% myURL = request.servervariables("URL") %>
Hoewel verwag word dat die komponente van plaaslike besteding wat sensitief vir rentekoerse is, sal verlangsaam, is die groei in investering en die herstel in uitvoere bemoedigende elemente van die ekonomie se jongste vertoning. Hierdie tendense sal versterk moet word om ’n beter ewewig te bewerkstellig op die lopende rekening van die betalingsbalans, waar die tekort in 2006 tot 6.4% van die BBP vergroot het. Die tekort word tans nog gerieflik gefinansier deur die invloei van kapitaal, alhoewel hierdie invloei deur portefeulje-beleggings oorheers word, wat ’n risiko ten opsigte van die randwisselkoers skep.
Terwyl plaaslike VPIX-inflasie in 2006 naby die middel van die teikenvlak van 3-6% gekom het, het dit teen die einde van die jaar versnel en in April vanjaar deur die boonste 6%-teikengrens gebreek. Verhogings in energie- en voedselpryse was hoofsaaklik vir die hoër inflasie verantwoordelik, maar daar is ook tekens van breër inflasiedruk. Die SA Reserwebank het, nadat hy in Februarie 2007 besluit het om eers te wag met rentekoersverhogings, rentekoerse in Junie met ’n verdere halwe persentasiepunt verhoog. VPIX-inflasie sal na verwagting oor die kort termyn bo die boonste teikenvlak van 6% beweeg, wat die risiko van verdere rentekoersstygings verhoog.
Op die wêreldtoneel blyk die sterk groei in ontluikende markte, met China aan die spits, steeds ’n ekonomiese kragbron te wees wat kommoditeitspryse, en die vloei van kapitaal na ontwikkelende lande, ondersteun. Die hervatting van ekonomiese groei in Europa en Japan verskaf verdere steun en vergoed vir wat in Amerika na ’n sagte landing lyk. Die wêreldekonomie gee steeds stukrag aan die Suid-Afrikaanse ekonomie, hoewel, vergeleke met verlede jaar, ’n effens laer groeikoers oor die kort termyn verwag word.
BYDRAE TOT WESENSVERDIENSTE |
|||||
Jaar geëindig 31 Maart | |||||
Nie-herhalende | Nie-herhalende | ||||
gedeelte van | gedeelte van | ||||
SEB-koste | SEB-koste | ||||
ingesluit | uitgesluit | ||||
2007 | % ver- | 2006 | % ver- | 2006 | |
R’m | andering | R’m | andering | R’m | |
Tabakbelange | 2 964 | 25.1 | 2 369 | 25.1 | 2 369 |
Finansiële dienste | 1 529 | 33.3 | 1 147 | 6.5 | 1 436 |
Nywerheidsbelange | 1 924 | 62.5 | 1 184 | 50.9 | 1 275 |
Mynbelange | 155 | (46.2) | 288 | (46.2) | 288 |
Korporatiewe finansies en ander belange | 281 | 192.7 | 96 | 192.7 | 96 |
6 853 | 34.8 | 5 084 | 25.4 | 5 464 |
Die kommentaar wat hierop volg, wat die resultate met dié van die vorige jaar vergelyk, is gebaseer op wesensverdienste, uitgesluit die nie-herhalende gedeelte van SEB-koste.
Die bydrae van die tabakbelange, wat 43.3% (2006: 43.4%) van wesensverdienste verteenwoordig, het met 25.1% toegeneem.
Wisselkoersbewegings het ’n groter invloed op die groep se verdienste gehad as in die vorige finansiële jaar. Weens die swakker rand het die wisselkoersuitwerking met die omskakeling van R&R Holdings SA, Luxembourg (R&R) se bydrae tot wesensverdienste toegeneem vanaf ’n ongunstige R26 miljoen in 2006 tot ’n gunstige R420 miljoen soos in die tabel hieronder uiteengesit.
