Algemene verslag – Beleggingsoorsig
(Let wel: Slegs beperkte kommentaar word gelewer oor genoteerde maatskappye aangesien die inligting algemeen beskikbaar is. Die ongenoteerde beleggings word in meer besonderhede behandel.)tegnologiebelange
BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE |
||
| 2010 | 2009 | |
| R miljoen | R miljoen | |
| CIV groep | 7 | – |
| Britehouse | 6 | – |
| 13 | – |
CIV GROEP – effektiewe belang: 35.6%
| EKWITEITSWAARDASIE OP 31 MAART 2010: R1 704 MILJOEN | |
CIV FNSCIE TELECOMMSCIV POWERCENTRAL LAKE |
ONGENOTEER |
| HOOFUITVOERENDE BEAMPTE: N VENTER | |
| PROFIEL
CIV Fibre Network Solutions (CIV FNS) het beleggings wat die groep in staat stel om infrastruktuur vir die verskaffing van dienste soos optiesevesel-netwerke te bou, te besit, in stand te hou en te moniteer. |
|
| REMGRO GENOMINEERDE DIREKTEURE
L Crouse, P J Liddiard |
|
| WEBWERF: www.civ.co.za | |
COMMUNITY INVESTMENT VENTURES HOLDINGS (EDMS) BEPERK (“CIV”)
Remgro het ’n belang van 30% in elkeen van CIV Fibre Network Solutions (Edms) Beperk (“CIV FN S”), CIE Telecommunications (Edms) Beperk (“CIE Telecom”) en CIV Power (Edms) Beperk (“CIV Power”) sowel as ’n belang van 18.8% in Central Lake Trading 77 (Edms) Beperk (“Central Lake”). Central Lake hou ook beduidende beleggings in die bogenoemde drie maatskappye, wat in effek Remgro se belang tot 35.6% verhoog. Bogenoemde beleggings is gesamentlik bekend as die CIV groep en is bekom as deel van die VenFin-verkryging op 23 November 2009.Die CIV groep het ’n Maart-jaareinde en Remgro het sy verdienste vir drie maande tot Maart 2010 geëkwiteer. Die CIV groep het R7 miljoen tot Remgro se wesensverdienste bygedra.
CIV is bedrywig in die elektrisiteits-, telekommunikasie- en die inligtingstegnologie-sektor. CIV FNS vervaardig en besit veseloptiese netwerke deur sy filiaal Dark Fibre Africa (Edms) Beperk (“DFA”). CIE Telecom is ’n invoerder en verspreider van vesel en spesialiseer in netwerkbestuur. CIE Power spesialiseer in die bekabeling van kragstasies. Die groep se toekomstige groei is in DFA gesetel.
DFA het veseloptiese netwerkringe in Johannesburg, Kaapstad, Durban, Midrand, Centurion en Pretoria.
Die Johannesburg-ring word beskou as een van die belangrikste kommunikasieringe in Afrika. Tot dusver is ’n totale lengte van 1 200 km in die vernaamste metropolitaanse gebiede voltooi. DFA is ook besig met die uitrol van langafstandroetes, waarvan die eerste voltooide projek dié van die Durbanse metropool tot by die Seacom-landingstasie in Mtunzini is. Hierdie roete word tans tot in Gauteng verleng. In 2010 het DFA begin met die vesel-tottoring- projek wat selfoonoperateurs se basisstasies aan die kern-kommunikasieringe sal verbind.
DFA het geslaag in sy vernaamste doelwit, naamlik om aanvanklike kliënte te verseker. Pogings om bykomende segmente van die reeds geïnstalleerde ringe te verkoop duur in alle erns voort. Teen einde Maart 2010 het DFA 23 bruikhuurooreenkomste met kliënte onderteken en sodoende ’n annuïteitinkomstegenererende besigheid gevestig.
n die loop van die volgende finansiële jaar wil die maatskappy sy teenwoordigheid in die Suid- Afrikaanse telekommunikasiemark uitbou deur sy infrastruktuurvoetspoor te verdubbel en verkoops- en bemarkingsaktiwiteite uit te brei. Die toename in die aantal lisensies wat die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika vir elektroniese kommunikasienetwerkdienste uitgereik het, het die potensiële mark vir DFA se dienste uitgebrei.
