Bydrae tot wesensverdienste 30 Junie
2025

R miljoen
30 Junie
2024
R miljoen
 Air Products 643 566
 TotalEnergies 194 553
 Wispeco 284 289
 Ander (15) 17
1 106 1 425

Air Products South Africa Eiendoms Beperk

(Air Products)

Effektiewe belang: 50.0%

Profiel: Air Products produseer suurstof, stikstof, argon, waterstof en koolstofdioksied vir verkoop in gasvorm deur middel van pyplyne ingevolge langtermynkontrakte aan groot industriële gebruikers. Air Products versprei ook industriële gasse, saam met die toepaslike toerusting, aan die handelsmark. Die ander 50% van die gewone aandele word deur Air Products and Chemicals Incorporated, ’n VSA-maatskappy, gehou.


Korporatiewe inligting

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2025: R12 580 miljoen
Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: C Dos Santos
Remgro genomineerde direkteure: N J Williams, R Sinath

 

Volhoubaarheidsmaatstawwe

KMB-spandering: R12 miljoen
Opleidingspandering: R15 miljoen
Aantal werknemers: 1 105
BBSEB-status: Vlak 4
 Finansiële hoogtepunte Jaar geëindig 30 September
2024
R miljoen
2023
R miljoen
%
verandering
 Omset 5 614 4 969 13.0
 Bedryfswins 1 708 1 386 23.2
 Wesensverdienste 1 246 1 012 23.1

Air Products het ’n September-jaareinde, maar sy resultate vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2025 is by dié van Remgro vir die jaar onder oorsig ingesluit. Air Products se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die tydperk onder oorsig het met 13.6% tot R643 miljoen (2024: R566 miljoen) toegeneem.

Air Products se omset vir die 12 maande geëindig 31 Maart 2025 het met 7.9% tot R5 783 miljoen (2024: R5 360 miljoen) toegeneem, terwyl die maatskappy se bedryfswins vir dieselfde tydperk met 14.3% tot R1 766 miljoen (2024: R1 545 miljoen) toegeneem het.

Finansiële prestasie vir die tydperk geëindig 31 Maart 2025 is beïnvloed deur ’n tydelike sluiting by een van Air Products se grootste kliënte. Die kwessie is sedertdien opgelos, herstelwerk is voltooi en normale bedrywighede hervat.

Air Products vervaardig en versprei ’n verskeidenheid nywerheids-en spesialiteitsgasse wat aan verskeie nywerhede soos staal, chemies, olie-raffinering, hulpbronminerale, glas, pulp en papier, voedselverpakking, asook algemene vervaardiging, fabrikasie en sweiswerke verskaf word.

Die perseel- en pyplyn-verskaffingsbesigheid het ’n volgehoue vraag deur groot klante en stabiele, betroubare aanlegbedrywighede ondervind, wat bygedra het tot kostebesparing. Grootmaat vloeibare volumes het ’n mate van groei getoon, veral in die voedsel-, drank-en mynbousektore. Algehele winsgewendheid het gebaat by ’n stadiger toename in verspreidingskoste.

Die verpakte gasbesigheid het redelike volumegroei in alle gebiede getoon met verbeterde marges. Beter kostedoeltreffendheid was ook ’n belangrike faktor in die verbetering van algehele winsgewendheid.

TotalEnergies Marketing South Africa Eiendoms Beperk

(TotalEnergies)

Effektiewe belang: 24.9%

Profiel: Filiaal van TotalEnergies SE (Frankryk). TotalEnergies se besigheid behels die raffinering en bemarking van petroleum en petroleumprodukte in Suid-Afrika, asook die verspreiding daarvan aan buurlande. Die maatskappy het ’n ekwiteitsbelang van 36.36% in National Petroleum Refiners of South Africa Eiendoms Beperk (Natref) gehad wat in Desember 2024 verkoop is.


Korporatiewe inligting

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2025: R16 955 miljoen
Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: O Aluko
Remgro genomineerde direkteure: M Morobe, N J Williams

 

Volhoubaarheidsmaatstawwe

KMB-spandering: R24 miljoen
Opleidingspandering: R37 miljoen
Aantal werknemers: 706
BBSEB-status: Vlak 1
Omgewingsaspek: Vlak 1-uitlatings van 560 ton CO2e
 Finansiële hoogtepunte Jaar geëindig 31 Desember
2024
R miljoen
2023
R miljoen
%
verandering
 Omset 97 849 109 701 (10.8)
 Bedryfswins 870 52 1 573.1
 Wesensverdienste 916 2 046 (55.2)

TotalEnergies het ’n Desember-jaareinde en sy resultate vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2025 is by Remgro se finansiële jaarstate ingesluit. TotalEnergies se bydrae tot Remgro se wesensverdienste vir die jaar onder oorsig het R194 miljoen (2024: R553 miljoen) bedra.