Jaar geëindig 31 Maart |
||
2007 | 2006 | |
Gemiddelde wisselkoers (R/£) | 13.2898 | 11.4050 |
Sluitingswisselkoers (R/£) | 14.3449 | 10.6437 |
R&R se bydrae (£’m) | 223 | 208 |
R&R se bydrae (R’m) | 2 964 | 2 369 |
Gunstige/(ongunstige) wisselkoersuitwerking (R’m) | 420 | (26) |
In pondterme, het R&R se bydrae met 7.2% toegeneem.
FirstRand en RMBH se gesamentlike bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R1 529 miljoen (2006: R1 313 miljoen) bedra, ’n styging van 16.5%, danksy goeie resultate van Eerste Nasionale Bank en Rand Aksepbank. In 2006 is dividende van Absa Groep Beperk ten bedrae van R123 miljoen ook in wesensverdienste verantwoord.
Die bydrae van die nywerheidsbelange tot wesensverdienste het met 50.9% toegeneem. Unilever Bestfoods Robertsons en Tsb Sugar het goeie resultate gelewer, terwyl Distell en Rainbow Chicken hul verdienstegroei voortgesit het, met bydraes van onderskeidelik
R210 miljoen en R293 miljoen (2006: R164 miljoen en R250 miljoen) tot Remgro se wesensverdienste. Kagiso Trust Investments (Edms) Beperk (KTI) se bydrae tot Remgro se wesensverdienste was R307 miljoen. Gedurende die jaar onder oorsig is KTI se winste gunstig beïnvloed deur billike waarde aanpassings op die omskeppingsreg wat kleef aan sy aandeelhouding in Metropolitan Holdings Beperk voorkeuraandele (R390 miljoen) sowel as ’n nie-herhalende wins gerealiseer met die uitoefening van sy opsie om ’n belang in die FirstRand Empowerment Trust te bekom (R81 miljoen). Aangesien Remgro effektief sy belang in KTI in Desember 2005 bekom het, is geen inkomste van KTI vir die vergelykende jaar verantwoord nie. Medi-Clinic se bydrae tot wesensverdienste het van R200 milljoen in 2006 tot R278 miljoen toegeneem. Dié toename kan hoofsaaklik toegeskryf word aan sekondêre belasting op maatskappye (SBM) wat Medi-Clinic in die vergelykende jaar betaal het op die spesiale dividend wat in Desember 2005 betaal is. Nampak se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R125 miljoen (2006: R107 miljoen) bedra.
Mynbelange se bydrae tot wesensverdienste het met 46.2% tot R155 miljoen (2006: R288 miljoen) afgeneem. Hierdie afname kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die nie-herhalende spesiale dividend ten bedrae van R183 miljoen wat in die vergelykende jaar van Implats ontvang is. Dividende wat van Implats ontvang is, het R147 miljoen (2006: R277 miljoen) bedra. Trans Hex se bydrae tot wesensverdienste was R8 miljoen (2006: R10 miljoen).
Die sentrale tesourie-afdeling se bydrae het van R146 miljoen tot R266 miljoen toegeneem, hoofsaaklik danksy hoër rentekoerse, asook hoër gemiddelde kontantbalanse vergeleke met 2006. Hierby is ook ingesluit buitelandse valutawinste ten bedrae van
R65 miljoen (2006: R24 miljoen verlies) ten opsigte van intergroepsaldo’s. Hierdie intergroepsaldo’s is gedurende die afgelope jaar afgelos.
Wesensverdienste is ook gunstig beïnvloed deur die rekeningkundige verantwoording van ’n pensioenfondssurplus ten bedrae van
R70 miljoen na die afhandeling van ’n surplusverdelingsproses.
