Verslag van die raad van direkteure

vir die jaar geëindig 31 maart 2010

Geagte Aandeelhouer

Die raad doen met genoeë verslag oor die bedrywighede en finansiële resultate vir die jaar onder oorsig.

AARD VAN BEDRYWIGHEDE

Die maatskappy is ’n beleggingshouermaatskappy. Kontant-inkomste bestaan hoofsaaklik uit dividende en rente. Die gekonsolideerde finansiële jaarstate van die maatskappy en sy filiale inkorporeer ook die geëkwiteerde toeskryfbare inkomste van geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings.

Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro die totale uitgereikte aandelekapitaal van VenFin Beperk (VenFin) vir R3.7 miljard verkry wat tot gevolg gehad het dat VenFin ’n volfiliaalmaatskappy van Remgro geword het.

Na die transaksie waarna hierbo verwys word, het die groep se belange hoofsaaklik uit beleggings in bankwese en finansiële dienste, drukwerk en verpakking, glasprodukte, mediese dienste, mynwese, petroleumprodukte, voedsel, wyn en spiritualieë, media, tegnologie en verskeie ander handelsmerkprodukte bestaan.

Resultate

Jaar geëindig 31 Maart: 2010 2009
Wesensverdienste (R miljoen)

3 355

4 660
– per aandeel (sent)

690.1

987.7
– verwater (sent)

676.4

954.8
 

 

 
Wesensverdienste van voortgesette bedrywighede (R miljoen)*

3 355

3 168
– per aandeel (sent)

690.1

671.5
– verwater (sent)

676.4

659.2
 

 

 
Verdienste – netto wins vir die jaar (R miljoen)

3 060

45 330
– per aandeel (sent)

629.4

9 607.9
– verwater (sent)

616.3

9 570.4
 

 

 
Dividende (R miljoen)**

1 080

902
– gewoon – per aandeel (sent)

209.00

190.00
* Gedurende November 2008 is die belegging in British American Tabacco Plc (BAT) ontbondel aan Remgroaandeelhouers as ’n tussendividend in specie. Wesensverdienste van voortgesette bedrywighede is bereken deur die geëkwiteerde inkomste van BAT, asook al die nieherhalende kostes wat verband hou met die ontbondeling, uit te sluit.
** n Finale dividend van 125 sent (2009: 110 sent) per aandeel is verklaar na jaareinde en is gevolglik nie in die finansiële jaarstate voorsien nie. Geen SBM is op hierdie dividende betaalbaar nie.

BELEGGINGSaktiwiteite

Die belangrikste beleggingsaktiwiteite gedurende die jaar onder oorsig was soos volg:

Verkryging van VenFin Beperk (VenFin)
Op 23 November 2009 is die verkryging van VenFin voltooi en het Remgro 41 626 619 aandele teen ’n prys van R89.25 per aandeel aan VenFin-aandeelhouers uitgereik. Vir die jaar geëindig 31 Maart 2010 is slegs VenFin se geassosieerdes en gesamentlike ondernemings met Maart- en September-jaareindes volgens die ekwiteitsmetode vir die drie maande vanaf 1 Januarie 2010 tot 31 Maart 2010 verantwoord. Die mees beduidende van hierdie beleggings is Sabido Investments (Edms) Beperk (Sabido) en die CIV groep van maatskappye wat die belegging in Dark Fibre Africa (Edms) Beperk insluit. Vanaf 1 April 2010 sal al VenFin se maatskappye waarin belê is volgens die ekwiteitsmetode vir ’n volle twaalfmaande-tydperk geëkwiteer word.

Ingevolge IFRS 3: Besigheidsamevoegings is die koopprys van R3 715 miljoen toegedeel aan beleggings in geassosieerde maatskappye ten bedrae van R2 986 miljoen en ander beleggings en lenings van R485 miljoen, terwyl die balans aan ander netto bates toegedeel is. Ontasbare bates ten bedrae van R698 miljoen is binne Sabido, SEA COM en Tracker geïdentifiseer as deel van die verkryging van VenFin. Die amortisasie van dié bates sal ’n addisionele jaarlikse uitgawe van R35 miljoen teen wesensverdienste tot gevolg hê.

Vir die jaar onder oorsig is die resultate van VenFin wat by die gerapporteerde resultate van Remgro ingesluit is, nie wesentlik nie, en het dit bestaan uit wesensverdienste van maatskappye waarin belê is ten bedrae van ongeveer R53 miljoen en na-belaste korporatiewe koste van ongeveer R16 miljoen. Gebaseer op die aanname dat die verkryging effektief was op 1 April 2009 is dit bereken dat VenFin se wesensverdienste vir die volle jaar ongeveer R117 miljoen sou wees.

