Volhoubaarheidsverslag
bbSeB – breë-basis swart ekonomiese bemagtiging
Die direksie glo dat BBSEB ’n sosiale, politieke en ekonomiese noodsaaklikheid is en die maatskappy se filiale en geassosieerde maatskappye se inisiatiewe in hierdie verband word ondersteun en aangemoedig. In die mate wat Remgro se filiale en geassosieerde maatskappye BBSEB implementeer, neem Remgro se aandeelhouers ook effektiewelik deel aan BBSEB en die uitwerking en sukses daarvan. Hoewel die ideaal is om alle persone te ondersteun om hul volle potensiaal te verwesenlik, is besondere fokus nodig op diegene wat weens historiese redes agterstande het. Die doel is om hulle toe te rus om op meriete in die mark te kan meeding. Ons sien uit na die dag wanneer alle Suid-Afrikaners, veral al ons kinders, op ’n nie-rassige en gelyke grondslag ten volle aan ons ekonomie kan deelneem.Remgro het ’n telling van 54.7% behaal in die FM Empowerdex 2010 “Top Bemagtigingsmaatskappye”. Die vertoning is beoordeel teenoor die generiese telkaart aangesien daar geen handves vir beleggingshouermaatskappye is nie. Remgro monitor deur direksieverteenwoordiging die BB SEB -vertoning van die maatskappye waarin hy belê.
