| Bydrae tot wesensverdienste | 30 Junie 2025 R miljoen |
30 Junie 2024 R miljoen |
|---|---|---|
| Maatskaplike impakbeleggings | (8) | (29) |
Blue Bulls Company Eiendoms Beperk
(Blou Bulle)
Effektiewe belang: ekonomies 50.0%; stemreg 36.7%

Profiel: Die Blou Bulle is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat in Suid-Afrika se top plaaslike en internasionale kompetisies meeding. Die Blou Bulle se basis is by Loftus Versveld waar verskeie geleenthede bestuur word, insluitende rugby, optredes en sokker.
Webwerf: www.bullsrugby.co.za
Stellenbosch Academy of Sport Eiendoms Beperk
(SAS)
Effektiewe belang: 100.0%

Profiel: SAS verskaf aan plaaslike en internasionale sportspanne en atlete afrigting en ’n voorbereidingsomgewing van wêreldgehalte in Stellenbosch.
Webwerf: www.sastraining.co.za
Stellenbosch Football Club Eiendoms Beperk
(SFC)
Effektiewe belang: 100.0%

Profiel: Die SFC neem aan die Suid-Afrikaanse Premiersokkerliga deel. Die belegging in die klub bevorder Remgro en die Stellenbosch Academy of Sport se plaaslike gemeenskapsbetrokkenheid in Stellenbosch en die wyer Boland.
Webwerf: www.stellenboschfc.com
Boland Rugby Company Eiendoms Beperk
(Boland Kavaliers)
Effektiewe belang: ekonomies 50.0%; stemreg 36.5%

Profiel: Die Boland Kavaliers is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat in Suid-Afrika se top plaaslike rugbykompetisies meeding. Hulle gebruik spelers van regoor die Boland-streek en speel by die Boland-stadion in Wellington.
Webwerf: bolandrugby.co.za