Capevin Holdings Beperk (Capevin Holdings) en Capevin Beleggings Beperk (Capevin Beleggings)
Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro 4 034 692 aandele in Capevin Beleggings (9.6%-aandeelhouding) en 38 551 857 aandele in Capevin Holdings (8.6%-aandeelhouding) vir ’n totale bedrag van R389.3 miljoen verkry. Hierdie verkrygings het effektief Remgro se indirekte belang in Distell met 4.1% tot 33.3% verhoog (31 Maart 2009: 29.2%).

Die belegging in Capevin Beleggings is aanvanklik as ’n finansiële instrument “beskikbaar vir verkoop” geklassifiseer en dividendinkomste ten bedrae van R7.3 miljoen is gedurende die jaar onder oorsig in die inkomstestaat verantwoord. In die toekoms sal beide die beleggings jaarliks volgens die ekwiteitsmetode vir die twaalf maande tot Desember verantwoord word.

PG Groep van Maatskappye (PGSI )
PGSI is die buitelandse houermaatskappy van die Plate Glass-groep. Gedurende Junie 2009, ter deelname aan ’n regte-aanbod, het Remgro ’n verdere R171.1 miljoen in PGSI belê. Die belegging word verteenwoordig deur ’n ekwiteitsbelegging ten bedrae van R41.5 miljoen en ’n belegging in omskepbare aflosbare voorkeuraandele ten bedrae van R129.6 miljoen. Die termyn van die voorkeuraandele is vyf jaar en dit het ’n effektiewe dividendopbrengs van 7.6%.

Gedurende Maart 2010 het PGSI nog ’n regte-aanbod gedoen ingevolge waarvan Remgro aanvanklik R13.6 miljoen in PGSI belê het. Die regte-aanbod sal in twee fases geïmplementeer word en Remgro sal ’n verdere R13.6 miljoen gedurende Junie 2010 belê. Die aandeelhouers van PGSI het terselfdertyd ingestem om ’n bystandfasiliteit ten bedrae van R150 miljoen aan PGSI te verskaf. Remgro se deel van die fasiliteit bedra R44 miljoen en die fasiliteit sal op 27 Desember 2011 verstryk. Op 31 Maart 2010 was Remgro se belang in PG SI, op ’n ten volle verwaterde grondslag, 25.2% (31 Maart 2009: 25.0%).

Tsb Sugar Holdings (Edms) Beperk (Tsb Sugar)
Met ingang van 3 Augustus 2009 het Tsb Sugar die Pongola-suikermeule vanaf Illovo Sugar Beperk vir R180.0 miljoen verkry. Vir die agt maande sedert verkryging het die Pongola-suikermeule R248 miljoen tot omset bygedra, terwyl ’n bedryfsverlies, voor rente en belasting, ten bedrae van R46 miljoen gerapporteer is.

Xiocom Wireless, Inc. (Xiocom)
Gedurende die 2008 finansiële jaar het Remgro ’n belang van 37.5% in Xiocom bekom. Gedurende die jaar onder oorsig is ’n verdere $7.1 miljoen in Xiocom belê, wat die totale bedrag wat belê is, op $35.8 miljoen te staan bring. Die maatskappy het gedurende dié tyd onderpresteer.

Gedurende die tweede helfte van die finansiële jaar is daar besluit om die belegging in Xiocom te beëindig en in Maart 2010 is die belegging vir ’n nominale bedrag verkoop. Addisioneel tot die ekwitering vir ’n wesensverlies van R79.2 miljoen in die huidige finansiële jaar, is ’n na-belaste kapitaalverlies van R13.5 miljoen ook met die transaksie gerealiseer.

Kagiso Trust Investments (Edms) Beperk (KTI) en die Kagiso Infrastructure Empowerment Fund (KIEF)
Gedurende die 2007 finansiële jaar het Remgro ooreenkomste met KTI en KIEF aangegaan ingevolge waarvan Remgro homself verbind het om R350 miljoen in KIEF te belê. Die fonds het ’n teikengrootte van R650 miljoen en beoog om in infrastruktuurprojekte, insluitende paaie, lughawens, kragstasies, telekommunikasie- installasies, spoorwegnetwerke, hawens en water- en sosiale infrastruktuur te belê. Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere R19.1 miljoen in KIEF belê. Teen 31 Maart 2010 het Remgro R94.2 miljoen van die R350 miljoen belê.

