% myURL = request.servervariables("URL") %>
Die finansiële jaarstate word volgens die historiese kostegrondslag, tensy anders vermeld, ooreenkomstig Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde (IFRS), die vereistes van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet, Wet 61 van 1973, soos gewysig, en die noteringsvereistes van die JSE Beperk opgestel.
Hierdie finansiële state inkorporeer rekeningkundige beleid wat konsekwent in beide jare wat aangebied word, toegepas is. Gedurende die jaar onder oorsig het verskeie nuwe rekeningkundige standpunte, interpretasies en wysigings aan IFRS in werking getree. Die implementering van hierdie nuwe rekeningkundige standpunte, interpretasies en wysigings aan IFRS het geen uitwerking op die resultate van die huidige of vorige jare gehad nie.
Die voorbereiding van die finansiële state noodsaak die gebruik van ramings, aannames en oordeel wat die gerapporteerde bedrae in die balansstaat en inkomstestaat beïnvloed. Hoewel ramings op bestuur se beste kennis en oordeel van bestaande feite op balansstaatdatum gebaseer is, kan die werklike resultate van hierdie ramings verskil.
Die mees beduidende oordeel uitgeoefen hou verband met die klassifikasie van beleggings as geassosieerde maatskappye pleks van beleggings beskikbaar vir verkoop. Daar is sekere beleggings waaroor, na die mening van Remgro, ’n beduidende invloed uitgeoefen word, hoewel Remgro ’n belang van minder as 20% in hierdie maatskappye het. Aangesien Remgro egter direksieverteenwoordiging het en een van die grootste aandeelhouers in hierdie maatskappye is, het hy beduidende invloed in hulle finansiële en bedryfsbeleid en word daardie beleggings volgens die ekwiteitsmetode as geassosieerde maatskappye verantwoord. Die billike waarde van geassosieerde maatskappye word in aantekening 6 by die finansiële jaarstate uiteengesit.
Ander minder beduidende ramings en aannames hou verband met die bepaling van die nuttige lewensduur van bates, waardedaling van klandisiewaarde, die waardasie van ongenoteerde beleggings en die aannames wat gebruik is in die berekening van die verpligtinge wat verband hou met aftreevoordele en aandeelgebaseerde betalings, sowel as die belastingkoerse waarteen uitgestelde belasting op die billike waarde aanpassings van beleggings voorsien word. Besonderhede van hierdie ramings en aannames word in die toepaslike aantekeninge by die finansiële jaarstate uiteengesit.
Die rekeningkundige beleid wat die groep toegepas het in die aanbieding van die finansiële state, word hieronder uiteengesit.
(i) |
Konsolidasie, eweredige konsolidasie en ekwiteitsverantwoordingKonsolidasie – filiaalmaatskappyeAlle entiteite waarin die groep, direk of indirek, ’n belang van meer as die helfte van die stemreg hou of andersins oor die vermoë beskik om beheer oor die bedrywighede uit te oefen, word op die gebruiklike wyse in die gekonsolideerde finansiële state ingesluit. Die bestaan en uitwerking van potensiële stemregte wat tans uitoefenbaar of omskepbaar is, word in ag geneem by die oorweging of die groep ’n ander entiteit beheer. Die aankoopmetode word toegepas om die verkryging van filiale te verantwoord. Identifiseerbare bates verkry en laste en voorwaardelike verpligtinge aangeneem in ’n besigheidskombinasie word, ongeag die omvang van minderheidsbelange, aanvanklik teen billike waarde op die verkrygingsdatum gemeet. Die oorskot van die koste van die verkryging bo die billike waarde van die groep se deel van die identifiseerbare netto bates verkry, word as klandisiewaarde verantwoord. Indien die