Aantekeninge by die finansiële jaarstate
vir die jaar geëindig 31 maart 2010
| « Aantekening 25 | Aantekening 27 » |
26. |
AANDEELGEBASERDE BETALINGS |
|
Die aandeelgebaseerde betalings wat in die finansiële state verantwoord word, het betrekking op die Remgro Aandeleskema en die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema, asook die Rainbow Aandeleskema en die Rainbow Aandelegroeiregskema.
Agtergrond tot die Remgro Aandeleskema en die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema
Die waardasies van beide aandeleskemas is gedoen met behulp van ’n aktuariële model. Hierdie model is deur ’n onafhanklike derde party ontwikkel uit die standaard binomiaal-opsie-waarderingsmodel ten einde die eiesoortige aard van die skemas, veral met verwysing na vroeë uitoefening, aan te spreek.
Die verwagte leeftye is beraam deur die toevallingspunte binne elke aanbod in ag te neem. Die risikovrye koers wat gebruik is, is beraam met verwysing na die inherente koers op ’n SA-nulkoersstaatseffek en deur gebruik te maak van die opbrengskurwe oor die verwagte kontrakleeftye van vyf, ses en sewe jaar vanaf aanboddatum.
Die aandeelpryswisselvalligheid van die gewone aandele in Remgro Beperk is bepaal met verwysing na die bewegings in die aandeelprys sedert 1 Oktober 2000, dit is die aanvang van Remgro se verhandeling op die JSE.
Die dividendopbrengs is bereken deur gebruik te maak van ’n tweejaar bewegende gemiddelde dividendopbrengs op elke aanboddatum.
| 26.1 | Remgro Aandeleskema (die “skema”) | |
| Aandeelgebaseerde betalings ten opsigte van die skema bestaan uit gewone aandele in Remgro Beperk aan deelnemers aangebied. Die aanbiedinge is geldig vir een jaar vanaf die datum van aanbod. Die skema is ’n uitgestelde aankoopskema en betaling geskied in drie gelyke jaarlikse paaiemente waarvan die eerste eers drie jaar na aanboddatum betaalbaar word. Deelnemers het geen regte tot lewering, stemming of gewone dividende op aandele voordat betaling geskied nie. Deelnemers kan kies om op ’n later datum te betaal met die gevolglike uitstel van regte. Betaling ten opsigte van aanbiedinge voor 26 November 2004 moet egter voor die verstryking van tien jaar geskied, terwyl aanbiedinge ná die datum voor die verstryking van sewe jaar moet geskied. Voortspruitend uit die BAT -ontbondeling is die skema vervang deur die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema. |
| 2010 R miljoen |
2009 R miljoen |
|||
| Aandeelgebaseerde betalingskoste ingesluit in die inkomstestaat (volgens IFRS 2) | 2 | 16 |
Alhoewel die groep ingevolge die oorgangsbepalings van IFRS gekies het om IFRS 2 slegs toe te pas op transaksies ná 7 November 2002 wat nog nie op 1 Januarie 2005 gevestig het nie, het die volgende inligting betrekking op alle aanbiedinge aan deelnemers van die skema.
Aantal en geweegde gemiddelde uitoefeningspryse van alle aanbiedinge van aandele aan deelnemers van die skema:
| 2010 | 2009 | |||||
| Aantal aandele |
Rand | Aantal aandele |
Rand | |||
| Oorgedra vanaf vorige finansiële jare | 415 525 | 123.68 | 3 411 923 | 78.01 | ||
| Diensverlatings en ander | – | – | (547 698) | 124.58 | ||
| Aandele betaal en gelewer | – | – | (2 448 700) | 59.84 | ||
| Totaal op 31 Maart | 415 525 | 123.68 | 415 525 | 123.68 | ||
| Uitoefenbaar aan die einde van die tydperk | 232 175 | 99.55 | 60 452 | 87.86 |
| Uitoefeningsprysreeks van alle aanbiedinge | ||||||||
| Aantal aandele uitstaande op jaareinde |
2010 Geweegde gemiddelde oorblywende kontrak- leeftyd in jare |
Geweegde gemiddelde uitoefenings- prys per aandeel (Rand)* |
Aantal aandele uitstaande op jaareinde |
2010 Geweegde gemiddelde oorblywende kontrak- leeftyd in jare |
Geweegde gemiddelde uitoefenings- prys per aandeel (Rand)* |
|||
| R80 – R100 | 174 614 | 1.67 | 87.86 | 174 614 | 2.67 | 87.86 | ||
| R120 – R140 | 172 681 | 3.24 | 135.00 | 172 681 | 4.24 | 135.00 | ||
| R180 – R200 | 68 230 | 4.22 | 186.70 | 68 230 | 5.22 | 186.70 |
Die volgende aannames is in die binomiaalmodel gebruik ten einde die aanbiedinge te waardeer:
| Gemiddelde verwagte uitoefeningstermyn (jare) | 5 – 7 | ||
| Pryswisselvalligheid (%) | 19.2 – 20.2 | ||
| Risikovrye koers (%) | 7.7 – 8.4 | ||
| Verwagte dividendopbrengs (%) | 2.5 – 2.6 |
Geen aanbiedinge is gedurende die huidige finansiële jaar ingevolge hierdie skema gemaak nie.
