Aantekeninge by die finansiële jaarstate

vir die jaar geëindig 31 maart 2010
« Aantekening 15   Aantekening 17 »

16.

BELEGGING IN GELDMARKFONDSE

   
    2010 
R miljoen 
2009 
R miljoen 
    Geldmarkfondsbeleggings word in die volgende buitelandse valuta gehou        
    VSA-dollar (2010: $161 miljoen; 2009: $80 miljoen)    1 172   766 
    Britse pond (2010: £13 miljoen; 2009: £13 miljoen)    146   181 
    Euro (2010: €50 miljoen; 2009: €50 miljoen)    494   631 
        1 812   1 578 

Beleggings in geldmarkfondse hou verband met beleggings in aandele in JP Morgan likiditeitsfondse, spesifiek die Sterling Gilt Liquidity, die US Treasury Liquidity en die Euro Government Liquidity fondse. Die portefeuljes van die fondse op 31 Maart 2010 bestaan uit staatseffekte met vervaldatums van tot een jaar en bank terugkoopooreenkomste wat likiditeit op aanvraag verseker omdat die aandele in die fondse op aanvraag daagliks teruggeroep mag word. Uitkerings vanaf die fondse word as dividendinkomste verantwoord. Daar kleef baie lae risiko aan hierdie instrumente en dit verskaf daaglikse likiditeit, maar kan nie as kontant en kontantekwivalente geklassifiseer word nie aangesien die individuele onderliggende instrumente binne die fondse nie aan die afloopvereistes van IAS 7: Staat van Kontantvloei voldoen nie. Hierdie beleggings word as ekwiteitsinstrumente beskou en gekategoriseer as “finansiële instrumente gehou teen billike waarde deur wins en verlies”.

    Terug na bo  
Jaarverslag tuisblad   |   Laai PDFs af   |   Druk   |   Boekmerk   |   English