koste van die verkryging minder is as die billike waarde van die netto bates van die filiaal verkry, word die verskil direk in die inkomstestaat verantwoord. Die koste van ’n verkryging word gemeet teen die billike waarde van bates gegee, ekwiteitsinstrumente uitgereik en verpligtinge aangegaan of aanvaar op die datum van oordrag, plus koste direk toeskryfbaar aan die verkryging. Die resultate van filiaalmaatskappye gekoop of verkoop gedurende die jaar is ingesluit by die gekonsolideerde inkomstestaat vanaf of tot die datum waarop effektiewe beheer verkry is of staak. Intergroeptransaksies, -balanse en ongerealiseerde winste word met konsolidasie uitgeskakel. Ongerealiseerde verliese word ook uitgeskakel tensy die transaksie dui op die waardedaling van die bate wat oorgedra is. Die rekeningkundige beleid van die filiale stem ooreen met dié wat deur die groep aangeneem is. Rekeningkundige beleid van verskeie nywerhede is in lyn gebring tot dié mate dat dit wesentlik en toepaslik vir die spesifieke nywerheid is. Spesialedoel-entiteite word gekonsolideer wanneer die wese van die verhouding tussen die groep en die spesialedoelentiteit toon dat die groep effektief die entiteit beheer. Konsolidasie – Die Remgro Aandeletrust Eweredige konsolidasie – gesamentlike ondernemings Ekwiteitsverantwoording – geassosieerde maatskappye Die verwaterings- en teenverwateringsuitwerking van ekwiteitstransaksies deur geassosieerde maatskappye waarby Remgro nie ’n party is nie, word direk teen reserwes verantwoord. Sekere geassosieerde maatskappye se jaareindes stem nie ooreen met dié van die maatskappy nie. In sulke gevalle word die resultate van genoteerde en sekere ongenoteerde maatskappye vanaf die jongste gepubliseerde inligting en bestuurstate op jaareinde onderskeidelik, verantwoord. Waar nodig is die rekeningkundige beleid van geassosieerde maatskappye verander ten einde dit in lyn te bring met dié van Remgro en sy filiale tot dié mate dat dit wesentlik en toepaslik is vir die spesifieke nywerheid waarin die geassosieerde bedryf word. Afsonderlike finansiële state |
|
(ii) |
Eiendom, aanleg en toerusting en waardeverminderingGrond en geboue, masjinerie, toerusting, kantoortoerusting en voertuie – word teen historiese kosprys minus opgehoopte waardevermindering getoon. Daaropvolgende koste word ingesluit by die drawaarde van die bate of as ’n afsonderlike bate erken, waar van toepassing, slegs wanneer dit waarskynlik is dat toekomstige ekonomiese voordele wat met die item verband hou na die groep sal vloei en die koste daarvan betroubaar gemeet kan word. Alle ander herstelwerk en onderhoud word in die inkomstestaat verantwoord in die tydperk wanneer die koste aangegaan is.Waardevermindering op geboue, masjinerie, toerusting, kantoortoerusting en voertuie word op die reguitlynmetode oor hul verwagte nuttige lewensduur voorsien teen koerse wat die koste daarvan afskryf na ’n geskatte reswaarde. Die geskatte reswaardes en verwagte nuttige lewensduur van bates word jaarliks op balansstaatdatum hersien en aangepas indien nodig. Geen waardevermindering word op grond voorsien nie. Huurbates – Bates wat ingevolge ’n finansieringsbruikhuurooreenkoms gehuur word, d.i. waar die groep effektief al die risiko en voordele verbonde aan eiendomsreg verkry, word met ingang van die ooreenkoms teen die laagste van die billike waarde van die gehuurde bate of die huidige waarde van die minimum bruikhuurbetalings gekapitaliseer. Gehuurde bates word afgeskryf oor die kortste van die huurtermyn of die tydperk waaroor die betrokke batekategorie