% myURL = request.servervariables("URL") %>
Geagte Aandeelhouer
Die raad doen met genoeë verslag oor die bedrywighede en finansiële resultate vir die jaar onder oorsig.
Die belange van die groep bestaan hoofsaaklik uit beleggings in tabakprodukte, bankwese en finansiële dienste, drukwerk en verpakking, motorkomponente, mediese dienste, mynwese, petroleumprodukte, voedsel, wyn en spiritualieë en verskeie ander handelsmerkprodukte.
| Jaar geëindig 31 Maart: | 2007 | 2006 | |
| Wesensverdienste – Nie-herhalende gedeelte van SEB-koste uitgesluit (R miljoen) | 6 853 | 5 464 | |
| – per aandeel (sent) | 1 445.40 | 1 130.90 | |
| – verwater (sent) | 1 401.30 | 1 106.10 | |
| Wesensverdienste (R miljoen) | 6 853 | 5 084 | |
| – per aandeel (sent) | 1 445.40 | 1 052.30 | |
| – verwater (sent) | 1 401.30 | 1 027.70 | |
| Verdienste – netto wins vir die jaar (R miljoen) | 6 942 | 8 202 | |
| – per aandeel (sent) | 1 464.20 | 1 697.60 | |
| – verwater (sent) | 1 418.50 | 1 671.30 | |
| Dividende (R miljoen)* | 2 102 | 3 735 | |
| – gewoon – per aandeel (sent) | 434 | 361 | |
| – spesiaal – per aandeel (sent) | 400 | ||
| * | ’n Finale dividend van 281 sent (2006: 228 sent) per aandeel is verklaar na jaareinde en is gevolglik nie in die finansiële jaarstate voorsien nie. Geen SBM is op hierdie dividend betaalbaar nie. | ||
’n Alternatiewe aanbod bestaande uit ’n kontantvergoeding van R16.00 per Rainbow-aandeel of 8.1 Remgro gewone aandele vir elke 100 Rainbow-aandele gehou, of ’n kombinasie daarvan, het op 6 Junie 2007 in werking getree. Die laaste datum van verhandeling ten einde aan die alternatiewe aanbod deel te neem is 22 Junie 2007.
Sedert 6 Junie 2007 het Remgro, tot datum, 7 841 819 Rainbow-aandele in die ope mark teen R16.00 per aandeel vir ’n totale bedrag van R126.0 miljoen aangekoop.
Weens die verhoogde belang, is Business Partners met ingang van 31 Maart 2007 herklassifiseer as ’n belegging in ’n geassosieerde maatskappy, terwyl dit voorheen onder “Beleggings – Ander” verantwoord is. Slegs dividendinkomste van Business Partners ten bedrae van R5.2 miljoen is gedurende die jaar onder oorsig verantwoord. Met ingang van 1 April 2007 sal Business Partners volgens die ekwiteitsmetode verantwoord word.
Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro ’n verdere R6 miljoen, of R0.09 per Sage-aandeel, as gedeeltelike betaling van die potensiële verdere betaling, wat nog onderhewig was aan die uitklaring van sekere belastinggeskille, ontvang.
Op 8 Junie 2007 het Remgro R17 miljoen, of R0.27 per Sage-aandeel, as finale uitkering ontvang nadat die belastinggeskille waarna hierbo verwys word, suksesvol opgelos is.
Die Remgro Aandeletrust het gedurende die jaar onder oorsig 563 000 Remgro gewone aandele teen ’n gemiddelde prys van R132.68 vir ’n totale bedrag van R74.7 miljoen aangekoop, terwyl 262 016 aandele aan deelnemers gelewer is teen betaling van die inskrywingsprys.
