Remgro, wat oorspronklik in die 1940’s deur wyle dr Anton Rupert tot stand gebring is, se beleggingsportefeulje het aansienlik uitgebrei en bestaan tans uit onderliggende beleggings, versprei oor nege kategorieë. Die maatskappy is op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE), wat in Suid-Afrika deur die JSE Beperk bedryf word, in die sektor “Finansieel – Finansiële Dienste – Beleggingsbank en Makelaarsdienste – Gediversifiseerde Finansiële Dienste“ genoteer, met die aandelekode “REM“. Die maatskappy het sedert 3 Januarie 2022 ook ‘n sekondêre notering op die A2X.
Remgro se belange bestaan hoofsaaklik uit beleggings in die gesondheidsorg, verbruikersprodukte, finansiële dienste, infrastruktuur, nywerheid en media industrieë.