Aantekeninge by die finansiële jaarstate
vir die jaar geëindig 31 maart 2010
| « Aantekening 35 | Aantekening 37 » |
36. |
WAARBORGE EN VOORWAARDELIKE AANSPREKLIKHEDE |
|
| 36.1 | Waarborge | |
| 2010 R miljoen |
2009 R miljoen |
|||
| Waarborg aan geassosieerde maatskappy* | – | 386 | ||
| Waarborge deur filiaalmaatskappye** | 144 | 1 | ||
| 144 | 387 | |||
| 36.2 | Voorwaardelike aanspreeklikhede | |||
| SARS-dispuut – SBM*** | 214 | – | ||
| Kontrakteler-waarborge**** | 31 | 48 | ||
| 245 | 48 |
| * | Unilever Plc en Unilever NV, hierna Unint, en Robertsons Holdings (Edms) Beperk (Robertsons), ’n volfiliaalmaatskappy van Remgro, verskaf ’n waarborg aan die houers van skuldinstrumente wat deur Unilever SA (Edms) Beperk (Unilever SA) uitgereik is. Die maatskappye is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik in geval van wanbetaling deur Unilever SA. Ingevolge sy skuldinstrumentprogram is Unilever SA gemagtig om skuldinstrumente ter waarde van tot R2.5 miljard uit te reik. Op 31 Maart 2010 was skuldinstrumente ter waarde van RNul (2009: R1.5 miljard) deur Unilever SA uitgereik. Unint het ’n kruis-waarborg aan Robertsons toegestaan ingevolge waarvan Robertsons se aanspreeklikheid tot 25.75% van die uitgereikte instrumente beperk word. Robertsons se maksimum blootstelling ingevolge hierdie reëling beloop R643.75 miljoen indien Unilever SA die program ten volle benut. | |||
| ** | Verskeie waarborge namens geassosieerde maatskappye aan finansiële instellings gegee. | |||
| *** | Regsgeding wat verband hou met VenFin Beperk (VenFin) insake ’n moontlike SBM-aanspreeklikheid waar tesourie-aandele gehou deur ’n filiaal verkoop is aan VenFin en gekanselleer is. | |||
| **** | Sekere filiaalmaatskappye het voorwaardelike aanspreeklikhede wat verband hou met sekere kontrakteler-ooreenkomste. Daar word nie voorsien dat enige wesentlike aanspreeklikhede hieruit sal voortspruit nie. | |||