Premier Team Holdings Limited (PTH)
Gedurende Mei 2009 het VenFin ’n 50%-belang in PTH, ’n sport- en ontspanningsgroep wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, verkry. Sedert die verkryging van VenFin is ’n bedrag van GBP2.5 miljoen (of R30.3 miljoen) in PTH belê. Die addisionele belegging het nie Remgro se 50%-aandeelhouding in PTH beïnvloed nie.

Milestone China Opportunities Fund II, L.P. (Milestone II)
Gedurende Maart 2007 het VenFin homself verbind om $25.0 miljoen in Milestone II te belê. Sedert die verkryging van VenFin is ’n verdere $2.4 miljoen in Milestone II belê. Teen 31 Maart 2010 was $12.1 miljoen van die $25.0 miljoen reeds belê.

One Digital Media (Edms) Beperk (ODM)
VenFin het sy belang in ODM gedurende Junie 2007 verkry. Sedertdien is R54.5 miljoen in ODM belê in ruil vir ’n ekwiteitsbelang van 49.1%. Sedert die verkryging van VenFin is ’n bedrag van R5.9 miljoen aan ODM geleen ingevolge ’n R10.0 miljoen fasiliteit wat deur Remgro toegestaan is. Die fasiliteit dra rente teen primakoers en is terugbetaalbaar teen 31 Mei 2013.

Business Partners Beperk (Business Partners)
Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere 75 000 Business Partners-aandele vir ’n totale bedrag van R0.4 miljoen verkry. Remgro se belang in Business Partners, op ’n ten volle verwaterde grondslag, het onveranderd op 20.8% gebly.

Gebeure na jaareinde:

FirstRand Beperk (FirstRand) en RMB Holdings Beperk (RMBH)
Op 31 Maart 2010 het FirstRand aangekondig dat ‘n ooreenkoms met Metropolitan Holdings Beperk (Metropolitan) bereik is om al FirstRand se gewone aandele in sy volfiliaalmaatskappy, Momentum Groep Beperk, te verkoop in ruil vir Metropolitan gewone aandele. Daar word verwag dat FirstRand ongeveer 59.5% van die totale uitgereikte aandelekapitaal van die saamgesmelte entiteit sal hou. FirstRand het ook sy aandeelhouers meegedeel dat hy beplan om, na afhandeling van die voorgestelde samesmelting, sy totale aandeelhouding in die saamgesmelte entiteit aan sy gewone aandeelhouers te ontbondel. Die transaksie is onderhewig aan die nakoming van ‘n aantal opskortende voorwaardes voor 31 Oktober 2010.

Terselfdertyd het RMBH aangekondig dat hy ‘n aantal herstruktureringstappe ondersoek ten einde sy beleggingsportefeulje te hergroepeer en om aandeelhouerswaarde te verhoog. Hierdie stappe sluit in die moontlike skeiding van RMBH se versekerings- en bankbelange wat tot die afsonderlike notering van dié belange kan lei. Verdere aankondigings met betrekking tot bogenoemde sal deur FirstRand en RMBH gemaak word sodra gedetailleerde inligting beskikbaar is.

Trans Hex Groep Beperk (Trans Hex)
Op 21 Junie 2010 het die Remgro direksie die ontbondeling van die belegging in Trans Hex aan sy aandeelhouers goedgekeur. Remgro-aandeelhouers word verwys na die afsonderlike Aankondiging van Bepalings wat op 21 Junie 2010 op SENS vrygestel is en wat meer inligting met betrekking tot die voorgestelde ontbondeling verskaf. ‘n Omsendbrief met volledige besonderhede van die voorgenome ontbondeling sal gedurende Julie 2010 aan aandeelhouers gepos word.

Business Partners
Sedert 31 Maart 2010 het Remgro ’n verdere 14 099 092 Business Partners-aandele vir ’n totale bedrag van R77.7 miljoen verkry. Remgro se belang in Business Partners, op ’n ten volle verwaterde grondslag, het tot 28.7% toegeneem (31 Maart 2010: 20.8%).

KTI en KIEF
Sedert 31 Maart 2010 het Remgro ‘n verdere R74.7 miljoen in KIEF belê. Tans is R168.9 miljoen van die R350 miljoen waartoe verbind is, reeds belê.

