteure mag nie sulke inligting gebruik, of skyn te gebruik, vir persoonlike gewin of tot voordeel van derde partye nie.
Van alle direkteure van die maatskappy word verwag om die Remgro Gedragskode en die voorskrifte van die JSE insake binne-inligting, transaksies en die openbaarmaking van transaksies na te kom.
Die werksaamhede van uitvoerende direkteure en senior bestuur wat in ‘n nie-uitvoerende hoedanigheid optree in die direksies van maatskappye waarin belê word, word bestuur aan die hand van ‘n formele beleid wat deur die direksie goedgekeur is.
MAATSKAPPYSEKRETARIS EN PROFESSIONELE ADVIES
Alle direkteure is geregtig daarop om onafhanklike professionele advies oor die sake van die groep te bekom op koste van die maatskappy.Alle direkteure het onbeperkte toegang tot die dienste van die maatskappysekretaris wat moet toesien dat behoorlike korporatiewe bestuurs beginsels nagekom word en is daarvoor aan die direksie verantwoordelik. Direksie-oriëntering of -opleiding word gedoen, soos nodig geag.
LOPENDE SAAK
Die direksie oorweeg minstens twee keer per jaar die lopendesaak-status van die groep aan die hand van die volgende:- Netto beskikbare fondse en die likiditeit daarvan
- Die groep se restante risikoprofiel
- Wêreldekonomiese gebeure
- Die volgende jaar se strategiese sakeplan, be- grotings en kontantvloeiberamings
- Die groep se huidige finansiële posisie
DIENSMAATSKAPPY
’n Filiaal van Remgro, naamlik Remgro Bestuurs- dienste Beperk (RMS), lewer bestuurs- en ondersteunende dienste aan Remgro en sy groepslede. RMS verhaal sy kostes gedeeltelik by wyse van fooie vanaf maatskappye aan wie dienste gelewer word. Die netto koste van RMS maak deel uit van die korporatiewe koste van Remgro.RISIKOBESTUUR EN INTERNE BEHEER
In die bepaling van strategiese doelwitte het die direksie seker gemaak dat al die risiko’s verstaan word wat geïdentifiseer is in die groep se beleggingsportefeulje met die oog daarop om waardeskepping en volhoubare groei te maksimali- seer. Hierdie risiko’s word voortdurend gemeet aan die risiko-aptyt en risikodraende vermoë soos deur die direksie bepaal.Die geïdentifiseerde risikokategorieë is in breë trekke soos volg:
- Prestasierisiko’s wat verband hou met risiko’s wat deur die direksie bestuur word sluit strategiese risiko, geleentheidsrisiko, reputasierisiko, likiditeitsrisiko, asook risiko’s ten opsigte van korporatiewe bestuur, sosiale verantwoordelikheid en die verhouding met belanghebbendes in.
- Beleggingsrisiko verwys na risiko’s wat verband hou met bestaande beleggings. Die direksie erken dat die verantwoordelikheid vir beleggingsrisikobestuur berus by die direksies van die onderskeie maatskappye waarin belê word. Die Remgro-direksie monitor dat hierdie gedelegeerde verantwoordelikhede nagekom word. Gedurende die jaar onder oorsig is ‘n beleggingskomitee ook tot stand gebring met die gedelegeerde verantwoordelikhede wat vroeër in die dokument genoem is.
- Bedryfsrisiko’s sluit in bedryfsdoeltreffendheid, die beveiliging van bates, nakoming van relevante wette en regulasies, betroubaarheid van verslae, effektiewe bedryfsrisikobestuur, menslikehulpbronne-risiko, tegnologierisiko, sakevoortsetting en risikobefondsing.
Die direksie het ’n omvattende risikobestuurstelsel opgestel en geïmplementeer wat voorsiening maak vir volgehoue risikovasstelling en -beoordeling en die vaslegging van interne beheer.
Die ondernemingswye risikobestuurstelsel van toepassing op die groep is gewysig om die formele aanvaarding van die Komitee van Borgorganisasie-raamwerk met ingang van 1 April 2010 in te sluit en behels die volgende:
- Groeprisiko-analise
Die doel van die groeprisiko-analise is om die groep se gekonsolideerde risikoprofiel te herbevestig en op datum te hou. Dit verseker dat die risikoprofiel, per individuele belegging en in die geheel, binne die risiko-toleransie bly wat die direksie bepaal het en dat tydig op nuwe risiko’s en geleenthede gereageer word. - Aktiwiteitsrisikowaardering
Die aktiwiteitsrisikowaardering verfyn verder die groep se risikowaardering op hoofaktiwiteitsvlak met die oog daarop om gedetailleerde doelwitte te bereik en toe te sien dat risikobestuursinisiatiewe voldoende voorrang geniet en toepaslik befonds word.
