VOLHOUBAARHEIDSVERSLAG
Aangesien Remgro ’n beleggingshouermaatskappy is, word openbaarmaking ten opsigte van volhoubaarheid beperk tot die maatskappy self en sy volfiliale, insluitende Wispeco en Tsb Sugar. Sosiale en volhoubaarheidsverslaggewing deur genoteerde entiteite waarin beleggings gehou word, verskyn in die jaarverslae van daardie ondernemings.
Die belangrikste aspekte om te rapporteer, is soos volg:
VERHOUDINGE MET BELANGHEBBENDES
Die volgende word as belanghebbendes van die maatskappy erken:
- Aandeelhouers en leners as verskaffers van kapitaal
- Die staat as beleidmaker en reguleerder
- Die beleggingspubliek as ’n belangegroep
- Die gemeenskap, vanweë die skep van werkgeleenthede, as gedeeltelike begunstigde van die belasting wat winsgewende organisasies betaal en as ontvanger van sosiale bydraes
Die direksie hersien gereeld sy strategieë, met inagneming van die behoeftes van belanghebbendes, om ewewigtige langtermyngroei, en die lewensvatbaarheid van die maatskappy en die omgewing waarin hy funksioneer, te verseker.