andersins afgeskryf word. Die ooreenstemmende huurverpligting, netto van finansieringskoste, word in nie-bedryfslaste ingesluit. Elke huurbetaling word geallokeer tussen die las en finansieringskoste ten einde ’n konstante koers op die uitstaande finansieringsbalans te verkry. Finansieringskoste word oor die huurtermyn in die inkomstestaat verantwoord deur van die effektiewe rentekoersmetode gebruik te maak. Die huur van bates ingevolge waarvan alle risiko’s en voordele verbonde aan eiendomsreg effektief deur die verhuurder behou word, word as bedryfshure geklassifiseer. Betalings ten opsigte van bedryfshure word op die reguitlynmetode oor die huurtermyn teen inkomste verreken. Voorproduksiekoste en rente – Voorproduksiekoste en rente direk toeskryfbaar aan die verkryging, konstruksie of produksie van kwalifiserende bates, d.i. bates wat noodwendig ’n aansienlike tyd neem om gereed te maak vir hul voorgenome gebruik of verkoop, word gekapitaliseer as deel van die koste van die bate totdat die bate wesentlik gereed is vir sy voorgenome gebruik of verkoop. Beleggingsinkomste verdien op tydelike beleggings van spesifieke lenings in afwagting van hul spandering op kwalifiserende bates, word van gekapitaliseerde finansieringskoste afgetrek. |
|
(iii) |
Biologiese landboubatesDie billike waarde van die biologiese landboubates word op die volgende wyse in berekening gebring:Suikerriet – Wortels word volgens huidige vestigings- en vervangingskoste gewaardeer en die waarde word proporsioneel verminder oor die verwagte lewensduur van die wortels. Staande suikerriet word gewaardeer volgens die beste beraamde verhaalbare waarde, minus oes-, vervoer- en landbouheffings, sowel as ander weegbrugkostes. Sitrus – Boorde word gewaardeer volgens huidige vestigings- en vervangingskoste, aangepas vir volwassenheidsvlakke, en die waarde word proporsioneel verminder oor die verwagte lewensduur van die boorde. Sitrusvrugte word gewaardeer volgens die beste beraamde verhaalbare waarde, minus oes-, vervoer- en landbouheffings. Broeivoorraad – Broeivoorraad sluit alle teel- en lê-bedrywighede in. Broeieiers word by broeivoorraad ingesluit. Broeivoorraad word gemeet teen billike waarde minus geskatte verkoopspuntkoste op rapporteringsdatums. Die bepaling van die billike waarde is gebaseer op markpryse of, waar markpryse nie beskikbaar is nie, met verwysing na sektorale norme. Winste en verliese wat ontstaan met die aanvanklike erkenning van hierdie bates teen billike waarde minus beraamde verkoopspuntkoste en as gevolg van ’n verandering in billike waarde minus beraamde verkoopspuntkoste word in wins en verlies verantwoord gedurende die tydperk waarin dit ontstaan. Suikerriet en sitrus word as nie-bedryfsbates in die balansstaat verantwoord, terwyl broeivoorraad as bedryfsbates verantwoord word. |
|
(v) |
Ontasbare batesKlandisiewaarde – Met die verkryging van ’n belegging word billike waardes soos op datum van belangsverkryging aan identifiseerbare bates, laste en voorwaardelike verpligtinge verkry, toegedeel.Klandisiewaarde is die verskil tussen die koste van die beleggings en die billike waardes van toeskryfbare netto bates van filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerde maatskappye op die datum van belangsverkryging. Klandisiewaarde word as nie-bedryfsbates in die balansstaat verantwoord en word teen koste minus opgehoopte waardedalingsverliese getoon. Klandisiewaarde toeskryfbaar aan geassosieerde maatskappye word by die drawaarde van hierdie maatskappye ingesluit en gevolglik onder “Beleggings – Geassosieerde