PG is die grootste motorvoertuig- en bouglas maatskappy in Afrika met ’n suksesvolle geskiedenis van meer as ’n 100 jaar. PG Glass en Shatterprufe word beskou as twee van die sterkste handelsmerke in Suidelike Afrika en is sinoniem met motorvoertuig- en bouglas in die streek. Verder is PG ook ’n groot uitvoerder van motorvoertuigglas na Europa en die Verenigde State van Amerika. PG bedryf ’n wye verskeidenheid vervaardigers en groot- en kleinhandelbedrywe in beide die motorvoertuig- en boumarkte. ’n Nuwe “dryfglas”-aanleg (’n R800 miljoen belegging) wat met die jongste tegnologie toegerus is, en kapasiteit met 80% sal verhoog, is gedurende April 2007 in gebruik gestel. Dié aanleg sal tot gevolg hê dat Suid-Afrika ’n netto uitvoerder van “dryfglas” word. Daarbenewens het PG beduidende beleggings in sy motorvoertuigglas-aanlegte gemaak. Hy is nou ideaal geposisioneer om voordeel te trek uit die groei in die bou- en motorvoertuigsektore.
Die plase en biologiese landboubates sal van die nuwe eienaars gehuur word en ’n gesamentlike bestuursmaatskappy sal elke plaas bestuur. Tsb Sugar en die nuwe eienaars het elk ’n 50%-belang in die bestuursmaatskappye.
| Plaaslik | Buiteland | Totaal | |
| R miljoen | R miljoen | R miljoen | |
| Per gekonsolideerde balansstaat | 1 867 | 3 137 | 5 004 |
| Min: Kontant van ander bedryfsfiliale | (647) | – | (647) |
| Kontant by die kern | 1 220 | 3 137 | 4 357 |
| Toeskryfbare gedeelte van R&R se kontant | – | 2 151 | 2 151 |
| Beskikbare kontant | 1 220 | 5 288 | 6 508 |
| 2007 | 2006 | |
| (Gebaseer op die totale uitgereikte aandele ten tye van betaling) | R miljoen | R miljoen |
| Gewoon | ||
| – Tussen | 741 | 694 |
| – Finaal | 1 361 | 1 104 |
| 2 102 | 1 798 | |
| Spesiaal | – | 1 937 |
| Totaal | 2 102 | 3 735 |
Sedert 1 Januarie 2006 word Medi-Clinic as ’n geassosieerde maatskappy verantwoord terwyl dit voorheen gekonsolideer was. Gevolglik is sekere inkomstestaatitems nie direk vergelykbaar met dié van die vorige finansiële jaar nie.
| 2007 | 2006 | |||
| R per | R per | |||
| R miljoen | aandeel | R miljoen | aandeel | |
| Ekwiteit aangewend | ||||
| Toeskryfbaar aan ekwiteithouers | 45 672 | 96.69 | 37 494 | 78.14 |
| Aanwending van ekwiteit | ||||
| Tabakbelange | 20 124 | 42.6 | 14 055 | 29.29 |
| Finansiële dienste | 8 593 | 18.19 | 7 105 | 14.81 |
| Nywerheidsbelange | 9 546 | 20.21 | 8 320 | 17.34 |
| Mynbelange | 5 677 | 12.02 | 3 678 | 7.66 |
| Korporatiewe finansies en ander belange | 1 732 | 3.67 | 4 336 | 9.04 |
| 45 672 | 96.69 | 37 494 | 78.14 | |
Inkomstestaat |
||||
| 2007 | 2006 | |||
| R miljoen | % | R miljoen | % | |
| Bron van wesensverdienste | 2 964 | 43 | 2 369 | 47 |
| Tabakbelange | 1 529 | 22 | 1 147 | 22 |
| Finansiële dienste | 1 924 | 29 | 1 184 | 23 |
| Nywerheidsbelange | 155 | 2 | 288 | 6 |
| Mynbelange | 281 | 4 | 96 | 2 |
| Korporatiewe finansies en ander belange | 6 853 | 100 | 5 084 | 100 |
| 2007 | 2006 | |||
| R miljoen | R miljoen | |||
| Samestelling van wesensverdienste | ||||
| Filiaalmaatskappye en gesamentlike ondernemings | 888 | 1 061 | ||
| Winste | 900 | 1 088 | ||
| Verliese | (12) | (27) | ||
| Geassosieerde maatskappye | 5 965 | 4 023 | ||
| Winste | 5 965 | 4 048 | ||
