Aantekeninge by die finansiële jaarstate

vir die jaar geëindig 31 maart 2010
« Aantekening 36 Aantekening 38 »

37.

VERWANTE PARTY INLIGTING

  Filiale
Besonderhede van inkomste vanaf, en beleggings in, filiaalmaatskappye verskyn in aantekening 28 en in Bylaag A onderskeidelik.

Geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings
Besonderhede van beleggings in, en inkomste vanaf, geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings verskyn in aantekeninge 6, 7 en 29 onderskeidelik, asook in Annexures B en C.

Sleutelbestuurpersoneel
Slegs Remgro se direkteure en lede van die bestuursraad word as sleutelbestuurpersoneel beskou. Inligting oor direkteursvergoeding en hul aandeelhouding in die maatskappy verskyn in aantekeninge 25 en 26 en in die verslag van die raad van direkteure..

Aandeelhouers
Besonderhede van die hoofaandeelhouer verskyn in die verslag van die raad van direkteure. ’n Gedetailleerde ontleding van aandeelhouers verskyn hier.

Transaksies met verwante partye

    2010 
R miljoen 
2009 
R miljoen 
 

GEKONSOLIDEERD  

   
  Transaksies van Remgro Beperk en sy filiaalmaatskappye met:    
       
  Beherende aandeelhouer    
     Kontantdividende   69  146 
     Dividend in specie   –  4 128 
       
  Geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings      
     Rente ontvang   32  12 
     Dividende ontvang   1 222  1 528 
     Verkope   50  69 
     Administrasiefooie   17  16 
     Aankope   141  148 
       
  Sleutelbestuurpersoneel      
     Salarisse en ander voordele   27  23 
     Aandeleskema bonusse   –  20 
     Aftreevoordele  
     Aandeelgebaseerde betalings   20  13 
       
  Ander      
     Fooie ontvang van VenFin Beperk   11  19 
       
  Saldo’s verskuldig van/(aan) verwante partye:    
     Geassosieerde maatskappye   (19) (20)
     Geassosieerde maatskappye   413  473 
     Ander   57  – 
     Lenings aan direkteure   38 
        Saldo – 1 April   38  – 
        Lenings toegestaan gedurende die jaar   –  40 
        Rente gehef  
        Terugbetalings gemaak   (37) (3)
       
 

DIE MAATSKAPPY  

   
  Transaksies van Remgro Beperk met:      
       
  Beherende aandeelhouer      
     Kontantdividende   69  146 
     Dividend in specie   –  4 128 
       
  Filiaalmaatskappye      
     Dividende ontvang   5 624  59 469 
     Administrasiefooie ontvang   – 
       
  Saldo’s verskuldig deur verwante partye      
     Filiaalmaatskappye   4 815  179 

Geen sekuriteit is vir enige uitstaande saldo’s gegee nie. Daar is geen voorsienings vir oninbare skuld teen uitstaande saldo’s met verwante partye gemaak nie en geen oninbare skuld van verwante partye is gedurende die jaar afgeskryf nie. Lenings, wat verband hou met die aankoop van gewone aandele in Remgro wat voor 30 September 2004 toegeken is, maar nog nie teen 6 Augustus 2008 gevestig het nie, is aan deelnemers van die Remgro Aandeleskema gemaak.

 

Jaarverslag tuisblad   |   Laai PDFs af   |   Druk   |   Boekmerk   |   English