maatskappye” verantwoord. Handelsmerke – Die koste om handelsmerke te ontwikkel en te vestig, word met die aangaan van sulke koste afgeskryf. Gevolglik word die waardes daarvan nie in die finansiële jaarstate aangetoon nie. Die koste van handelsmerke wat aangekoop is, word op die reguitlynmetode oor hul verwagte nuttige lewensduur afgeskryf, onderhewig aan ’n jaarlikse waardedalingstoets. Navorsings- en ontwikkelingskoste – Navorsingskoste word met die aangaan van sulke koste afgeskryf. Waar daar aan al die bate-erkenningsmaatstawwe voldoen word, word ontwikkelingskoste gekapitaliseer en oor die verwagte nuttige lewensduur van die produk afgeskryf. Ontwikkelingskoste wat voorheen as ’n uitgawe erken is, word nie in ’n daaropvolgende tydperk as ’n bate erken nie. Handelsmerke en gekapitaliseerde ontwikkelingskoste met onbeperkte leeftye word nie geamortiseer nie, maar word jaarliks aan ’n waardedalingstoets onderwerp. Enige waardedaling word in inkomste verantwoord. |
|
(vi) |
Finansiële instrumenteFinansiële instrumente in die finansiële state geopenbaar sluit in kontant en kontantekwivalente, beleggings, afgeleide instrumente, debiteure en korttermynlenings, handels- en ander krediteure en lenings. Finansiële instrumente word aanvanklik teen billike waarde, transaksiekoste ingesluit, erken, wanneer die groep ’n party word by die kontraktuele terme van die instrument. Die transaksiekoste verwant aan die verkryging van finansiële instrumente gehou teen billike waarde deur wins en verlies word in die inkomstestaat verantwoord. Ná aanvanklike erkenning word die instrumente soos volg verantwoord:Lenings en debiteure – Lenings en debiteure is nie-afgeleide finansiële instrumente met vaste of bepaalbare paaiemente wat nie in ’n aktiewe mark gekwoteer is nie. Hierdie instrumente word teen geamortiseerde koste getoon deur van die effektiewe rentekoersmetode gebruik te maak. Finansiële instrumente gehou tot vervaldatum – Instrumente met ’n vaste vervaldatum, waar die groep die bedoeling en vermoë het om dit tot die vervaldatum te hou, word geklassifiseer as finansiële instrumente gehou tot vervaldatum en teen geamortiseerde koste verantwoord deur gebruik te maak van die effektiewe rentekoersmetode. Finansiële instrumente beskikbaar vir verkoop – Ander langtermyn finansiële instrumente word geklassifiseer as beskikbaar vir verkoop en teen billike waarde verantwoord. Ongerealiseerde winste en verliese wat voortspruit uit veranderinge in die billike waarde van finansiële instrumente beskikbaar vir verkoop, word in nie-verdeelbare reserwes verantwoord in die tydperk waarin dit ontstaan. Wanneer hierdie finansiële instrumente óf onterken word óf ’n waardedaling plaasvind, word die opgelope billike waarde aanpassings gerealiseer en in die inkomstestaat verantwoord. Finansiële instrumente gehou teen billike waarde deur wins en verlies – Hierdie instrumente, wat bestaan uit finansiële instrumente gehou vir verhandeling en dié wat by hul ontstaan aangewys word as gehou teen billike waarde deur wins en verlies, word teen billike waarde verantwoord. Afgeleide instrumente word ook as gehou vir verhandeling geklassifiseer tensy dit as ’n skans aangewys is. Gerealiseerde en ongerealiseerde winste en verliese wat voortspruit uit veranderinge in die billike waarde van hierdie finansiële instrumente word in die inkomstestaat ingesluit in die tydperk waarin dit ontstaan. Finansiële bates (of gedeeltes daarvan) word onterken wanneer die groep sy regte, soos in die kontrak gespesifiseer, realiseer, die regte verval of die groep sy