<% myURL = request.servervariables("URL") %>

AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATE

VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 MAART 2007

       
« Aanwysing 28 Aanwysing 30 »
       
29.  FINANSIËLE INSTRUMENTE    
 

29.1 Finansiële instrumente en risikobestuur
’n Verskeidenheid finansiële risiko’s beïnvloed die finansiële state: Markrisiko (insluitende prys- en buitelandse valutarisiko), kredietrisiko, likiditeitsrisiko en rentekoersrisiko. Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye se risikobestuursprogramme, waarvan sleutelaspekte hieronder uiteengesit is, erken die onvoorspelbaarheid van finansiële markte en is daarop gemik om enige negatiewe uitwerking daarvan tot ’n minimum te beperk. Afgeleide instrumente word gebruik om teen sekere finansiële risikoblootstellings te verskans.

Finansiële instrumente op die balansstaat sluit beleggings, lenings ontvangbaar, debiteure, kontant, krediteure, langtermynverpligtinge en afgeleide instrumente in. Besonderhede van die aard, omvang en terme van hierdie instrumente is uiteengesit in die aantekeninge tot die betrokke items. Tersaaklike finansiële risiko’s en risikobeperkingsprogramme, word soos volg opgesom:

Markrisiko
Prysrisiko
Blootstelling aan aandeelprysrisiko spruit uit beleggings in genoteerde en ongenoteerde aandele. “Beleggings beskikbaar vir verkoop” bestaan hoofsaaklik uit die belegging in Impala Platinum Holdings Beperk wat teen markwaarde ingesluit is by “Beleggings – Ander” op die balansstaat. Die uitvoerende komitee monitor op ’n deurlopende grondslag die stand van al die beleggings en maak aanbevelings aan die direksie in dié verband.

Bedryfsfiliaalmaatskappye in die suiker-, aluminium- en die hoenderbedryf is blootgestel aan prysrisiko as gevolg van wisselings in kommoditeitspryse van sekere sleutel grondstowwe. Hierdie risiko’s word beperk deur gebruik te maak van voorkeurverskaffersooreenkomste en kommoditeitsopsie- en termynverskansingskontrakte.

Buitelandse valutarisiko
Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye is internasionaal bedrywig en word blootgestel aan valutarisiko as gevolg van kommersiële transaksies wat gedenomineer is in buitelandse valuta. Hierdie risiko’s word beperk deur gebruik te maak van buitelandse valutakontrakte waar nodig geag.

Beleggings in buitelandse bedrywighede se netto bates is blootgestel aan buitelandse valuta omskakelingsrisiko. Die vernaamste hiervan is die belegging in Remgro Investments Limited, Jersey, wat die belang in R&R besit. Op jaareinde het R&R se drawaarde £1 188 miljoen
(2006: £1 159 miljoen) beloop en was kontant ten bedrae van £219 miljoen (2006: £162 miljoen) in die buiteland belê.

Kredietrisiko
Op jaareinde was daar nie enige beduidende “Lenings ontvangbaar” uitstaande nie. Daar is ook nie enige beduidende konsentrasie van kredietrisiko met betrekking tot debiteure nie as gevolg van die verspreiding daarvan oor ’n wye geografiese gebied. Beleid en prosedures is in plek om te verseker dat verkope slegs aan klante met ’n aanvaarbare kredietgeskiedenis geskied.

Afgeleide instrument- en kontanttransaksies word beperk tot finansiële instellings met goeie kredietgradering. Die tesouriekomitee keur hierdie instellings en bepaal ook die limiete vir kredietblootstelling aan ’n enkele entiteit.

Likiditeitsrisiko
Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye beskik oor beduidende kontantsaldo’s en minimum langtermynskuld wat sy likiditeitsrisiko beperk. Nietemin word verseker dat voldoende kredietfasiliteite beskikbaar is om buigsaamheid te behou in die befondsing van transaksies.

Rentekoersrisiko
Weens beduidende bedrae in kontantbeleggings, word inkomste beïnvloed deur skommelings in markrentekoerse. Die profiel van kontant en kontantekwivalente word in aantekening 11 uiteengesit.

Die maatskappy en sy filiaalmaatskappye is ook blootgestel aan rentekoersrisiko as gevolg van sy langtermynverpligtinge. Die rentekoersprofiel van die verpligtinge word in aantekening 15 uiteengesit.

   
  29.2 Die volgende wesentlike afgeleide instrumente het bestaan op 31 Maart:
    2007  2006 
  Valuta-  Vooruit-  Billike  Valuta-  Vooruit-  Billike 
  waarde  waarde  waarde  waarde  waarde  waarde 
Bates miljoen  R miljoen  R miljoen  miljoen  R miljoen  R miljoen 
Buitelandse valutakontrakte            
Koop: VSA-dollar (USD) 1.3  8.7  2.6  12.0  74.2  1.6 
Verkoop: VSA-dollar (USD) 20.5  154.4  3.1  7.3  46.9  1.2 
      5.7      2.8 
             
Ander afgeleide instrumente            
Suikertermynkontrakte     9.7      24.7 
Mielie-opsiekontrakte     0.3      1.6 
Mielietermynkontrakte     –      16.6 
      10.0      42.9 
             
      15.7      45.7 
             
Laste            
Buitelandse valutakontrakte            
Koop: Britse pond (GBP) –  –  –  0.8  8.7  0.3 
            VSA-dollar (USD) –  –  –  1.7  10.6  0.3 
           Ander  0.1  0.8  –  9.2  3.8  0.2 
Verkoop: VSA-dollar (USD) 3.7  27.7  0.4  12.3  75.5  1.1 
      0.4      1.9 
             
Ander afgeleide instrumente            
Suikertermynkontrakte     9.3      26.6 
Mielie-opsiekontrakte     16.9      – 
      26.2      26.6 
             
      26.6      28.5 
             

29.3 Billike waarde
Op 31 Maart 2007 en 2006 benader die billike waarde van die finansiële instrumente hul drawaarde.

Die volgende metodes en aannames word gebruik om die billike waarde van elke kategorie van finansiële instrumente te bepaal:

Finansiële instrumente beskikbaar vir verkoop: Billike waarde is gebaseer op beskikbare markinligting of, in die geval van ongenoteerde instrumente, toepaslike waardasiemetodologieë.

Kontant en kontantekwivalente, debiteure, krediteure en korttermynlenings: Weens die verwagte korttermyn vervaldatum van hierdie finansiële instrumente benader die drabedrag hul billike waarde.

Lenings: Die billike waarde van langtermynlenings is gebaseer op verdiskonteerde kontantvloeie deur van die effektiewe rentekoersmetode gebruik te maak. Aangesien die rentekoerse van langtermynlenings almal markverwant is, benader hul drabedrag billike waarde.

Afgeleide instrumente: Die billike waarde van afgeleide instrumente word bepaal met verwysing na die mark waarin daar met dié instrumente handel gedryf word.