Algemene verslag – Beleggingsoorsig
(Let wel: Slegs beperkte kommentaar word gelewer oor genoteerde maatskappye aangesien die inligting algemeen beskikbaar is. Die ongenoteerde beleggings word in meer besonderhede behandel.)MEDIABELANGE
BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE |
||
| 2010 | 2009 | |
| R miljoen | R miljoen | |
| Sabido | 11 | – |
| MARC | 5 | – |
| One Digital Media | 1 | – |
| 17 | – |
SABIDO INVESTMENTS (EDMS) BEPERK– effektiewe belang: 31.6%
| EKWITEITSWAARDASIE OP 31 MAART 2010: R3 853 MILJOEN | |
![]() |
ONGENOTEER |
| HOOFUITVOERENDE BEAMPTE: M GOLDING | |
| PROFIEL
Sabido het ’n reeks mediabelange waarvan e.tv die belangrikste is. e.tv is die enigste onafhanklike gratiskyktelevisie- uitsaaier in Suid-Afrika. |
|
| REMGRO GENOMINEERDE DIREKTEURE
H J Carse, J Malherbe |
|
| WEBWERF: www.etv.co.za | |
Remgro het met ingang van 23 November 2009 ’n belang van 32% in Sabido Investments (Edms) Beperk (“Sabido”) bekom deur die verkryging van VenFin Beperk. Sabido het ‘n 31 Maart-jaareinde en Remgro het Sabido se verdienste vir drie maande tot Maart 2010 volgens die ekwiteitsmetode verantwoord. Sabido het ’n wins van R11 miljoen tot Remgro se wesensverdienste bygedra. Voor die amortisasie van ontasbare bates, was Sabido se wesensverdienstebydrae R13 miljoen. Die amortisasie van ontasbare bates is weens die toepassing van IFRS 3: Besigheidsamevoegings, waartydens ontasbare bates met die aankoop van Sabido geïdentifiseer is en nou oor die nuttige lewensduur daarvan geamortiseer word.
Sabido het ’n reeks mediabelange. Die belangrikste hiervan is e.tv, Suid-Afrika se enigste onafhanklike gratiskyk-televisie-uitsaaier, en sy nuusdienssusteruitsaaier, die eNews-kanaal.
e.tv het sy posisie gehandhaaf as die grootste Engelstalige televisiekanaal in Suid-Afrika en die tweede mees gekykte kanaal in die algemeen. e.tv se markaandeel van swart middelklas-kykers het verder gegroei. Die onlangse groei in betaaltelevisie- kykertalle weens goedkoper pakkette wat in die mark bekendgestel is, sal egter ’n uitwerking op e.tv se markaandeel onder hoër-middelinkomste swart kykers hê.
Programkoste het stabiel gebly. Televisiereklamebesteding het verder gegroei, hoewel teen ’n laer koers as die vorige jaar. e.tv is steeds aktief betrokke by beleidsformulering vir die inwerkingstelling van digitaal-terrestriale televisie (DTT ) in Suid-Afrika. Vertragings in die loodsing van DTT het egter ’n uitwerking op gehore vir terrestriale televisie omdat meer kykers hulle na betaaldienste wend ten einde toegang tot multikanaal-televisie te kry.
e.tv het in die loop van die afgelope jaar ’n Pan-Afrika-gesindikeerde diens, e.tv Africa, geloods. Dit is tans beskikbaar in twaalf Afrika-lande, insluitende Nigerië, Ghana, Kenia en Zimbabwe.
Die eNews-kanaal (wat deur e.sat.tv besit word) het sy posisie behou as markleier in Suid-Afrikaanse nuuskanale. Sy intekenarebasis is stewig en die kanaal het voordeel getrek uit die beduidende groei in betaaltelevisie-intekenare die afgelope jaar.
Sabido se visie is om e.tv se markposisie as hefboom te gebruik en ’n inhoud-en-distribusie-onderneming te bou met ’n Pan-Afrika-fokus.