kontraktuele regte, wat die finansiële bate omvat, prysgee of beheer daaroor verloor. By die onterkenning van ’n finansiële bate word die verskil tussen die drabedrag van dié bate en die opbrengs ontvang, sowel as enige vorige aanpassings ten einde die billike waarde daarvan te weerspieël en teen ekwiteit verantwoord was, in die inkomstestaat verantwoord. Finansiële laste (of gedeeltes daarvan) word onterken wanneer die groep onthef word van die verpligting gespesifiseer in die kontrak, die verpligting gekanselleer word, of dit verval. By die onterkenning van ’n finansiële las word die verskil tussen die drabedrag van dié las, ingesluit verwante ongeamortiseerde kostes sowel as enige bedrag daarvoor betaal, in die inkomstestaat verantwoord. Die billike waarde van finansiële instrumente wat in ’n georganiseerde finansiële mark verhandel, word teen die toepaslike gekwoteerde pryse gemeet. Die billike waarde van finansiële instrumente wat nie in ’n georganiseerde finansiële mark verhandel nie, word bepaal deur gebruik te maak van ’n verskeidenheid van metodes en aannames gebaseer op markomstandighede en risiko wat op balansstaatdatum bestaan, ingesluit onafhanklike evaluerings en verdiskonteerde kontantvloeimetodes. Billike waarde verteenwoordig ’n beraming van moontlike waardes wat mag verskil van die waarde wat uiteindelik gerealiseer gaan word. Daar is groepmaatskappye wat ook partye is by afgeleide finansiële instrumente wat die blootstelling aan finansiële risiko’s verlaag. Hierdie instrumente bestaan hoofsaaklik uit termynkontrakte. Sekere groepmaatskappye pas verskansingsrekeningkunde toe. Winste en verliese wat voortspruit uit kontantvloeiskanse word direk in ekwiteit erken, terwyl winste en verliese wat voortspruit uit billikewaardeskanse in die inkomstestaat erken word in die periode waarin dit ontstaan. Groepmaatskappye wat nie verskansingsrekeningkunde toepas nie, erken veranderinge in die billike waarde van hierdie en ander afgeleide instrumente in die inkomstestaat in die periode waarin dit ontstaan. Waar ’n wetlike huidig afdwingbare reg bestaan om erkende finansiële bates en laste teen mekaar te verreken, en daar die voorneme is om gelyktydig die las te vereffen en die bate te realiseer, of om op ’n netto grondslag te vereffen, word alle verwante finansiële uitwerkings teen mekaar verreken. Alle aankope en verkope van finansiële instrumente word op transaksiedatum verantwoord. Enige afgeleide instrumente ingesluit in finansiële instrumente word van die gasheerkontrak geskei wanneer hul ekonomiese eienskappe nie ’n noue verwantskap toon met dié van die gasheerkontrak nie en die gasheerkontrak nie teen billike waarde verantwoord word nie. Winste en verliese word in die inkomstestaat verantwoord. |
|
(vii) |
Nie-bedryfsbates gehou vir verkoop en staak van bedrywighedeNie-bedryfsbates (of vervreemdingsgroepe) word geklassifiseer as gehou vir verkoop indien hul drawaardes hoofsaaklik deur ’n verkoopstransaksie, eerder as deur voortdurende verbruik, verhaal sal word. Hierdie bates (of vervreemdingsgroepe) word gemeet teen die laagste van óf drawaarde óf billike waarde minus verkoopskoste. |
|
(viii) |
VoorraadVoorraad word teen die laagste van kosprys of netto realiseerbare waarde getoon. Die grondslag waarvolgens koste, wat finansieringskoste uitsluit, bepaal word, is die eerste-in-eerste-uit-kostemetode. Netto realiseerbare waarde is die beraamde verkoopprys in die normale gang van besigheid, minus veranderlike verkoopskoste. Waar van toepassing, word voorsiening vir stadig bewegende en verouderde voorraad gemaak. Onvoltooide werk en klaarprodukte sluit direkte koste en ’n toepaslike deel van vervaardigingsbokoste in. |