SEACOM CAPITAL BEPERK – effektiewe belang: 25.0%
| EKWITEITSWAARDASIE OP 31 MAART 2010: R4 478 MILJOEN | |
![]() |
ONGENOTEER |
| HOOFUITVOERENDE BEAMPTE: B HERLIHY | |
| PROFIEL
SEACOM verskaf hoëkapasiteit internasionale optieseveselbandwydte aan Suider- en Oos-Afrika. |
|
| REMGRO GENOMINEERDE DIREKTEURE
H J Carse, G J Roberts-Baxter, N J Williams (Plaasvervanger) |
|
| WEBWERF: www.seacom.mu | |
Remgro het met ingang van 23 November 2009 ’n belang van 25% in SEACOM Capital Limited (“SEACOM ”) bekom deur die verkryging van VenFin Beperk. Aangesien die maatskappy se jaareinde op 31 Desember is, is geen verdienste ingesluit in Remgro se wesensverdienste vir die huidige finansiële jaar nie.
SEACOM het op 23 Julie 2009 die eerste ondersese veseloptiese kabel met teragreep-kapasiteit geloods ten einde suidelike en oostelike Afrika met Europa en Asië te verbind. SEACOM voorsien internasionale hoëkapasiteit veseloptiese bandwydte aan suidelike en oostelike Afrika. Die kabel verbind Suid-Afrika, Mosambiek, Tanzanië, Kenia en Djibouti en sluit aan by die res van die wêreld via landingspunte in Frankryk (en van daar na Londen) en Indië. Landomringde lande soos Uganda, Rwanda en Ethiopië is deur middel van landgebaseerde truverbinding ingeskakel.
SEACOM se voorpunttegnologie-kabel strek oor 16 000 km en, met ’n kapasiteit van 1.28 teragrepe per sekonde, sal dit die Afrika-lande wat honger vir bandwydte is, in staat stel om ware breëband-internet, eweknienetwerke en hoëdefinisie-televisie te geniet. Sy hoëvolume- en- laekoste-sakemodel stel SEACOM in staat om hoë bandwydtekapasiteit teen pryse wat beduidend laer is as huidige satellietaanbiedinge te bied. Hierdie verhoogde bandwydte behoort die inligtings- en kommunikasietegnologie-verwante diensbedrywe soos gekontrakteerde oproepsentrums, gekontrakteerde besigheidsprosessering en navorsingsentrums regoor Afrika te stimuleer. Die nuwe bandwydte wat deur die SEACOM -kabelstelsel beskikbaar gestel word, sal verbindingskoste beduidend verlaag.
In pas met die projek se vordering is verskeie personeellede aangestel om die SEACOM -kabel ten volle in bedryf te stel. Die kabel het reeds ’n geweldige ekonomiese en maatskaplike uitwerking gehad. Binne die eerste ses maande in bedryf het internasionale bandwydtegebruik (hoofsaaklik weens internettoegang) met meer as 1 000% toegeneem in Mosambiek, Tanzanië, en Uganda en met meer as 2 500% in Kenia.
Vooruit beskou sal die fokus bly op die voltooiing van die projek se uitstaande ontwikkeling en konstruksie. Die gekontrakteerde landgebaseerde truverbinding met landomringde lande sal afgehandel word en ander landomringde lande sal aan SEACOM se ondersese kabelstelsel verbind word. Dit sal gepaard gaan met die verkoop van bandwydte aan SEACOM -kliënte.
TRACKER NETWORK (EDMS) BEPERK – effektiewe belang: 31.0%
| EKWITEITSWAARDASIE OP 31 MAART 2010: R2 939 MILJOEN | |
| ONGENOTEER | |
| HOOFUITVOERENDE BEAMPTE: D A HUTCHESON | |
| PROFIEL
Tracker se kernbesigheid is die verkoop en installering van voertuignaspoor-stelsels vir die herwinning van gesteelde voertuie in Suid-Afrika. |
|
| REMGRO GENOMINEERDE DIREKTEURE
J J Durand, C M van den Heever |
|
| WEBWERF: www.tracker.co.za | |
Remgro het met ingang van 23 November 2009 ’n belang van 31% in Tracker Network (Edms) Beperk (“Tracker”) bekom deur die verkryging van VenFin Beperk. Aangesien die maatskappy se jaareinde op 30 Junie is, is geen verdienste ingesluit in Remgro se wesensverdienste vir die huidige finansiële jaar nie.
As ’n toonaangewende rolspeler in die Suid- Afrikaanse gesteeldevoertuig-herwinningsbedryf het Tracker ’n sterk maandelikse intekenaargebaseerde inkomstestroom. Die maatskappy se kernbesigheid is die verkoop en installering van voertuignaspoorstelsels vir die opsporing en herwinning van gesteelde voertuie. Tracker het ’n hoogs suksesvolle kontraktuele vennootskap met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingevolge waarvan Tracker se tegnologie gebruik word om gesteelde voertuie oor Suid-Afrika heen op te spoor en te herwin. Sedert die vennootskap in 1996 gesluit is, is meer as 47 500 gesteelde voertuie herwin, 8 400 verdagtes gearresteer en 320 kapwinkels en diefstalsindikate blootgelê danksy die gebruik van Tracker-tegnologie.