MARC GROeP BEPERK– effektiewe belang: 33.7% (voorheen SAIL)
| EKWITEITSWAARDASIE OP 31 MAART 2010: R272 MILJOEN | |
![]() |
ONGENOTEER |
| HOOFUITVOERENDE BEAMPTE: S DE VILLIERS | |
| PROFIEL
MARC is ’n beleggingsmaatskappy in die sport- en vermaaklikheidsbedryf in Suid-Afrika. MARC het ook beleggings in sporthandelsname en spesialiseer in die skep, verkryging en kommersialisering van sport-handelsmerkregte. |
|
| REMGRO GENOMINEERDE DIREKTEURE
P J Liddiard, N J Williams |
|
| WEBWERF: www.sail.co.za | |
SAIL Group se handelsnaam het verander na MARC Group Beperk (“MARC”) ten einde die groep van maatskappye in die toekoms beter in die bedryf te posisioneer. MARC is ’n beleggingsmaatskappy in die sport- en vermaaklikheidsbedryf in Afrika. MARC bestaan uit drie bedryfsmaatskappye wat fokus op bemarking en regtekommersialisering binne die sport- en vermaaklikheidsbedryf, asook sekere strategiese gesamentlike ondernemings en beleggings in sporthandelsmerke.
Trinergy Brand Connectors, voorheen SAIL Sport and Entertainment, is ’n handelsmerkverbindingsagentskap wat deelnemende bemarking gebruik om werklike bande tussen handelsmerke en kliënte te bou. SAIL , bestaande uit die vorige bedryfsmaatskappye Navitute en CIRCA spesialiseer in die skepping, verkryging en kommersialisering van regte binne die bedryf. EXP Group, ’n geleentheidbemarkingsmaatskappy, het ‘n wye teenwoordigheid in Afrika en bedien kliëntebehoeftes in 19 Afrikalande vanuit 21 kantore oor die vasteland heen.
MARC se verskillende gesamentlike ondernemings (GO’s) en beleggings sluit onder andere ’n 50%-GO in die bestuur en gebruiksverhuring van die Groenpuntstadion in Kaapstad in, sowel as ’n 50%-GO wat die eksklusiewe regte in Afrika suid van die Sahara besit om korporatiewe gasvryheidsuites vir die 2010 FIFA Wêreldbeker-toernooi te verkoop, asook beleggings in drie Suid-Afrikaanse rugbyhandelsmerke, waarvan die Blou Bulle (50%) en die Westelike Provinsie (24.9%) die belangrikste is.
Op die kort termyn bied die 2010 FIFA Wêreldbekertoernooi geweldige stimulus aan die bedryf en MARC is goed geposisioneer om voordeel te trek uit die sakegeleenthede wat hulle in die aanloop tot die toernooi sal voordoen.
Op die medium termyn het MARC ’n hele reeks vooruitsigte in stadionbestuur, die ontwikkeling en bestuur van toekomstige geleenthede en ander bestuursaktiwiteite ontwikkel regoor Afrika.
Met die verkryging van VenFin het Remgro ook ’n rentedraende omskepbare voorkeuraandeel bekom wat Remgro se belang in MARC tot 49% op ’n ten volle verwaterde grondslag kan verhoog. Die reg op omskepping geld vanaf 1 Julie 2010.
Remgro het met ingang van 23 November 2009 ’n belang van 34% in MARC bekom deur die verkryging van VenFin Beperk. Aangesien MARC ‘n 31 Desember-jaareinde het, is geen verdienste ingesluit in Remgro se wesensverdienste ir die huidige finansiële jaar nie.
| ANDER MEDIABELANGE | |
ONE DIGITAL MEDIA (PTY) LIMITED – effektiewe belang: 49.1% |
|
![]() |
PROFIEL
ODM is ’n voorste digitalemedia-netwerkverskaffer aan handelsmerkeienaars en die kleinhandel en stel hulle in staat om dinamiese inhoud na veelvoudige omgewings of individuele LCD-skerms te versend. |
| WEBWERF: www.onedigitalmedia.com | |
PREMIER TEAM HOLDINGS BEPERK– effektiewe belang: 50% |
|
|
PROFIEL
Premier Team Holdings is ’n sport- en ontspanningsgroep wat in die Verenigde Koninkryk gesetel is. |
| WEBWERF: www.mbnpromotions.co.uk | |