|
(ix) |
BelastingUitgestelde belasting word voorsien volgens die balansstaat-aanspreeklikheidsmetode en deur gebruik te maak van heersende belastingkoerse. Voorsiening word gemaak vir alle tydelike verskille tussen die belastingbasis van bates en laste en hulle drawaardes in die balansstaat. Geen uitgestelde belastingaanspreeklikheid word erken in daardie omstandighede waar die aanvanklike erkenning van ’n bate of las geen invloed het op rekeningkundige of belasbare inkomste nie. Geen uitgestelde belastingbates word erken nie tensy dit waarskynlik is dat voldoende belasbare inkomste beskikbaar sal wees in toekomstige tydperke waarteen dié bates aangewend kan word.Sekondêre belasting op maatskappye word voorsien ten opsigte van dividendbetalings, netto van dividende ontvang of ontvangbaar, en word erken as ’n belastinguitgawe vir die jaar. |
|
(x) |
Buitelandse valutaFunksionele en verslagdoeningsgeldeenheidItems wat by die finansiële state van elk van die groep se entiteite ingesluit is, word gemeet deur gebruik te maak van die geldeenheid van die primêre ekonomiese omgewing waarin die entiteit bedryf word, d.i. sy funksionele geldeenheid. Die Remgro groep se maatskappy- en gekonsolideerde funksionele en verslagdoeningsgeldeenheid is rand en alle bedrae, tensy anders aangetoon, word in miljoene getoon. Transaksies en balanse Die resultate en finansiële posisie van alle buitelandse bedrywighede (uitgesluit dié wat in hiperinflasionêre ekonomieë bedryf word) met ’n funksionele geldeenheid wat verskil van die groep se verslagdoeningsgeldeenheid, word soos volg na die verslagdoeningsgeldeenheid omgereken:
Met konsolidasie word wisselkoersverskille, voortspruitend uit die omrekening van die netto belegging in buitelandse bedrywighede, en van lenings en ander geldeenheidinstrumente wat as skans van sulke beleggings aangewys is, direk na ekwiteit geneem. Met die vervreemding van buitelandse bedrywighede word die verwante wisselkoersverskille in die inkomstestaat erken as deel van die wins of verlies met die verkoop. Klandisiewaarde en billike waarde aanpassings voortspruitend uit die verkryging van buitelandse bedrywighede word as bates en laste van die buitelandse bedrywigheid hanteer en teen die sluitingskoers op balansstaatdatum omgereken. |
|
(xi) |
Waardedaling van batesWaardedaling – filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerdesWaardedalings vind plaas wanneer die drabedrag groter is as die verwagte verhaalbare bedrag. Die verhaalbare bedrag is die hoogste van billike waarde minus verkoopskoste of die waarde in gebruik. Die drawaardes van filiale, gesamentlike ondernemings en geassosieerde maatskappye word jaarliks hersien en afgeskryf vir waardedalings waar nodig. Beleggingseiendomme en eiendom, aanleg en toerusting Finansiële instrumente getoon teen geamortiseerde koste Indien daar objektiewe bewyse bestaan dat ’n waardedalingsverlies op lenings en debiteure óf beleggings gehou tot vervaldatum wat teen geamortiseerde koste verantwoord word, plaasgevind het, word die bedrag van die verlies gemeet as die verskil tussen die bate se drabedrag en die huidige waarde van die verwagte toekomstige kontantvloei verdiskonteer teen die finansiële bate se oorspronklike effektiewe rentekoers. Die drabedrag van die bate word verminder en die bedrag van die verlies word in die inkomstestaat verantwoord. In die geval van ’n belegging gehou tot vervaldatum of ’n lening met ’n veranderlike