- Bedryfsrisikobestuur
Die direksie beïnvloed die beheeromgewing deur die daarstelling van etiese waardes en ’n organisasiekultuur en sien toe dat bestuurstyle, gedelegeerde magte, sakeplanne en bestuursbevoegdheid voldoende, effektief en doeltreffend is.Bedryfsrisiko’s word hoofsaaklik deur effektiewe interne beheer bestuur wat ontwerp is om redelike gerusstelling te verskaf ten opsigte van die konstante bereiking van organisasiedoelwitte en die beperking van verlies of wanvoorstelling binne aanvaarbare perke.
Bestuurstrukture is daargestel om na sekere hoofrisiko-aktiwiteite om te sien, insluitende tesourie, veiligheid, gesondheid, omgewing, batebeskerming, belasting en risikobefondsing.
- Tesourie
Gegewe sy aard en die wesentlike hoeveelheid kontantbestuur binne die groep, word die beheer van tesourie-risiko as uiters belangrik beskou. Die sentrale tesourie-afdeling se verantwoordelikheid is om, ooreenkomstig ’n geskrewe mandaat, die risiko’s verbonde aan opbrengskoerse en nakomingsvereistes, likiditeit, beleggings-, finansierings- en valutatransaksies te bestuur.’n Tesouriekomitee, saamgestel uit genomineerde lede van senior bestuur, is verantwoordelik vir die daarstelling van beleid en prosedures, toepassing van toepaslike bestuursbevoegdheidsvlakke en gereelde terugvoering aan die direksie via die oudit-en-risikokomitee. Die tesouriebeleid verseker ook dat ’n maksimum opbrengs op kontantreserwes verdien word met inagneming van beleggings- en kredietrisiko’s en die groep se likiditeitsvereistes.
V&R Management Services (V&R), ’n volfiliaalmaatskappy geregistreer en bestuur in Switserland, lewer boekhouding- en tesouriedienste vir buitelandse filiale. Die maatskappye het dienskontrakte wat V&R se pligte en verantwoordelikhede uitspel met verwysing na tesouriebeleide wat deur hulle onderskeie direksies goedgekeur is en deur hulle gemonitor word. V&R se aktiwiteite en risikobestuurspraktyke word jaarliks onderwerp aan onafhanklike oudits.
- Risikobefondsing
Waar resrisiko’s belangrik geag word, of in die geval van risiko’s met ’n lae moontlikheid van voorkoms, maar met ’n potensiaal vir aansienlike impak, word toepaslike versekeringsdekking bekom of na geskikte verskansingstrategieë gekyk.
- Geïntegreerde gerusstelling
Die direksie maak nie alleen staat op die interne beheerde neergelegde proses nie, maar ontvang en oorweeg ook gereeld verslae oor die doeltreffendheid van risikobestuursfunksies. Die oudit-en-risikokomitee verseker dat die gerusstellingsfunksies van bestuur, asook interne en eksterne oudit, voldoende geïntegreer is.Die onderskeie verskaffers van geïntegreerde gerusstelling aan die direksie sluit die volgende in:
- Die bestuursraad en senior bestuur oorweeg die maatskappy se risikostrategie en -beleid en die effektiwiteit en doeltreffendheid daarvan.
- Die oudit-en-risikokomitee oorweeg die geskiktheid van risikobestuurstrategieë, stelsels van interne beheer, risikoprofiel, wetsvoldoening, interne en eksterne ouditverslae en beoordeel ook die onafhanklikheid van die ouditeure, die omvang en aard van hulle verbintenisse, omvang van werk en bevindinge. Hierdie komitee kyk ook na die vlak van openbaarmaking in die finansiële jaarverslae en die toepaslikheid van rekeningkundige beleid deur bestuur aanvaar, die etiekregister en ander gerapporteerde verliessituasies. Die direksie beoordeel die prestasie van die oudit-en-risikokomitee aan die hand van sy handves.
Interne oudit
Die groep se interne ouditafdeling is ’n effektiewe, onafhanklike waarderingsfunksie wat ’n risikogebaseerde ouditbenadering volg in ooreenstemming met die Instituut vir Interne Ouditeure (IIO ) se definisie van interne oudit en wat vervat is in ’n handves deur die direksie goedgekeur. Die hoof van hierdie afdeling het direkte toegang tot die voorsitter van die oudit-en-risikokomitee, sowel as die voorsitter van die groep.Eksterne oudit
Die maatskappy se eksterne ouditeur woon alle vergaderings van die oudit-en-risikokomitee by en het direkte toegang tot die voorsitter van die oudit-en-risikokomitee en die voorsitter van die groep. Die omvang van die eksterne oudit is voldoende geïntegreer met die interne ouditfunksie sonder dat die omvang daarvan enigsins beperk word.Ander dienste wat deur die eksterne ouditeur verskaf word, sluit hoofsaaklik belastingaangeleenthede in en dit word hanteer deur ’n afdeling wat onafhanklik van die ouditvennote is.
