Algemene verslag – Beleggingsoorsig
(Let wel: Slegs beperkte kommentaar word gelewer oor genoteerde maatskappye aangesien die inligting algemeen beskikbaar is. Die ongenoteerde beleggings word in meer besonderhede behandel.)MYNBELANGE
BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE |
||
| 2010 | 2009 | |
| R miljoen | R miljoen | |
| Implats | 85 | 346 |
| Trans Hex | 11 | (182) |
| 96 | 164 |
IMPLATS BEPERK – effektiewe belang: 4.4%
| MARKKAPITALISASIE OP 31 MAART 2010: R135 158 MILJOEN | |
![]() |
GENOTEER OP DIE JSE BEPERK |
| HOOFUITVOERENDE BEAMPTE: D H BROWN | |
| PROFIEL
Implats is ’n ten volle geïntegreerde mynbou- en metallurgiese organisasie, wat suiwer platinumgroep-metale internasionaal bemark en is een van die wêreld se grootste platinumherwinners. |
|
| WEBWERF: www.implats.co.za | |
Remgro se belang in Implats is 4.4% en slegs dividendinkomste word verantwoord. Dividendinkomste van R85 miljoen (2009: R346 miljoen) het jaar op jaar met 75% afgeneem.
| ANDER MYNBELANGE | |
KALAHARI ENERGY BEPERK BVI – effektiewe belang: 9.8% |
|
![]() |
PROFIEL
Kalahari Energy het lisensies vir steenkoollaagmetaanontginning in Botswana. |
| WEBWERF: www.kalaharigas.com | |
TRANS HEX GROeP BEPERK – effektiewe belang: 28.6%
| MARKKAPITALISASIE OP 31 MAART 2010: R372 MILJOEN | |
![]() |
GENOTEER OP DIE JSE BEPERK |
| HOOFUITVOERENDE BEAMPTE: L DELPORT | |
| PROFIEL
Eksplorasie vir, en myn en bemarking van, land- en mariene diamante. |
|
| REMGRO GENOMINEERDE DIREKTEURE
J W Dreyer, E de la H Hertzog, T van Wyk |
|
| WEBWERF: www.transhex.co.za | |



