Aantekeninge by die finansiële jaarstate

vir die jaar geëindig 31 maart 2010
« Aantekening 32 Aantekening 34 »

33.

KAPITAALBESTUUR

 

Die maatskappy bestuur sy aandeelhouersekwiteit, d.i. sy uitgereikte kapitaal (insluitende aandelepremie), reserwes en tesourie-aandele, as kapitaal. Die groep se doelwit met kapitaalbestuur is om sy vermoë te beskerm om as lopende saak voort te gaan ten einde ’n opbrengs aan sy aandeelhouers in die vorm van dividende en kapitaalgroei te lewer.

Ten einde die kapitaalstruktuur te onderhou of te verander mag die groep die bedrag van dividende betaal aan aandeelhouers aanpas, kapitaal aan sy aandeelhouers uitkeer, aandele uitreik of aandele vanaf aandeelhouers terugkoop. Vir die jaar onder oorsig is kontantdividende ten bedrae van R1 080 miljoen (2009: R902 miljoen) verklaar. Die groep het ook aandele ter waarde van R3 714 miljoen (2009: R666 miljoen teruggekoop) uitgereik.

Verwys na die state van veranderinge in ekwiteit vir verdere inligting rakende die groep se kapitaal.

 

Jaarverslag tuisblad   |   Laai PDFs af   |   Druk   |   Boekmerk   |   English