TotalEnergies se omset vir die 12 maande geëindig 30 Junie 2025 het met 18.1% tot R88 616 miljoen (2024: R108 227 miljoen) afgeneem weens laer volumes en ’n afname in die gemiddelde brandstofprys. Die maatskappy het negatiewe voorraad-herwaardasies van R2 256 miljoen (2024: negatiewe voorraad-herwaardasies van R58 miljoen) aangeteken weens wisselvalligheid in die Brent-ruolieprys. Met uitsluiting van hierdie voorraad-herwaardasies, sou die wesensverdienste met 7.2% van R2 263 miljoen tot R2 426 miljoen toegeneem het. Hierdie toename is hoofsaaklik toe te skryf aan die afskaling van raffineringsbedrywighede wat verliese maak, teen die tweede helfte van 2024, wat deels teengewerk is deur ontwrigtings in die voorraadketting. Hierdie ontwrigtings het gespruit uit ‘n brand by die PRAX-raffinadery, wat die maatskappy gedwing het om stralerbrandstof teen hoër as markkoste in te voer. Dit het ‘n bykomende impak op winsgewendheid gehad.

TotalEnergies het die verkoop van sy 36.36%-minderheidsbelang in Natref laat in 2024 gefinaliseer as deel van voortgesette portefeulje-optimalisering.

Die maatskappy bly verbind tot gesondheid-, veiligheid-en omgewingsinisiatiewe om nakoming aan veranderende maatreëls en interne standaarde te verseker. Sleutelfokusgebiede sluit in om volkome omgewingsnakoming en wêreldgehalte veiligheidsmaatreëls vir werknemers, vervoerders en kontrakteurs te handhaaf. Hierdie maatstawwe versterk TotalEnergies se toewyding tot volhoubare en verantwoordelike bedrywighede.

Wispeco Holdings Eiendoms Beperk

(Wispeco)

Effektiewe belang: 100.0%

Profiel: Wispeco se hoofbesigheid is die vervaardiging en verspreiding van uitgeperste aluminiumprofiele wat hoofsaaklik in die bou-, ingenieurs- en duursame goederesektor gebruik word.


Korporatiewe inligting

Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2025: R1 900 miljoen
Ongenoteer
Hoofuitvoerende beampte: : H Rolfes
Remgro genomineerde direkteure: N R Boonzaier, M Lubbe

 

Volhoubaarheidsmaatstawwe

KMB-spandering: R4 miljoen
Opleidingspandering: R10 miljoen
Aantal werknemers: 1 443
BBSEB-status: Vlak 4
Omgewingsaspek: Vlak 1- en 2-uitlatings van 44 031 ton CO2e
 Finansiële hoogtepunte Jaar geëindig 30 Junie
2025
R miljoen
2024
R miljoen
%
verandering
 Omset 3 909 3 759 4.0
 Bedryfswins 369 382 (3.4)
 HWesensverdienste 284 289 (1.7)

Wispeco het ’n toename van 4.0% in omset vir die jaar geëindig 30 Junie 2025 van R3 909 miljoen (2024: R3 759 miljoen) gerapporteer. Verkoopvolumes was marginaal hoër jaar-op-jaar met die toename in omset, hoofsaaklik toeskryfbaar aan hoër verkoopspryse. Dit het plaasgevind ná ’n opwaartse neiging in die kommoditeitspryssiklus wat grondstofkoste gedurende die finansiële jaar laat toeneem het.

Wesensverdienste vir die jaar geëindig 30 Junie 2025 het met 1.7% tot R284 miljoen afgeneem vergeleke met R289 miljoen vir die vergelykende jaar. Hierdie afname weerspieël die afwaartse druk op handelsmarges wat gedryf is deur mededingende marktoestande. Winsgewendheid is verder deur inflasionêre kostestygings op ander wesentlike insetkoste beïnvloed.

Wispeco is ’n voorste aluminium-uitpersverskaffer in Suider-Afrika met ’n sterk fokus op afleweringspoed, korter wagtye en voortreflike kliëntediensvlakke. Dit word gerugsteun deur aansienlike vervaardigingskapasiteit, asook ’n buigsame werkerskorps en skofstelsel. Die groep vervaardig ook bronsbrandsproeierrame wat na internasionale markte uitgevoer word.

Wispeco is ’n toonaangewer in die ontwikkeling van argitektoniese aluminiumprodukte wat ondersteun word deur gepatenteerde ontwerpsagteware wat die maatskappy aan sy kliënte beskikbaar stel. Die Crealco-reeks argitektoniese produkte word gerugsteun deur omvangryke tegniese kundigheid en na ’n wye netwerk van eie en onafhanklike afsetpunte regoor Suider-Afrika versprei.

Wispeco se eksterne gefokusde opleidingsinisiatiewe teiken gestremde en voorheen benadeelde jongmense, met die oog op hul indiensneming in die aluminiumbedryf. Interne opleidingsprogramme is gemik op produktiwiteitsverbetering en die ontwikkeling van vaardighede om toekomstige groei te ondersteun.

PGSI Beperk

(PGSI)

Effektiewe belang: 37.7%

Profiel: PGSI het ’n belang van 80% in PG Group Holdings. Die PG-groep is Suid-Afrika se bedryfsleier op die gebied van geïntegreerde plaatglas vir die vervaardiging, verspreiding en installering van hoëgehalte motor- en bouglasprodukte.

Webwerf: www.pggroup.co.za