rentekoers, is die verdiskonteringskoers vir die meting van die waardedalingsverlies die huidige effektiewe rentekoers wat ingevolge die kontrak bepaal is. As ’n praktiese hulpmiddel, mag die groep waardedaling meet op die basis van ’n instrument se billike waarde deur van waarneembare markpryse gebruik te maak. Indien die bedrag van die waardedalingsverlies in ’n daaropvolgende tydperk afneem en die afname objektief aan ’n gebeurtenis gekoppel kan word wat plaasgevind het nadat die aanvanklike waardedaling erken is, soos ’n verbeterde kredietgradering, word die waardedalingsverlies wat voorheen erken is teruggeskryf en in die inkomstestaat verantwoord. Finansiële bates getoon teen billike waarde Waardedalingsverliese op ekwiteitsinstrumente wat in die inkomstestaat verantwoord is, word nie later deur die inkomstestaat teruggeskryf nie, maar word in ekwiteit verantwoord. Klandisiewaarde |
|
(xii) |
VoorsieningsVoorsienings word erken wanneer ’n wetlike of konstruktiewe verpligting ontstaan as gevolg van gebeure in die verlede, dit waarskynlik is dat ’n uitvloei van hulpbronne wat ekonomiese voordele omvat vereis sal word om die verpligting te vereffen, en ’n betroubare beraming van die bedrag van die verpligting gemaak kan word.Voorsienings word gemeet teen die huidige waarde van die uitgawes wat na verwagting benodig gaan word ten einde die verpligting af te los. Die huidige waarde word bereken deur gebruik te maak van ’n voorbelaste koers wat die huidige markaanslag van die tydwaarde van geld en die spesifieke risiko’s wat met die verpligting verband hou in aanmerking neem. Die toename in die voorsiening as gevolg van tydsverloop word as rente-uitgawe erken. |
|
(xiii) |
WerknemervoordeleNa-aftredevoordelePENSIOENVERPLIGTINGE – Maatskappye in die groep verskaf omskrewevoordeel- en omskrewebydrae-na-aftredefondse vir hulle werknemers. Die planbates van dié fondse word in afsonderlike trustee-bestuurde fondse gehou. Die fondse word deur betalings van die werknemers en die groep befonds, gebaseer op aanbevelings deur onafhanklike, gekwalifiseerde aktuarisse. Die rekeningkundige pensioenkoste van die omskrewevoordeel-fondse word bepaal deur gebruik te maak van die geprojekteerde kredieteenhedemetode. Die koste om pensioene te voorsien word in die inkomstestaat verreken deur die koste te versprei oor die dienstermyn van werknemers in ooreenstemming met advies van gekwalifiseerde aktuarisse. Die pensioenverpligting word bepaal volgens die huidige waarde van die geskatte toekomstige kontantuitvloeie deur gebruik te maak van rentekoerse van staatseffekte wat ongeveer dieselfde terme tot vervaldatum het as die verwante verpligting. Verstrekediens-koste word onmiddellik afgeskryf, behalwe waar veranderinge in die pensioenplan die voorwaarde stel dat werknemers in diens bly vir ’n bepaalde vestigingstydperk, in welke geval die verstrekediens-koste op ’n reguitlyngrondslag oor die vestigingstydperk geamortiseer word. Die netto surplus of tekort van die voordeelverpligting is die verskil tussen die huidige waarde van die befondsde verpligtinge en die billike waarde van die fondsbates. Indien die opgelope onerkende aktuariële winste en verliese aan die einde van die vorige verslagdoeningstydperk die grootste van 10% van die omskrewevoordeel-verpligting of -bate oorskry, word dié oorskot in toekomstige tydperke oor die verwagte gemiddelde oorblywende dienstermyne van die deelnemende werknemers verantwoord. Die groep se bydrae tot die omskrewebydrae-pensioenfondse word verreken in die inkomstestaat in die jaar waarop