| Verliese | – | (25) | ||
| 6 853 | 5 084 | |||
MAATSKAPPY NETTO WINS EN AANWENDING |
||||
| 2007 | 2006 | |||
| R miljoen | R miljoen | |||
| Die maatskappy se eie verdeelbare reserwes aan die begin van die jaar bedra | 2 779 | 7 986 | ||
| Netto wins vir die jaar | 3 356 | 4 188 | ||
| Aandele gekanselleer | – | (4 535) | ||
| Dividend Nr 12 van 228.00c per aandeel betaal in Augustus 2006 (Augustus 2005: 198.00c) | (1 104) | (1 034) | ||
| Spesiale dividend van 400.00c per aandeel betaal in Augustus 2006 (Augustus 2005: 600.00c) | (1 937) | (3 132) | ||
| Dividend Nr 13 van 153.00c per aandeel betaal in Januarie 2007 (Januarie 2006: 133.00c) | (741) | (694) | ||
| Die maatskappy se eie verdeelbare reserwes wat oorgedra word na die volgende jaar bedra | 2 353 | 2 779 | ||
AANDELESKEMA |
||||
| Gedurende die jaar het die trustees van die Remgro Aandeleskema gewone aandele aan deelnemers aangebied soos volg: | ||||
| Aantal | ||||
| aandele | ||||
| Aanbod- | Aantal | aanvaar tot | ||
| prys | aandele | 31 Maart | ||
| Datum | (Rand) | aangebied | 2007 | |
| 02/05/2006 | 132.6 | 562 | 562 | |
| 02/06/2006 | 133 | 323 | 323 | |
| 26/06/2006 | 135 | 563 227 | 563 227 | |
| 03/07/2006 | 135.01 | 4 279 | 4 279 | |
| 15/08/2006 | 137.8 | 1 308 | 1 308 | |
| 569 699 | 569 699 | |||
| Die huidige stand van die Remgro Aandeleskema is soos volg: | ||||
| Gemiddelde | ||||
| aanbodprys | Aantal | |||
| (Rand) | aandele | |||
| Gewone aandele verskuldig aan deelnemers | ||||
| Vorige finansiële jaar | 59.24 | 3 093 691 | ||
| Aangebied en aanvaar in huidige finansiële jaar | 135.02 | 569 699 | ||
| Aandele betaal en gelewer | 49.52 | (262 016) | ||
| Diensverlatings en ander | (4 380) | |||
| Totaal op 31 Maart 2007 | 72.65 | 3 396 994 | ||
Verwys na aantekening 26 by die finansiële jaarstate vir volledige besonderhede met betrekking tot die Remgro Aandeleskema.
’n Ontleding van die aandeelhouers verskyn op hier.
Kragtens die bepalings van die statute tree mnre P E Beyers, W E Bührmann, P K Harris, J Malherbe, M M Morobe, D Prins, M H Visser en mej M Ramos volgens rooster as direkteure af. Hierdie direkteure is en stel hulself herkiesbaar.
Mnr J F Mouton het op 11 Oktober 2006 as direkteur uitgetree. Die raad wil hom graag bedank vir sy bydrae.
Mnr J Malherbe is op 11 Oktober 2006 as nie-uitvoerende direkteur aangestel en mej M Ramos en mnr M M Morobe op 26 Maart 2007 en 18 Junie 2007 onderskeidelik as onafhanklike nie-uitvoerende direkteure.
Mnr J P Rupert is ’n direkteur van Rembrandt Trust wat die houer is van al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele.
’n Ontleding van die belange van direkteure in die uitgereikte kapitaal van die maatskappy verskyn hier.
Spesiale besluite om hierdie algemene magtiging aan die raad te verleen is ingesluit in die kennisgewing vir die algemene jaarvergadering.
Aandeelhouers mag nie in die periode van Maandag, 13 Augustus 2007, tot Vrydag, 17 Augustus 2007, beide datums ingesluit, hulle aandeelsertifikate dematerialiseer of rematerialiseer nie.
Geteken namens die raad van direkteure.
![]() |
![]() |
| Johann Rupert | Thys Visser |
| Voorsitter | Hoofuitvoerende beampte |
| Stellenbosch | |
| 18 Junie 2007 |