% myURL = request.servervariables("URL") %>
|
|||||
| 1. | VERDIENSTE | ||||
| 2007 | 2006 | ||||
| R miljoen | R miljoen | ||||
| WESENSVERDIENSTE REKONSILIASIE | |||||
| Netto wins vir die jaar toeskryfbaar aan ekwiteithouers | 6 942 | 8 202 | |||
| Plus/(minus) – gedeelte toeskryfbaar aan ekwiteithouers: | |||||
| – Negatiewe klandisiewaarde | (44) | | |||
| – Netto waardedaling van beleggings, bates en klandisiewaarde | 12 | 157 | |||
| – Wins met die aflossing en verkoop van beleggings | (256) | (3 475) | |||
| – Herstruktureringskoste | 221 | 279 | |||
| – Ander kapitale en nie-herhalende items | (10) | (67) | |||
| – Netto oorskot, na belasting, met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting | (12) | (12) | |||
| Wesensverdienste | 6 853 | 5 084 | |||
| Nie-herhalende gedeelte van SEB-koste teruggetel | | 380 | |||
| Wesensverdienste – Nie-herhalende gedeelte van SEB-koste uitgesluit | 6 853 | 5 464 | |||
| VERDIENSTE PER AANDEEL | Sent | Sent | |||
| Wesensverdienste per aandeel | |||||
| – Basies | 1 445.4 | 1 052.3 | |||
| – Verwater | 1 401.3 | 1 027.7 | |||
| Wesensverdienste per aandeel – Nie-herhalende gedeelte van SEB-koste uitgesluit | |||||
| – Basies | 1 445.4 | 1 130.9 | |||
| – Verwater | 1 401.3 | 1 106.1 | |||
| Verdienste per aandeel | |||||
| – Basies | 1 464.2 | 1 697.6 | |||
| – Verwater | 1 418.5 | 1 671.3 | |||
| Verdienste per aandeel | |||||
| In die bepaling van verdienste per aandeel en wesensverdienste per aandeel is die geweegde aantal uitgereikte aandele, naamlik 474 123 689 (2006: 483 154 691), in berekening gebring na aftrekking van tesourie-aandele asook aandele deur Die Remgro Aandeletrust en sekere geassosieerde maatskappye gehou. | |||||
| Verwaterde verdienste per aandeel | |||||
In die berekening van verwaterde verdienste per aandeel en verwaterde wesensverdienste per aandeel is die geweegde aantal uitgereikte aandele aangepas vir die geagte verwateringseffek van die aandele deur deelnemers van die Remgro Aandeleskema aanvaar, maar nog nie gelewer nie. Omdat die skema-aandele as tesourie-aandele verantwoord moet word, sal die lewering daarvan aan deelnemers geag word ’n uitgifte van aandele te wees. Aangesien die markwaarde (billike waarde) van die aandele op die datum van lewering sal verskil van die aanbodwaarde, sal die aantal aandele wat daardie verskil verteenwoordig, geag word ’n uitgifte van gewone aandele sonder teenprestasie te wees. Hierdie toegerekende aandele bedra 1 672 153 (2006: 1 352 255) en is bygetel by die geweegde aantal uitgereikte aandele ten einde die verwateringseffek te bereken. Sommige filiaal- en geassosieerde maatskappye het soortgelyke bestuursaansporingskemas sowel as ander instrumente wat in die toekoms tot ’n verwatering van dié maatskappye se verdienste aanleiding kan gee. Ten einde Remgro se verwaterde verdienste per aandeel te bereken is R186 miljoen (2006: R105 miljoen) en R193 miljoen (2006: R105 miljoen) teen onderskeidelik wesensverdienste en verdienste verreken ten einde die potensiële verwateringseffek te verantwoord. |
|||||