Algemene verslag – Beleggingsoorsig
(Let wel: Slegs beperkte kommentaar word gelewer oor genoteerde maatskappye aangesien die inligting algemeen beskikbaar is. Die ongenoteerde beleggings word in meer besonderhede behandel.)korporatiewe finansies
BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE |
||
| 2010 | 2009 | |
| R miljoen | R miljoen | |
| Sentrale tesourie | 57 | 228 |
| Buitelandse valuta-winste | – | (50) |
| Netto korporatiewe koste | (101) | (88) |
korporatiewe finansies – effektiewe belang: 100.0%
REMGRO FINANSIERINGSKORPORASIE |
ONGENOTEERDE MAATSKAPPYE |
| PROFIEL
Verantwoordelik vir Remgro se sentrale tesourie-funksie sowel as bestuurs- en ondersteunende dienste. |
Die sentrale tesourie-afdeling se bydrae tot wesensverdienste het van R228 miljoen tot R57 miljoen afgeneem, hoofsaaklik vanweë laer rentekoerse asook laer gemiddelde kontantsaldo’s. In 2009 is buitelandse valuta-winste ten bedrae van R50 miljoen gerealiseer met die repatriasie van R&R-dividende.
Die toename in netto korporatiewe koste tot R101 miljoen (2009: R88 miljoen) is hoofsaaklik die gevolg van die insluiting van VenFin se korporatiewe koste.
