| 1. |
Mnr M H Visser verdien addisioneel tot bostaande, direkteursgelde van GBP75 000 (2006: GBP60 000) per jaar by British American Tobacco Plc, ’n geassosieerde maatskappy. |
| 2. |
Mnr G D de Jager was vir ses maande lid van die oudit- en risikokomitee sowel as die vergoedings-en-nominasiekomitee. |
| 3. |
Mnr E Molobi is op 4 Junie 2006 oorlede. |
| 4. |
Mnr J F Mouton het op 11 Oktober 2006 as onafhanklike nie-uitvoerende direkteur uitgetree. Hy was vir ses maande lid van die oudit- en risikokomitee sowel as die vergoedings-en-nominasiekomitee. |
| 5. |
Mej M Ramos is op 26 Maart 2007 as onafhanklike nie-uitvoerende direkteur aangestel. |
| 6. |
a) |
Vir die 2006 finansiële jaar het die bedrae aangetoon slegs 50% van totale vergoeding bedra aangesien dié personeel ook as direkteure van VenFin Beperk gedien het. |
| |
b) |
Hierdie bedrae verteenwoordig 33.3% van die totale vergoeding betaal. Die ander 66.7% word van Medi-Clinic verhaal vir dienste as direkteur van Medi-Clinic. |
| 7. |
Mnr J Malherbe is op 11 Oktober 2006 as nie-uitvoerende direkteur aangestel. |
| 8. |
Mnr J P Rupert ontvang sedert 30 September 2005 geen vergoeding nie. |
| 9. |
Voordele sluit in mediesefonds-bydraes en motorvoordele. |