* Ingevolge die skema-reëls ontvang deelnemers ook alle spesiale dividende en opbrengste voortspruitend uit groepherstrukturerings wat na die aanboddatum geskied.
| 26.2 | Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema (die “SAR-skema”) | |
| Deelnemers van die SAR-skema word vergoed met aandele ter waarde van die groei in ’n toegekende aantal Remgro gewone aandele wat binne sewe jaar na die regte toegeken is, uitgeoefen moet word. Die vroegste intervalle waarbinne aandelegroeiregte (SARs) uitgeoefen kan word, is soos volg:
|
| 2010 R miljoen |
2009 R miljoen |
|||
| Aandeelgebaseerde betalingskoste ingesluit in die inkomstestaat (volgens IFRS 2) | 33 | 13 | ||
| Billike waarde van opsies toegeken gedurende die jaar | 13 | 63 |
Aantal en geweegde gemiddelde uitoefeningspryse van alle SARs aangebied aan deelnemers van die SAR-skema:
| 2010 | 2009 | |||||
| Aantal SARs |
Rand | Aantal SARs |
Rand | |||
| Oorgedra vanaf vorige finansiële jare | 3 634 754 | 73.24 | – | – | ||
| Aangebied gedurende huidige finansiële jaar | 145 785 | 75.72 | 3 641 533 | 73.24 | ||
| SARs uitgereik as gevolg van die VenFin-transaksie* | 2 010 335 | 43.93 | – | – | ||
| Verbeur gedurende die jaar | (8 713) | 75.77 | (6 779) | 73.21 | ||
| Uitgeoefen gedurende die tydperk | (215 655) | 56.40 | – | – | ||
| Uitstaande aan die einde van die tydperk | 5 566 506 | 65.35 | 3 634 754 | 73.24 | ||
| Uitoefenbaar aan die einde van die tydperk | 2 053 903 | 63.93 | 295 159 | 72.00 |
| * Nadat die verkryging van VenFin Beperk deur die groep gedurende November 2009 onvoorwaardelik geword het, het deelnemers van die VenFin Aandelegroeireg-skema (die VenFin SAR-skema) die geleentheid gekry om by die SAR-skema aan te sluit op ’n basis van gelyke waarde, terme, voorwaardes en vestigingdatums wat ingevolge die VenFin SAR-skema van toepassing was. Elke VenFin SAR-skemadeelnemer het gevolglik 1 Remgro SAR vir elke 6.25 onuitgeoefende en/of ongevestigde VenFin SAR ontvang. |
| Uitoefeningsprys van alle opsies: | 2010 | 2009 | ||||
| Aantal SARs uitstaande op jaareinde |
Geweegde gemiddelde oorblywende kontrak leeftyd in jare |
Aantal SARs uitstaande op jaareinde |
Geweegde gemiddelde oorblywende kontrak leeftyd in jare |
|||
| R30.00 – R39.99 | 949 709 | 2.22 | – | – | ||
| R40.00 – R49.99 | 368 247 | 2.23 | – | – | ||
| R50.00 – R59.99 | 3 640 | 2.29 | – | – | ||
| R60.00 – R69.99 | 26 131 | 5.92 | – | – | ||
| R70.00 – R79.99 | 3 609 240 | 4.64 | 3 634 754 | 5.52 | ||
| R80.00 – R89.99 | 530 592 | 5.41 | – | – | ||
| R90.00 – R99.99 | 78 947 | 3.90 | – | – | ||
| Die volgende aannames is in die binomiaalmodel gebruik ten einde die aanbiedinge te waardeer: | ||||||
| 2010 | 2009 | |||||
| Geweegde gemiddelde Remgro-aandeelprys vir die jaar na die BAT -ontbondeling (R) | 84.11 | 70.37 | ||||
| Uitoefeningsprys (R) | 39.19 – 97.19 | 72.00 – 74.00 | ||||
| Gemiddelde verwagte uitoefeningstermyn (jare) | 4 – 5 | 3 – 6 | ||||
| Pryswisselvalligheid (%) | 22.21 – 22.36 | 20.78 – 22.36 | ||||
| Risikovrye koers (%) | 7.32 – 8.46 | 8.13 – 8.76 | ||||
| Verwagte dividendopbrengs (%) | 2.37 – 2.41 | 2.37 | ||||
| 26.3 | Huidige status – aanbiedinge aan direkteure | |
| Remgro Aandeleskema | ||
| – gewone aandele |
| Deelnemer | Balans van aandele aanvaar op 31 Maart 2009 |
Aandele aanvaar gedurende die jaar |
Datum van aandele aanvaar |
Aanbod- prys (Rand) |
Aantal aandele betaal en gelewer |
Datum van aandele betaal en gelewer |
Aandeelprys op datum van betaling en lewering van aandele (Rand) |
Waarde toename(1) (R’000) |
Balans van aandele aanvaar op 31 Maart 2010 |
||
| Uitvoerend | |||||||||||
| M H Visser | 174 614 | 87.86 | 174 614 | ||||||||
| 172 681 | 135.00 | 172 681 | |||||||||
| 68 230 | 186.70 | 68 230 | |||||||||
| Totaal | 415 525 | – | – | – | 415 525 |
(1) Dit verwys na die toename in die waarde van skema-aandele vir die betrokke deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van betaling en lewering daarvan.
