% myURL = request.servervariables("URL") %>
Die 2007 algemene jaarvergadering van die maatskappy sal op Woensdag, 22 Augustus 2007, om 15:30 in Magnifica 2 & 3, Protea Hotel Stellenbosch, Tegnolaan, Tegnopark, Stellenbosch, 7600 gehou word om, indien goedgevind, die volgende gewone en spesiale besluite met of sonder wysiging aan te neem:
| 1. | GOEDKEURING VAN DIE FINANSIËLE JAARSTATE Gewone Besluit Nommer 1 Besluit dat die geouditeerde finansiële jaarstate van die maatskappy en die groep vir die jaar geëindig 31 Maart 2007 aanvaar en goedgekeur word. |
| 2. | GOEDKEURING VAN DIREKTEURE SE VERGOEDING Gewone Besluit Nommer 2 Besluit dat die totale direkteursvergoeding betaalbaar vir dienste as direkteure die afgelope finansiële jaar gelewer, op R1 846 000 vasgestel word. |
| 3. | VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 3 Besluit dat mnr P E Beyers wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
| 4. | VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 4 Besluit dat mnr W E Bührmann wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
| 5. | VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 5 Besluit dat mnr P K Harris wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
| 6. | VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 6 Besluit dat mnr J Malherbe wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
| 7. | VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 7 Besluit dat mnr M M Morobe wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
| 8. | VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 8 Besluit dat mnr D Prins wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
| 9. | VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 9 Besluit dat mej M Ramos wat kragtens artikel 31.4.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en haarself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. |
| 10. | VERKIESING VAN DIREKTEUR Biografiese inligting van al die direkteure van die maatskappy verskyn hier. |
| 11. | GOEDKEURING VIR DIE PLASING VAN AANDELE ONDER BEHEER VAN DIE DIREKTEURE Die algemene magtiging is onderworpe aan die bepalings van die Maatskappywet, die statute van die maatskappy en die noteringsvereistes van die JSE Beperk (die noteringsvereistes) en sal geldig wees tot en met die volgende algemene jaarvergadering. |
| 12. | MAGTIGING VIR DIE TERUGKOOP VAN AANDELE
Dit is die voorneme van die direksie om hierdie algemene magtiging te gebruik indien die heersende omstandighede (insluitende die belastingbedeling en marktoestande) dit na hulle mening regverdig. Die direkteure van die maatskappy onderneem dat hulle nie enige sodanige terugkoop sal implementeer terwyl hierdie algemene magtiging geldig is nie, tensy:
Rede vir en die effek van die Spesiale Besluit Nommer 1 Vir doeleindes van die oorweging van Spesiale Besluit Nommer 1, en in ooreenstemming met paragraaf 11.26 van die noteringsvereistes, is die inligting hieronder aangedui in die jaarverslag, waarin hierdie kennisgewing van die algemene jaarvergadering vervat is, ingesluit:
|
| 13. | MAGTIGING VIR SLUITING VAN AFGELEIDE TRANSAKSIES Rede vir en die effek van die Spesiale Besluit Nommer 2 En om enige ander besigheid te verrig wat op ’n algemene jaarvergadering verrig mag word. Lede wat nog nie hul aandele gedematerialiseer het nie, of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul eie naam geregistreer het, is geregtig om die vergadering by te woon, te stem en het die reg om ’n gevolmagtigde of gevolmagtigdes te benoem (vir welke doeleindes ’n volmagvorm hierby aangeheg word) om die vergadering namens hulle by te woon, daarop te praat en te stem. So ’n gevolmagtigde hoef nie ’n lid van die maatskappy te wees nie. Volmagvorms moet ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretaris, Computershare Investor Services 2004 (Edms) Beperk, Marshallstraat 70, Johannesburg, 2001, Suid-Afrika, of kan gepos word aan die oordragsekretaris by Posbus 61051, Marshalltown, 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later as Maandag, 20 Augustus 2007, om 15:30 (Suid-Afrikaanse tyd) nie. Volmagvorms moet slegs deur lede voltooi word wat nie hul aandele gedematerialiseer het nie of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul eie naam geregistreer het. Elke lid van die maatskappy wat self teenwoordig is of deur ’n gevolmagtigde verteenwoordig word, sal slegs een stem hê in die geval waar stemming plaasvind by wyse van ’n opsteek van hande. By stemming per stembrief sal elke lid van die maatskappy een stem hê vir elke aandeel gehou deur die lid in die maatskappy. Lede wat hulle aandele gedematerialiseer het en nie in eie naam geregistreer is as lede van die maatskappy nie, moet hulle sentralesekuriteitebewaarplek-deelnemer (“CSDP”) of makelaar kontak op die wyse en binne die tyd bepaal in hulle ooreenkoms, om:
In opdrag van die raad van direkteure. M Lubbe Stellenbosch |