Dark Fibre Africa (Edms) Beperk (Dark Fibre)
In die verlede het Remgro slegs ‘n indirekte belang van 31.3% in Dark Fibre gehad deur sy belange in die CIV groep van maatskappye. Gedurende Mei 2010 is R9.7 miljoen direk in Dark Fibre belê in ruil vir ‘n uiteindelike 0.7%-ekwiteitsbelang in dié maatskappy. Hierdie belegging het Remgro se belang in Dark Fibre effektief tot 32.0% verhoog.

Terselfdertyd het Remgro ingestem om ‘n leningsfasiliteit ten bedrae van R85.1 miljoen aan Dark Fibre te verskaf. Die termyn van die fasiliteit is tien jaar en R53.1 miljoen van die fasiliteit is reeds aan Dark Fibre geleen.

Capevin Holdings
Sedert 31 Maart 2010 het Remgro ‘n verdere 5 640 651 Capevin Holdings-aandele in die ope mark vir ‘n totale bedrag van R19.1 miljoen verkry. Hierdie aankope het Remgro se indirekte belang in Distell tot 33.4% verhoog (31 Maart 2010: 33.3%).

Fundamo (Edms) Beperk (Fundamo)
Sedert 31 Maart 2010 het Remgro ’n verdere R9.9 miljoen in Fundamo belê. Remgro se belang in Fundamo het tot 26.4% (31 Maart 2010: 26.0%) verhoog.

PTH
Sedert 31 Maart 2010 het Remgro ’n verdere GBP0.6 miljoen (of R6.7 miljoen) in PTH belê. Remgro se belang in PTH het onveranderd op 50% gebly.

ODM
Sedert 31 Maart 2010 is die oorblywende R4.1 miljoen van die R10.0 miljoen fasiliteit wat aan ODM beskikbaar gestel is, aan dié maatskappy geleen.

KONTANTBRONNE by die kern

Die maatskappy se kontantbronne op 31 Maart 2010 was soos volg:
  Plaaslik
R miljoen
Buiteland
R miljoen 
Totaal
R miljoen 
2009
R miljoen 
Per gekonsolideerde staat van finansiële stand

1 372 

2 455 

3 827 

5 050 
Belegging in geldmarkfondse

– 

1 812 

1 812 

1 578 
Min: Kontant van bedryfsfiliale

(937)

(40)

(977)

(661)
Kontant by die kern

435 

4 227 

4 662 

5 967 

Op 31 Maart 2010 was ongeveer 43% (R1 812 miljoen) van die beskikbare buitelandse kontant by die kern in geldmarkfondse, wat nie as kontant en kontantekwivalente op die staat van finansiële stand geklassifiseer is nie, belê. Verwys na aantekening 16 van die finansiële jaarstate vir verdere inligting.

GROEP FINANSIËLE OORSIG

Verandering in rekeningkundige raming
Gedurende die jaar onder oorsig het Tsb Sugar Holdings (Edms) Beperk (Tsb Sugar) sy waardasiemetodologie met betrekking tot biologiese landboubates verander. Ingevolge IAS 41: Landbou moet hierdie bates, met aanvanklike erkenning en aan die einde van elke rapporteringstydperk, teen billike waarde minus verkoopskoste gemeet word. Die verandering in waardasiemetodologie was die gevolg van die beskikbaarheid van verbeterde bestuursinligting en gevolglik word dit as ‘n verandering in rekeningkundige raming hanteer met slegs vooruitwerkende toepassing.

Die finansiële uitwerking op die drawaarde van biologiese landboubates op 31 Maart 2010 en op wins toeskryfbaar aan ekwiteithouers vir die jaar wat op dié datum geëindig het, is soos volg: Toename in die waarde van biologiese landboubates       R 53 miljoen
Toename in wins toeskryfbaar aan ekwiteithouers           R 34 miljoen

Vergelykbaarheid met vorige jaar
Met ingang van 3 November 2008 is die belegging in BAT as ’n tussendividend in specie aan Remgroaandeelhouers uitgekeer. Vir die jaar geëindig 31 Maart 2009 is die belegging in BAT gevolglik steeds vir die sewe maande tot 31 Oktober 2008 volgens die ekwiteitsmetode verantwoord, wat vergelykings op ’n jaargrondslag verwring.

Wesensverdienste en wesensverdienste per aandeel van voortgesette bedrywighede kan egter op ’n jaargrondslag vergelyk word.