| Deelnemer | Balans van aandele aanvaar op 31 Maart 2008 |
Aandele aanvaar gedurende die jaar |
Datum van aandele aanvaar |
Aanbod- prys (Rand) |
Aantal aandele betaal en gelewer |
Datum van aandele betaal en gelewer |
Aandeelprys op datum van betaling en lewering van aandele (Rand) |
Waarde toename(1) (R’000) |
Aandele verbeur op 27/10/08(2) |
Balans van aandele aanvaar op 31 Maart 2009 |
||
| Uitvoerend | ||||||||||||
| W E Bührmann | 97 872 | 87.86 | 32 624 | 13/10/08 | 167.00 | 2 582 | 65 248 | – | ||||
| 7 303 | 135.00 | 7 303 | – | |||||||||
| 38 645 | 186.70 | 38 645 | – | |||||||||
| D M Falck(3) | 458 716 | 43.60 | 458 716 | 08/08/08 | 194.22 | 69 092 | – | |||||
| 104 917 | 63.00 | 104 917 | 08/08/08 | 194.22 | 13 767 | – | ||||||
| 30 050 | 87.86 | 30 050 | 13/10/08 | 167.00 | 2 378 | – | ||||||
| 92 988 | 135.00 | 92 988 | 13/10/08 | 167.00 | 2 976 | – | ||||||
| 18 146 | 186.70 | 18 146 | 13/10/08 | 167.00 | (357) | – | ||||||
| J A Preller | 24 466 | 43.60 | 24 466 | 13/10/08 | 167.00 | 3 019 | – | |||||
| 34 572 | 87.86 | 11 524 | 13/10/08 | 167.00 | 912 | 23 048 | – | |||||
| 30 167 | 135.00 | 30 167 | – | |||||||||
| 2 319 | 186.70 | 2 319 | – | |||||||||
| M H Visser | 278 979 | 63.00 | 278 979 | 13/10/08 | 167.00 | 29 014 | – | |||||
| 342 488 | 87.86 | 114 164 | 13/10/08 | 167.00 | 9 035 | 53 710 | 174 614 | |||||
| 172 681 | 135.00 | 172 681 | ||||||||||
| 68 230 | 186.70 | 68 230 | ||||||||||
| T van Wyk | 42 161 | 87.86 | 14 055 | 13/10/08 | 167.00 | 1 112 | 28 106 | – | ||||
| 41 598 | 135.00 | 41 598 | – | |||||||||
| 3 029 | 186.70 | 3 029 | – | |||||||||
| Subtotaal | 1 889 327 | – | 1 180 629 | 133 530 | 293 173 | 415 525 | ||||||
| Nie-uitvoerend | ||||||||||||
| P E Beyers | 191 130 | 43.60 | 191 130 | 13/10/08 | 167.00 | 23 585 | – | |||||
| J W Dreyer | 191 130 | 43.60 | 191 130 | 13/10/08 | 167.00 | 23 585 | – | |||||
| J P Rupert | 414 938 | 48.20 | 414 938 | 23/09/08 | 183.00 | 55 934 | – | |||||
| Subtotaal | 797 198 | – | 797 198 | 103 104 | – | – | ||||||
| Totaal | 2 686 525 | – | 1 977 827 | 236 634 | 293 173 | 415 525 |
(1) Dit verwys na die toename in die waarde van skema-aandele vir die betrokke deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van betaling en lewering daarvan.
(2) In die plek van die aandele wat verbeur is, is direkteure ’n kontantbonus betaal. Verwys na aantekening 25.
(3) Mnr D M Falck het op 18 Junie 2008 as ’n direkteur afgetree.
Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema
– Aandelegroeiregte (SARs)
| Deelnemer | Balans van SARs aanvaar op 31 Maart 2009 |
SARs aanvaar gedurende die jaar |
Aanbod- datum |
Aanbod- prys (Rand) |
Aantal SARs uitgeoefen |
Datum van SARs uitgeoefen |
Aandeelprys op datum van uitoefening |
Waarde toename(1) (R’000) |
Balans van SARs aanvaar op 31 Maart 2010 |
||
| Uitvoerend | |||||||||||
| W E Bührmann | 283 148 | 72.00 | 283 148 | ||||||||
| 124 771 | 74.00 | 124 771 | |||||||||
| L Crouse | 418 108 | 74.00 | 418 108 | ||||||||
| J J Durand | 427 047 | 23/11/09 | 39.19 | 427 047 | |||||||
| 162 354 | 23/11/09 | 87.50 | 162 354 | ||||||||
| 22 717 | 23/11/09 | 83.94 | 22 717 | ||||||||
| 12 662 | 23/11/09 | 90.81 | 12 662 | ||||||||
| J A Preller | 141 411 | 72.00 | 141 411 | ||||||||
| 48 788 | 74.00 | 48 788 | |||||||||
| T van Wyk | 185 207 | 72.00 | 185 207 | ||||||||
| 87 829 | 74.00 | 87 829 | |||||||||
| M H Visser | 136 767 | 72.00 | 136 767 | ||||||||
| 542 424 | 74.00 | 542 424 | |||||||||
| J W Dreyer | 270 270 | 74.00 | 270 270 | ||||||||
| Subtotaal | 2 238 723 | 624 780 | – | – | 2 863 503 | ||||||
| Nie-uitvoerend | |||||||||||
| J Malherbe(2) | 195 730 | 23/11/09 | 39.19 | 195 730 | |||||||
| 75 761 | 23/11/09 | 87.50 | 75 761 | ||||||||
| 20 847 | 23/11/09 | 83.94 | 20 847 | ||||||||
| 5 807 | 23/11/09 | 90.81 | 5 807 | ||||||||
| Subtotaal | – | 298 145 | – | – | 298 145 | ||||||
| Totaal | 2 238 723 | 922 925 | – | – | 3 161 648 | ||||||
| Deelnemer | Balans van SARs aanvaar op 31 Maart 2008 |
SARs aanvaar gedurende die jaar |
Aanbod- datum |
Aanbod- prys (Rand) |
Aantal SARs uitgeoefen |
Datum van SARs uitgeoefen |
Aandeelprys op datum van uitoefening |
Waarde toename(1) (R’000) |
Balans van SARs aanvaar op 31 Maart 2009 |
||
| Uitvoerend | |||||||||||
| W E Bührmann | 283 148 | 04/11/08 | 72.00 | 283 148 | |||||||
| 124 771 | 27/11/08 | 74.00 | 124 771 | ||||||||
| L Crouse | 418 108 | 27/11/08 | 74.00 | 418 108 | |||||||
| J A Preller | 141 411 | 04/11/08 | 72.00 | 141 411 | |||||||
| 48 788 | 27/11/08 | 74.00 | 48 788 | ||||||||
| T van Wyk | 185 207 | 04/11/08 | 72.00 | 185 207 | |||||||
| 87 829 | 27/11/08 | 74.00 | 87 829 | ||||||||
| M H Visser | 136 767 | 04/11/08 | 72.00 | 136 767 | |||||||
| 542 424 | 27/11/08 | 74.00 | 542 424 | ||||||||
| J W Dreyer | 270 270 | 27/11/08 | 74.00 | 270 270 | |||||||
| Totaal | – | 2 238 723 | – | – | 2 238 723 |
(1) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met betaling en lewering daarvan.
(2) Na die verkryging van VenFin is SARs aan mnr J Malherbe toegeken ten einde hom te vergoed vir die kansellasie van die VenFin Aandelegroeireg-skema.
| 26.4 | Rainbow Aandeleskemas | |
| Rainbow het ’n ekwiteitskikkende aandeleskema asook ’n aandelegroeireg-skema vir sekere werknemers ingevolge waarvan aandeelopsies aangebied uitoefenbaar is in drie gelyke paaiemente op twee, drie en vier jaar (vir die aandeleskema) en drie, vier en vyf jaar (vir die aandelegroeireg-skema) na die aanbod-datum. Onderhewig aan die diskresie van die Rainbow Aandeleaansporingstrust se trustees, verval opsies wat nog nie by diensbeëindiging uitgeoefen is nie. ’n Koste van R19 miljoen (2009: R20 miljoen) met betrekking tot hierdie skemas, is in die inkomstestaat erken. |
