P J Neethling (38)
Aangestel: 28 November 2019
Direkteurskappe: Mnr Neethling het as alternatiewe direkteur vir mnr J J Durand op die direksie van RCL Foods Beperk gedien. Hy was ‘n beleggingsbestuurder in die korporatiewe finansieringsafdeling van Remgro Bestuursdienste Beperk, ‘n volfiliaal van Remgro en het uitgebreide besigheidservaring opgedoen deur ‘n aantal ander direkteurskappe. Hy het ‘n BComm (Hons) graad in Finansiële en Beleggingsbestuur aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Mnr Neethling is ‘n alternatiewe lid vir mnr J P Rupert op die beleggingskomitee.