Tracker bied drie produkte in sy reeks, naamlik Tracker Retrieve (’n stelsel vir die herwinning van gesteelde voertuie), Tracker Alert (Retrieve met bykomende vroeë waarskuwing) en Skytrax (’n internetgebaseerde voertuigmoniteringstelsel met intelligenteversekering-integrasie en die vermoë om gesteelde voertuie te help herwin).
Tracker se sakemodel het in die twaalf maande tot Februarie 2010 merkwaardige robuustheid getoon in ag genome wat in dieselfde tydperk met die verkope van nuwe motors gebeur het. Totale voertuigverkope in die tydperk Maart 2009 tot Februarie 2010 was 20% laer as in die ooreenstemmende vorige tydperk, en dié van passasiersvoertuie 16% laer. In dieselfde tydperk het Tracker groei van 11% in omset en 17% in bedryfswins behaal, te midde van sterk kontantvloei.
Gedurende die jaar tot Februarie 2010 het Tracker 93 164 eenhede geïnstalleer (’n toename van 2% vergeleke met die vorige jaar), terwyl die intekenarebasis tot 597 000 voertuie toegeneem het teen die einde van Februarie 2010. Tracker bereik sy kliënte deur drie bemarkingskanale, naamlik versekering, handelaars en vlooteienaars.
Ná ’n jaar van gesprekke tussen Tracker en Cobra Automotive Technologies SpA (“Cobra”), wat in Italië genoteer is en betrokke is by sekuriteits- en veiligheidsoplossings vir die voertuigbedryf, het die twee partye onlangs die totstandkoming van Cobra Service Network SA aangekondig. Cobra sal ’n 80%-aandeelhouer in die nuwe maatskappy word deur die toevoeging van sy bestaande bates, naamlik 93.54% van Cobra Italia SpA, 100% van Cobra Telematics SA (Switserland) en sy filiale, 100% van Cobra UK Limited, 100% van Cobra Automotive Technologies UK Limited en 50.94% van Cobra France SAS, terwyl Tracker sy 20%-aandeelhouding verkry vir ’n kontant-bydrae van €17.798 miljoen.
Cobra Service Network SA sal die opbrengs uit Tracker se belegging gebruik om verder te ontwikkel tot ’n internasionale verskaffer van ligginggebaseerde sekuriteits- en veiligheidsdienste deur ’n kombinasie van organiese groei en oornames.
Tracker se verdienste kan in die toekoms potensieel verbeter danksy die voortgesette herstel van algehele voertuigverkope vergeleke met die vorige jaar. Daar is ook ’n fokus op nuwe inkomstestrome in waardetoegevoegde dienste sowel as pogings om die mark vir kleiner vlooteienaars te penetreer en geleenthede te ontsluit deur sy aandeelhouding in Cobra Service Network SA in Europa.
| ANDER TEGNOLOGIEBELANGE | |
BIOMETRIC MEDICAL SOLUTIONS (EDMS) BEPERK – effektiewe belang: 25.0% |
|
|
PROFIEL
BioMetric is verantwoordelik vir die insameling, outentisering en administrasie van ’n biometriese vingerafdruk-databasisstelsel vir die mediese bedryf ten einde bedrog te bekamp en voorsiening te maak vir waardetoegevoegde dienste wat hieruit kan voortspruit. |
BRITEHOUSE HOLDINGS (EDMS) BEPERK – effektiewe belang: 30.0% |
|
|
PROFIEL
Britehouse is die houermaatskappy van vier operasionele besighede wat aktief is op die gebied van sakeprogrammatuurtoepassings. |
| WEBWERF: www.britehouse.co.za | |
FUNDAMO (EDMS) BEPERK – effektiewe belang: 26.0% |
|
|
PROFIEL
Fundamo is ’n toonaangewende verskaffer van programmatuuroplossings vir mobiele bankdienste en betalings aan ondernemingskliënte. |
| WEBWERF: www.fundamo.co.za | |
VISIONCHINA MEDIA INC. – effektiewe belang: 5.4% |
|
![]() |
PROFIEL
VisionChina bedryf ’n buitenshuise advertensienetwerk op massavervoerstelsels, waaronder busse en moltreine in China, deur middel van televisie-uitsendings. |
| WEBWERF: www.visionchina.cn | |


