Verslag van die oudit-en-risikokomitee
aan die lede van remgro beperk
Die oudit-en-risikokomitee doen met genoeë verslag, ingevolge die vereistes van die Maatskappywet (Nr. 61 van 1973), soos gewysig (“Maatskappywet”). Die oudit-enrisikokomitee bestaan uit vier nie-uitvoerende direkteure wat onafhanklik optree, soos beskryf in afdeling 269A van die Maatskappywet. In die jaar onder oorsig is vier vergaderings gehou, wat deur al die komiteelede bygewoon is. By hierdie vergaderings het die lede hul funksies verrig soos deur die Maatskappywet voorgeskryf. ’n Lys met volle besonderhede van die funksies van die oudit-en-risikokomitee verskyn in die korporatiewe bestuursverslag. Die oudit-en-risikokomitee het homself vergewis dat die ouditeur onafhanklik van die maatskappy is en dus in staat is om hul funksies sonder enige invloed
vanaf die maatskappy te verrig.

Herman Wessels
Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee
Stellenbosch
21 Junie 2010
