Aantekeninge by die finansiële jaarstate
vir die jaar geëindig 31 maart 2010
| « Aantekening 30 | Aantekening 32 » |
31. |
BESIGHEDE VERKRY |
| Met ingang van 23 November 2009 het Remgro 100% van VenFin Beperk (VenFin), ’n beleggingshouermaatskappy met beleggings hoofsaaklik in die media- en tegnologiesektor, verkry. Ingevolge die transaksie het VenFin-aandeelhouers 1 Remgro-aandeel vir elke 6.25 VenFin-aandele ontvang en op 23 November 2009 het Remgro 41 626 619 aandele teen ’n prys van R89.25 per aandeel uitgereik. Behalwe vir VenFin se beleggings in geassosieerde maatskappye was die drawaardes van alle ander bates en laste gelyk aan hul billike waardes. Die koste van die verkryging is toegedeel aan die bates wat verkry is en die verpligtinge en voorwaardelike aanspreeklikhede wat aanvaar is, soos vereis word deur Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde (IFRS 3: Besigheidsamevoegings). Klandisiewaarde wat ontstaan het, is geallokeer na die onderskeie geassosieerde maatskappye en vorm deel van elke geassosieerde maatskappy se onderliggende aankoopprys. Sedert die verkryging is die resultate van VenFin wat by die gerapporteerde resultate van Remgro ingesluit is, nie wesentlik nie en het dit bestaan uit wesensverdienste van maatskappye waarin belê is ten bedrae van ongeveer R53 miljoen en na-belaste korporatiewe koste van ongeveer R16 miljoen. Dit is bereken dat VenFin se wesensverdienste vir die volle jaar ongeveer R117 miljoen sou wees deur die toepassing van die groep se rekeningkundige beleid en gebaseer op die aanname dat die verkryging effektief was op 1 April 2009. | |
| Met ingang van 3 Augustus 2009, het Tsb Sugar Holdings (Edms) Beperk, ’n volfiliaal van Remgro, die Pongola suikermeule vanaf Illovo Beperk verkry. Vir die agt maande sedert verkryging het die Pongola suikermeule R248 miljoen tot omset bygedra, terwyl ’n bedryfsverlies, voor rente en belasting, ten bedrae van R46 miljoen gerapporteer is. As die verkryging plaasgevind het op 1 April 2009, sou die Pongola suikermeule R471 miljoen tot omset bygedra het en ’n bedryfsverlies, voor rente en belasting, ten bedrae van R37 miljoen. | |
| Gedurende die afgelope twee jaar het filiaalmaatskappye in die groep ook verskeie ander klein besighede verkry. | |
| Die bates en laste voortspruitend uit die verkrygings hierbo was die volgende: | |
| VenFin Beperk R miljoen |
Pongola suikermeule R miljoen |
Ander R miljoen |
2010 Totaal R miljoen |
2009 Totaal R miljoen |
||
| Bates | ||||||
| Eiendom, aanleg en toerusting (verwys aantekening 2) | – | 167 | 31 | 198 | 7 | |
| Ontasbare bates (verwys aantekening 5) | – | – | 2 | 2 | – | |
| Beleggings – Geassosieerde maatskappye (verwys aantekening 6) | 2 986 | – | – | 2 986 | – | |
| – Gesamentlike ondernemings (verwys aantekening 7) | 9 | – | – | 9 | – | |
| – Ander (verwys aantekening 8) | 476 | – | – | 476 | – | |
| Lenings | 116 | – | – | 116 | – | |
| Uitgestelde belasting (refer note 11) | – | 1 | – | 1 | – | |
| Voorraad | – | 55 | 23 | 78 | – | |
| Debiteure en korttermynlenings | 106 | 75 | 13 | 194 | – | |
| Afgeleide instrumente | 55 | – | – | 55 | – | |
| Belasting | 9 | – | – | 9 | – | |
| Kontant en kontantekwivalente | 317 | – | 3 | 320 | – | |
| Laste | ||||||
| Langtermynlenings | (1) | – | (2) | (3) | – | |
| Uitgestelde belasting (verwys aantekening 11) | (6) | – | – | (6) | – | |
| Handels- en ander krediteure | (89) | (181) | (9) | (279) | – | |
| Oortrokke bankrekeninge | (242) | – | – | (242) | – | |
| Belasting | (1) | – | – | (1) | – | |
| Billike waarde van netto bates verkry | 3 735 | 117 | 61 | 3 913 | 7 | |
| Belegging voorheen gehou | – | – | (3) | (3) | – | |
| Klandisiewaarde (verwys aantekening 5) | – | 5 | – | 5 | 4 | |
| Totale aankoopprys | 3 735 | 122 | 58 | 3 915 | 11 | |
| Billike waarde van aandele uitgereik* | (3 714) | – | – | (3 714) | – | |
| Aankoopprys betaal in kontant | 21 | 122 | 58 | 201 | 11 | |
| Kontant en kontantekwivalente in filiaal verkry | (75) | – | (3) | (78) | – | |
| Kontant(invloei)/-uitvloei met verkryging | (54) | 122 | 55 | 123 | 11 |
* Die billike waarde van die aandele uitgereik is gebaseer op die gepubliseerde aandeelprys van 13 November 2009.