dit betrekking het. NA-AFTREDE MEDIESE VERPLIGTINGE – Die groep verskaf na-aftrede mediese voordele aan afgetrede werknemers. Die geregtigheid op na-aftrede mediese voordele is gebaseer op die vereiste dat die werknemers in diens bly tot aftrede en die voltooiing van ’n minimum diensperiode. Die geprojekteerde kredieteenhedemetode van waardasie word gebruik vir die berekening van die na-aftrede mediese verpligting. Die verwagte koste van dié voordele word as uitgawe verantwoord en die verpligting oor die periode van diens geakkumuleer deur gebruik te maak van rekeningkundige metodologie wat ooreenstem met dié van omskrewevoordeelpensioenfondse. Waardasies van dié verpligtinge word uitgevoer deur onafhanklike, gekwalifiseerde aktuarisse. Ekwiteitsvergoedingsplanne Enige winste en verliese wat realiseer uit aandele gelewer aan die deelnemers van die Remgro Aandeleskema word direk in ekwiteit erken. Die opbrengs ontvang, na aftrekking van enige direk toeskryfbare transaksiekostes, word teen tesourie-aandele verreken wanneer die opsies uitgeoefen word. Korttermynvoordele |
|
(xiv) |
Kontant en kontantekwivalenteVir doeleindes van die kontantvloeistaat bestaan kontant en kontantekwivalente uit kontant voorhande, daggelddeposito’s by banke en beleggings in geldmarkinstrumente, netto van bankoortrekkings. Bankoortrekkings word in die balansstaat by korttermyn rentedraende lenings ingesluit. |
|
(xv) |
Inkomste-erkenningInkomste uit die verkoop van produkte word verantwoord wanneer die wesentlike risiko’s en voordele van eienaarskap na die koper oorgedra is. Inkomste uit dienste word verantwoord sodra die diens gelewer is. Verkope bestaan uit die billike waarde van die vergoeding ontvang of ontvangbaar vir die verkoop van goedere en dienste in die normale gang van die groep se bedrywighede en word netto van belasting op toegevoegde waarde, teruggestuurde goedere en afslag getoon.Rente word op ’n tydsbasis verantwoord (met inagneming van die uitstaande kapitaal, die effektiewe koers en die tydperk), tensy invorderbaarheid twyfelagtig is. Dividende word verantwoord wanneer die reg om betaling te ontvang, gevestig word. |
|
(xvi) |
Tesourie-aandeleAandele in die maatskappy wat deur groepmaatskappye gehou word asook aandele wat deur Die Remgro Aandeletrust gehou word, word as tesourie-aandele geklassifiseer en teen kosprys getoon. Hierdie aandele word as ’n aftrekking teen die uitgereikte aantal aandele hanteer en in berekening gebring by die bepaling van die geweegde gemiddelde aantal aandele. Die kosprys van die aandele word teen die groep se ekwiteit verreken. |
|
(xvii) |
Onderskeiding tussen korttermyn/langtermynItems word as korttermyn geklassifiseer indien daar verwag word dat dit gerealiseer, verhandel, verbruik of afgelos sal word binne twaalf maande na die balansstaatdatum, óf indien die groep nie ’n onvoorwaardelike reg het om aflossing uit te stel tot ten minste twaalf maande na die balansstaatdatum nie. |
|
(xviii) |
Nuwe rekeningkundige standpunte en interpretasiesBestuur het alle nuwe rekeningkundige standpunte, interpretasies en wysigings aan IFRS wat reeds op 31 Maart 2007 uitgereik is maar nog nie op dié datum van krag geword het nie, oorweeg. Die standpunte wat op die groep van toepassing is, maar nie vroeg geïmplementeer is nie, is die volgende:
Die toepassing van bogenoemde standpunte, interpretasies en wysigings aan IFRS in toekomstige finansiële verslagdoeningstydperke sal na verwagting nie ’n wesentlike uitwerking op die groep se finansiële resultate, finansiële posisie en kontantvloei hê nie. |