| Bydrae tot wesensverdienste | 30 Junie 2025 R miljoen |
30 Junie 2024 R miljoen |
|---|---|---|
| Discovery | 122 | 90 |
| FirstRand | 436 | 474 |
| Momentum | – | 160 |
| Ander portefeuljebeleggings | 73 | 88 |
| 631 | 812 | |
Remgro het sy belang in BAT na jaareinde verkoop.

Discovery Beperk
(Discovery)
Effektiewe belang: 7.7%

Profiel: Discovery is ’n globale, geïntegreerde finansiëledienste-organisasie wie se pioniers-versekeringsmodel van gedeelde waarde regoor sy besighede gebruik word om die kerndoelwit te bereik, naamlik om mense gesonder te laat leef en hul lewens te verbeter en te beskerm.
Sy produkreeks strek van gesondheidsversekering, administrasie en bestuurde sorg van mediese skemas, lewensversekering, korttermyn persoonlike en kommersiële versekering, langtermyn-besparings en -beleggings, bankdienste en gedragsveranderingsprogramme.
Webwerf: www.discovery.co.za
FirstRand Beperk
(FirstRand)
Effektiewe belang: 1.6%

Profiel: FirstRand, deur sy portefeulje van geïntegreerde finansiëledienstebesighede, waaronder FNB, RMB, WesBank, DirectAxis, Aldermore, MotoNovo, Ashburton Investments en MotoVantage, bedryf sake in Suid-Afrika, sekere markte in die sub-Saharastreek in Afrika, die Verenigde Koninkryk en Indië.
Webwerf: www.firstrand.co.za

