Kennisgewing aan aandeelhouers
Die 2010 algemene jaarvergadering van Remgro Beperk (“die maatskappy”) sal op Woensdag, 18 Augustus 2010, om 15:30 in die konferensiesentrum, Erinvale Estate Hotel & Spa, Lourensfordweg, Somerset-Wes, 7130, gehou word om, indien goedgevind, die volgende gewone en spesiale besluite met of sonder wysiging aan te neem: 1. GOEDKEURING VAN DIE FINANSIËLE JAARSTATEGewone Besluit Nommer 1Besluit dat die geouditeerde finansiële jaarstate van die maatskappy en die groep vir die jaar geëindig 31 Maart 2010 aanvaar en goedgekeur word. 2. HERAANSTELING VAN OUDITEURGewone Besluit Nommer 2Besluit dat die heraanstelling van PricewaterhouseCoopers Ing. as die maatskappy se ouditeur, soos deur die maatskappy se ouditen- risikokomitee benoem, goedgekeur word en om kennis te neem dat mnr C J Matthee die individuele geregistreerde ouditeur is wat die oudit gedurende die finansiële jaar eindigende 31 Maart 2011 sal onderneem. 3. GOEDKEURING VAN DIREKTEURE SE VERGOEDINGGewone Besluit Nommer 3Besluit dat direkteursvergoeding vir dienste gelewer as direkteure vir die finansiële jaar eindigende 31 Maart 2011, as volg vasgestel word: |
|||||||||||||||||||||||||||
4. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 4Besluit dat mnr M H Visser wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 5. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 5Besluit dat mnr J W Dreyer wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 6. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 6Besluit dat mnr F Robertson wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 7. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 7Besluit dat mnr J Malherbe wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 8. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 8Besluit dat mev J A Preller wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en haarself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 9. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 9Besluit dat mnr J J Durand wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 10. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 10Besluit dat mnr G T Ferreira wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 11. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 11Besluit dat mnr N P Mageza wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 12. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 12Besluit dat mnr P J Moleketi wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 13. VERKIESING VAN DIREKTEURGewone Besluit Nommer 13Besluit dat dr M A Ramphele wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en haarself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. Biografiese inligting van al die direkteure van die maatskappy verskyn op bladsy 8 en 9 van die jaarverslag. 14. ONTBONDELING VAN AANDELE IN TRANS HEX GROEP BEPERK (“Trans Hex”)Gewone Besluit Nommer 14Hierdie besluit moet saamgelees word met die ontbondelingsomsendbrief gedateer 26 Julie 2010 wat saam met die jaarverslag gepos is en wat deel daarvan vorm (“die ontbondelingsomsendbrief”). Besluit dat die maatskappy hiermee gemagtig word om 30 215 000 Trans Hex gewone aandele sonder pariwaarde, wat 28.49% van die totale uitgereikte aandelekapitaal van Trans Hex verteenwoordig (“Trans Hex-aandele“), aan die maatskappy se gewone aandeelhouers en “B“ gewone aandeelhouers (“aandeelhouers“) te ontbondel by wyse van 'n distribusie ingevolge artikel 90 van die Maatskappywet, No. 61 van 1973, soos gewysig (“Maatskappywet”), in die verhouding van 5.85 Trans Hex-aandele vir elke 100 Remgro gewone aandele of “B” gewone aandele deur aandeelhouers gehou op die ontbondelingsrekorddatum soos omskryf in die ontbondelingsomsendbrief (“die ontbondeling“). Die direkteure van die maatskappy het die effek van die ontbondeling oorweeg en bevestig dat daar geen redelike gronde is om te glo dat:
15. MAGTIGING VIR DIE TERUGKOOP VAN AANDELESpesiale Besluit Nommer 1Besluit dat die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word, by wyse van ’n hernieubare algemene magtiging, om die koop van sy eie gewone aandele deur die maatskappy, of om die koop van gewone aandele in die maatskappy deur enige filiaal van die maatskappy, goed te keur, met dien verstande dat:
Dit is die voorneme van die direksie om hierdie algemene magtiging te gebruik indien heersende omstandighede (insluitende die belastingbedeling en marktoestande) dit na hulle mening regverdig. Die direkteure van die maatskappy onderneem dat hulle nie enige sodanige terugkoop sal implementeer terwyl hierdie algemene magtiging geldig is nie, tensy:
Rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 1 Vir doeleindes van die oorweging van Spesiale Besluit Nommer 1, en ter voldoening aan paragraaf 11.26 van die noteringsvereistes, is die inligting hieronder aangedui in die jaarverslag, waarin hierdie kennisgewing van die algemene jaarvergadering vervat is, ingesluit op die plekke soos aangedui:
16. MAGTIGING VIR SLUITING VAN AFGELEIDE TRANSAKSIESSpesiale Besluit Nommer 2Besluit dat, onderhewig aan die aanvaarding van Spesiale Besluit Nommer 1, die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word, by wyse van ’n hernieubare algemene magtiging, om afgeleide transaksies aan te gaan wat daartoe mag of sal lei dat die maatskappy sy eie aandele koop, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet en die noteringsvereistes (in besonder die beperkinge vervat in paragraaf 5.84(a) van die noteringsvereistes). Rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 2 En om enige ander besigheid te verrig wat op ’n algemene jaarvergadering verrig mag word. Lede wat nog nie hul aandele gedematerialiseer het nie, of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul “eie naam” geregistreer het, is geregtig om die vergadering by te woon, te stem en het die reg om ’n gevolmagtigde of gevolmagtigdes te benoem (vir welke doeleindes ’n volmagvorm (groen) hierby aangeheg word) om die vergadering namens hulle by te woon, daarop te praat en te stem. So ’n gevolmagtigde hoef nie ’n lid van die maatskappy te wees nie. Volmagvorms moet ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretaris, Computershare Investor Services (Edms) Beperk, Marshallstraat 70, Johannesburg, 2001, Suid- Afrika, of kan gepos word aan die oordragsekretaris by Posbus 61051, Marshalltown, 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later as Maandag, 16 Augustus 2010, om 15:30 (Suid-Afrikaanse tyd) nie. Volmagvorms moet slegs deur lede voltooi word wat nie hul aandele gedematerialiseer het nie of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul “eie naam” geregistreer het. Elke lid van die maatskappy wat self teenwoordig is of deur ’n gevolmagtigde verteenwoordig word, sal slegs een stem hê in die geval waar stemming plaasvind by wyse van ’n opsteek van hande. By stemming per stembrief is elke lid geregtig op sodanige aantal stemme van die totale stemme in die maatskappy as wat die verhouding is waarin die totale bedrag van die nominale waarde van die aandele deur so ’n lid gehou in die maatskappy staan tot die totale bedrag van die nominale waarde van al die uitgereikte aandele van die maatskappy. Lede wat hulle aandele gedematerialiseer het en nie in “eie naam” geregistreer is as lede van die maatskappy nie, moet hulle Sentralesekuriteitebewaarplek-deelnemer (“CSDP”) of makelaar kontak op die wyse en binne die tyd bepaal in hulle ooreenkoms, om:
Ekwiteitsekuriteite wat deur ’n aandeletrust of -skema gehou word se stemme sal nie in berekening gebring word vir die doeleindes van besluite aangeneem ingevolge die noteringsvereistes nie. In opdrag van die raad van direkteure. M Lubbe Stellenbosch
|
|||||||||||||||||||||||||||