Klassifikasie van beleggings
Die verkryging van VenFin het die skep van twee nuwe rapporteringsgroepe genoodsaak, “Mediabelange” en “Tegnologiebelange”. ‘n Derde nuwe rapporteringsgroep, “Ander beleggings”, is ook geskep. Ten einde vergelykbaarheid op ‘n jaargrondslag te vergemaklik, is die inligting wat vir die vergelykende jaar aangebied word, dienooreenkomstig aangepas.

Staat van finansiële stand
Die ontleding van “Ekwiteit aangewend” onder en “Bron van wesensverdienste” hieronder dui die sektore aan waarin die groep se beleggings ingedeel is. Geen aansuiwering is gemaak vir gevalle waar ’n belegging hoofsaaklik in een sektor bedrywig is maar ook belange in ’n ander sektor het nie.

    2010   2009
  R miljoen R per aandeel R miljoen R per aandeel
Ekwiteit aangewend        
Toeskryfbaar aan ekwiteithouers

43 304

84.38

38 072 80.75
Aanwending van ekwiteit

 

 

   
Finansiële dienste

12 426

24.21

11 755 24.93
Nywerheidsbelange

16 154

31.48

14 976 31.76
Mediabelange

1 074

2.09

Mynbelange

5 776

11.26

4 267 9.05
Tegnologiebelange

2 058

4.01

Ander beleggings

573

1.12

415 0.88
Sentrale tesourie

4 662

9.08

5 967 12.66
Ander netto korporatiewe koste

581

1.13

692 1.47
 

43 304

84.38

38 072 80.75
Inkomstestaat        
  2010 
R miljoen 
2009 
R miljoen 
Bron van wesensverdienste        
Tabakbelange

– 

– 

2 295  49 
Finansiële dienste

1 355 

40 

1 576  34 
Nywerheidsbelange

1 982 

59 

1 318  28 
Mediabelange

17 

–  – 
Mynbelange

96 

164 
Tegnologiebelange

13 

– 

–  – 
Ander beleggings

(64)

(2)

(80) (1)
Sentrale tesourie

57 

194 
Ander netto korporatiewe koste

(101)

(3)

(807) (17)
 

3 355 

100 

4 660  100 
         
      2010 
R miljoen 
2009 
R miljoen 
Samestelling van wesensverdienste        
Filiaalmaatskappye    

630 

142 
   Winste    

730 

159 
   Verliese    

(100)

(17)
Geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings    

2 725 

4 518 
   Winste    

2 839 

5 023 
   Verliese    

(114)

(505)
     

3 355 

4 660 

 

AANDELESKEMAS

Gedurende die vorige finansiële jaar is ’n nuwe aandeleskema, die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema (die SAR-skema), bykomstig tot die Remgro Aandeleskema geïmplementeer. Geen nuwe toekennings is gedurende die jaar onder oorsig onder die Remgro Aandeleskema gemaak nie. Ingevolge die SARskema word Remgro gewone aandele ter waarde van die groei van hul reg tot ’n toegekende aantal Remgro gewone aandele aan deelnemers aangebied wat binne verskillende intervalle, maar voor die verstryking van sewe jaar na die regte toegeken is, uitgeoefen kan word.

Die vroegste intervalle waarbinne aandelegroeiregte uitgeoefen kan word, is soos volg:
  • Een-derde na drie jaar na die toekenningsdatum
  • Twee-derdes na vier jaar na die toekenningsdatum
  • Die res na vyf jaar na die toekenningsdatum

Verwys na aantekening 26 by die finansiële jaarstate vir volledige besonderhede met betrekking tot die Remgro Aandeleskema asook die SAR-skema.

Tesourie-aandele

Op 31 Maart 2009 is 3 500 000 Remgro gewone aandele (0.8%) as tesourie-aandele deur ’n volfiliaalmaatskappy van Remgro gehou. Soos voorheen gerapporteer is hierdie aandele aangekoop ten einde die nuwe aandelegroeiregskema, wat na die ontbondeling van die belegging in BAT gedurende November 2008 geïmplementeer is, te verskans.

Gedurende die jaar onder oorsig is geen Remgro gewone aandele aangekoop nie, terwyl 75 956 Remgro gewone aandele aangewend is ten einde Remgro se verpligting teenoor skema deelnemers, wie aandelegroeiregte wat aan hulle toegeken is uitgeoefen het, te vereffen. Op 31 Maart 2010 is 3 424 044 Remgro gewone aandele (0.7%) as tesourie-aandele gehou.

HOOFAANDEELHOUER

Rembrandt Trust (Edms) Beperk (Rembrandt Trust) hou al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele van die maatskappy en is geregtig op 42.64% (2009: 44.89%) van die totale stemreg

’n Ontleding van die aandeelhouers hier.