- Goedkeuring van die eksterne ouditeur se aan- stellingsterme, die ouditbenadering en fooie (insluitende nie-ouditfooie)
- Versekering van die eksterne ouditeur se onaf- hanklikheid
- Hulp met die eksterne ouditeur se aanstelling vir die daaropvolgende finansiële jaar
- Voorafgoedkeuring van alle fooie wat aan die eksterne ouditeur betaal word vir nie-ouditdienste
Waar vereis, stel die oudit-en-risikokomitee prose- dures in om sy besluitnemingsprosesse te rig en dit te notuleer.
Die direkteure is van mening dat, op grond van navrae wat gedoen is en die verslae wat van die interne en eksterne ouditeure ontvang is, die risikobestuursprogramme en interne beheerstelsels van die maatskappy en sy afhanklike filiale in die tydperk onder oorsig doeltreffend was. In hierdie verband word Tsb Sugar en Rainbow Chicken as onafhanklik beskou en daarom word daar nie oor hulle gerapporteer nie.
Die oudit-en-risikokomitee is tevrede dat die ouditkomitees van die maatskappy se onafhanklike filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerde maatskappye behoorlik funksioneer.
VERHANDELINGS IN SEKURITEITE
Ingevolge die noteringsvereistes van die JSE het die maatskappy ’n gedragskode met betrekking tot binnehandel aanvaar. Gedurende ’n geslote tydperk word direkteure en aangewese werknemers verbied om handel te dryf in die maatskappy se aandele. Buite geslote tydperke mag direkteure en aangewese werknemers slegs met toestemming van die voorsitter of besturende direkteur in die maatskappy se aandele handel dryf. Die geslote tydperk duur vanaf die sluiting van die finansiële verslagtydperk tot die publikasie van die resultate vir daardie tydperk. Bykomende geslote tydperke mag van tyd tot tyd verklaar word indien omstandighede dit vereis.BYWONING VAN VERGADERINGS
| Vergoedings- | ||||
| Oudit-en- | en- | |||
| risiko- | nominasie- | Bestuurs- | ||
| Direksie | komitee | komitee | raad | |
| Aantal vergaderings gehou | 7 | 4 | 1 | 3 |
| Bywoning deur direkteure | ||||
| J P Rupert(1) | 6 | 1 | ||
| M H Visser | 7 | 3 | ||
| P E Beyers | 7 | |||
| W E Bührmann | 7 | 3 | ||
| L Crouse | 7 | 3 | ||
| G D de Jager(2) | 2 | 1 | 1 | |
| J W Dreyer | 7 | 3 | ||
| J J Durand(3) | 3 | 3 | ||
| G T Ferreira(4) | 2 | |||
| P K Harris | 6 | 1 | ||
| E de la H Hertzog | 7 | |||
| N P Mageza(5) | 3 | 1 | ||
| J Malherbe(1) | 6 | |||
| P J Moleketi(6) | 3 | 1 | ||
| M M Morobe | 4 | |||
| J A Preller | 7 | 3 | ||
| M A Ramphele(7) | 3 | |||
| F Robertson | 7 | 4 | 1 | |
| T van Wyk | 7 | 3 | ||
| H Wessels | 7 | 4 | ||
| N J Williams | 3 |
| (1) | Die een vergadering wat mnre J P Rupert en J Malherbe nie bygewoon het nie, was die vergadering waar die Remgro/VenFin-transaksie bespreek is. Aangesien hulle direkteure in beide direksies was, het hulle nie die vergadering bygewoon nie weens botsende belange. |
| (2) | Mnr G D de Jager het as ‘n direkteur en as lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee en die oudit-en-risikokomitee op 5 Augustus 2009 bedank. |
| (3) | Mnr J J Durand is op 4 November 2009 as direkteur aangestel. |
| (4) | Mnr G T Ferreira is op 4 November 2009 as ‘n direkteur en as lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee op 30 November 2009 aangestel. |
| (5) | Mnr N P Mageza is op 4 November 2009 as ‘n direkteur en as lid van die oudit-en-risikokomitee op 30 November 2009 aangestel. |
| (6) | Mnr P J Moleketi is op 4 November 2009 as ‘n direkteur en as lid van die oudit-en-risikokomitee op 30 November 2009 aangestel. |
| (7) | Dr M A Ramphele is op 4 November 2009 as ‘n direkteur aangestel. |
| (8) | Die beleggingskomitee is op 30 November 2009 gestig met die volgende lede: J P Rupert, L Crouse, J J Durand, G T Ferreira, P K Harris, J Malherbe en M H Visser. |
| (9) | Die bestuursraad is op 30 November 2009 gestig met die volgende lede: W E Bührmann, L Crouse, J W Dreyer, J J Durand, J A Preller, T van Wyk, M H Visser en N J Williams. |