Die Remgro Aandeletrust het gedurende die jaar onder oorsig 563 000 (2006: 21 000) Remgro gewone aandele teen ’n gemiddelde prys van R132.68 (2006: R134.46), vir ’n totale bedrag van R74.7 miljoen (2006: R2.8 miljoen) aangekoop, terwyl 262 016 (2006: 1 308 790) aandele aan deelnemers gelewer is teen betaling van die inskrywingsprys.
Die intrinsieke netto batewaarde het aan die einde van Maart 2007 R221.00 per aandeel bedra. ’n Skedule wat die ontleding van intrinsieke netto batewaarde per aandeel op 31 Maart 2007 en 2006 uiteensit, is aan die einde van die beleggingsoorsig ingesluit.
Die kontant by die kern verskil van die kontant in die balansstaat. Laasgenoemde is soos volg saamgestel:
2007 | 2006 | |
R miljoen | R miljoen | |
Per balansstaat | 5 004 | 6 357 |
Min: Kontant van ander bedryfsfiliale | (647) | (562) |
Kontant by die kern | 4 357 | 5 795 |
![]() |
||
– Plaaslik | 1 220 | 4 066 |
– Buiteland | 3 137 | 1 729 |
![]() |
![]() |
Kontant by geassosieerde maatskappye is nie hierby ingesluit nie. Ter inligting, R&R se kontant toeskryfbaar aan Remgro op 31 Maart 2007 bedra £150 miljoen of R2 151 miljoen (2006: £143 miljoen of R1 524 miljoen).
Die onderstaande tabel gee ’n vergelyking van die relatiewe vertoning van Remgro se intrinsieke netto batewaarde per aandeel teenoor sekere gekose JSE-indekse. Dividende wat op Remgro-aandele betaal is, is nie in aanmerking geneem nie.
2007 | 2006 | 2005 | 2004 | 2003 | 2002 | |
Intrinsieke netto batewaarde – | ||||||
Rand per aandeel | 221.00 | 157.59 | 119.97 | 100.36 | 77.23 | 89.50 |
JSE Alle aandele-indeks | 27 267 | 20 352 | 13 299 | 10 693 | 7 680 | 11 015 |
Fin & Ind 30-indeks | 24 960 | 19 491 | 13 477 | 9 953 | 6 682 | 9 713 |
Finansiële 15-indeks | 9 345 | 7 616 | 5 258 | 3 782 | 2 744 | 3 415 |
Hulpbronne 20-indeks | 50 018 | 34 923 | 21 585 | 19 961 | 15 763 | 24 512 |
Remgro-aandeelprys (Rand) | 181.00 | 135.00 | 93.80 | 72.00 | 51.45 | 63.00 |
1 jaar tot | 5 jaar tot | |||||
31 Maart 2007 | 31 Maart 2007 | |||||
Relatiewe vertoning | (% jaar-op-jaar) | (% saamgestel per jaar) | ||||
Intrinsieke netto batewaarde | +40.2 | +19.8 | ||||
JSE Alle aandele-indeks | +34.0 | +19.9 | ||||
Fin & Ind 30-indeks | +28.1 | +20.8 | ||||
Finansiële 15-indeks | +22.7 | +22.3 | ||||
Hulpbronne 20-indeks | +43.2 | +15.3 | ||||
Remgro-aandeelprys (Rand) | +34.1 | +23.5 |
Die onderstaande tabel gee ’n vergelyking van Remgro se interne opbrengskoers (IOK) teenoor sekere gekose JSE-indekse. Vir hierdie doel word daar aanvaar dat dividende óf in Remgro-aandele óf in die betrokke indeks herbelê word, na gelang van die geval.
IOK | ||
Van 26 September 2000 | ||
tot 31 Maart 2007 | ||
(% saamgestel per jaar) | ||
JSE – Alle aandele-indeks | +24.41 | |
– Fin & Ind 30-indeks | +16.45 | |
– Finansiële 15-indeks | +19.24 | |
– Hulpbronne 20-indeks | +31.55 | |
Remgro-aandeel | +32.20 |