FILIAALMAATSKAPPYE EN BELEGGINGS

Besonderhede van filiaalmaatskappye, geassosieerde maatskappye en ander beleggings word in Bylae A en B uiteengesit.

DIREKTEURE

Die name van die direkteure verskyn hier.

Met ingang van 4 November 2009 is mnre N P Mageza, P J Moleketi, G T Ferreira en dr M A Ramphele as onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure in die raad van Remgro aangestel. Verder is mnr J J Durand as ’n uitvoerende direkteur aangestel. Mnr G D de Jager het op 5 Augustus 2009 as onafhanklike nie-uitvoerende direkteur uitgetree.

Kragtens die bepalings van die statute tree mnre J J Durand, J W Dreyer, G T Ferreira, N P Mageza, J Malherbe, P J Moleketi, F Robertson, M H Visser, mev J A Preller en dr M A Ramphele volgens rooster as direkteure af. Hierdie direkteure is en stel hulself herkiesbaar.

BELANGE VAN DIREKTEURE

Die direkte en indirekte belange van direkteure en hul verwantes in die uitgereikte gewone aandelekapitaal van die maatskappy, het in totaal op 31 Maart 2010, 2.81% (2009: 1.26%) bedra.

Mnr J P Rupert is ’n direkteur van Rembrandt Trust wat die houer is van al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele.

’n Ontleding van die belange van direkteure in die uitgereikte kapitaal van die maatskappy verskyn hier.

DIREKTEURSVERGOEDING

Die totale direkteursvergoeding betaalbaar vir dienste as direkteure die afgelope finansiële jaar gelewer, het R2 981 000 (2009: R2 697 000) beloop.

AANKOOP VAN AANDELE VAN DIE MAATSKAPPY

Daar word aanbeveel dat ’n algemene magtiging aan die raad toegestaan word om, indien omstandighede dit regverdig, die maatskappy se eie aandele te verkry en om goedkeuring aan enige filiaalmaatskappye van die maatskappy te gee om aandele in die maatskappy te verkry, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet (Nr. 61 van 1973), soos gewysig (“Maatskappywet”), en die noteringsvereistes van die JSE Beperk (“noteringsvereistes”). Daar word verder aanbeveel dat ’n algemene magtiging aan die raad toegestaan word om die direkteure te magtig om, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet en die noteringsvereistes, afgeleide transaksies aan te gaan wat daartoe mag of sal lei dat die maatskappy sy eie aandele moet koop.

Spesiale besluite om hierdie algemene magtiging aan die raad te verleen is ingesluit in die kennisgewing vir die algemene jaarvergadering.

SPESIALE BESLUITE

Geen spesiale besluite is deur die maatskappy se belangrikste filiale geneem waarvan die aard wesentlik mag wees met betrekking tot die stand van sake van die groep nie.

DIVIDENDE

Die finale gewone dividend per aandeel is op 125 sent (2009: 110 sent) vasgestel. Totale gewone dividende per aandeel ten opsigte van die finansiële jaar tot 31 Maart 2010 bedra gevolglik 209 sent (2009: 190 sent).

Verklaring van kontantdividend
Verklaring van Dividend Nr. 20 ’n Finale dividend van 125 sent (2009: 110 sent) per aandeel is verklaar ten opsigte van beide die gewone aandele van een sent elk en die ongenoteerde B-gewone aandele van tien sent elk, vir die finansiële jaar wat op 31 Maart 2010 geëindig het.

Betaling
Die finale dividend is betaalbaar op Maandag, 23 Augustus 2010, aan aandeelhouers van die maatskappy wat op Vrydag, 20 Augustus 2010, geregistreer is.

Aandeelhouers mag nie in die tydperk van Maandag, 16 Augustus 2010, tot Vrydag, 20 Augustus 2010, beide datums ingesluit, hulle aandeelsertifikate dematerialiseer of rematerialiseer nie.

SEKRETARIS

Die naam en adres van die maatskappysekretaris verskyn hier.

GOEDKEURING

Die finansiële jaarstate is deur die raad goedgekeur.

Geteken namens die raad van direkteure.

   
Johann Rupert   Thys Visser  
Voorsitter  Hoofuitvoerende beampte  
   
Stellenbosch  
21 Junie 2010  
Jaarverslag tuisblad   |   Laai PDFs af   |   Druk   |   Boekmerk   |   English