Volhoubaarheidsverslag

 

MIV/vigs-beleid

Uit ’n beleggingshouermaatskappy se perspektief bestaan die risiko verbonde aan MIV/vigs uit twee elemente, naamlik:

Groeprisiko
Gegewe die potensiële uitwerking van MIV/vigs op markte, menslike kapitaal, die koste van indiensneming en die bedryfsprosesse van ondernemings waarin belê is, word hierdie risiko bestuur binne die strukture van die onderskeie maatskappye waarin belê word.

Die vordering van hierdie beleid en strategieë word aan die hand van bestepraktyk-standaarde gemonitor.

Maatskappyrisiko
Remgro het ’n formele MIV/vigs-beleid en is verbind tot daadwerklike stappe om die pandemie, en die besigheidsrisiko’s daaraan verbonde, te bestuur. Die beleid maak onder andere vir die volgende voorsiening:
  • Dat alle wetlike verpligtinge met betrekking tot MI V/vigs nagekom word
  • Dat daar op geen wyse teen werknemers of potensiële werknemers gediskrimineer word op grond van hul MI V-status nie
  • Dat inligting oor die MI V-status van werknemers streng vertroulik gehanteer word
  • Dat algemene maatreëls ingestel en bestuur word om toevallige besmetting te voorkom

Die Remedi Mediese Hulpskema, waaraan die meeste Remgro-personeel behoort, beskik oor ’n bestuursplan vir MI V/vigs waaraan werknemers volgens hul keuse deelneem. Alle personeel van Remgro is in diens van Remgro Bestuursdienste (RMS), ’n gespesialiseerde diensmaatskappy.

Jaarverslag tuisblad   |   Laai PDFs af   |   Druk   |   Boekmerk   |   English