Bydrae tot wesensverdienste 30 Junie
2022
R miljoen
30 Junie
2021
R miljoen
Mediclinic 1 267 674

Profiel:

Mediclinic verskaf omvattende, hoëgehalte hospitaaldienste op ’n kostedoeltreffende grondslag in Suider-Afrika, die Verenigde Arabiese Emirate, Switserland en die Verenigde Koninkryk.

KORPORATIEWE INLIGTING

Markkapitalisasie op 30 Junie 2022 £3 375 miljoen
Primêre notering: Londense aandelebeurs
Sekondêre notering: JSE Beperk
Hoofuitvoerende beampte R van der Merwe
Remgro genomineerde direkteure J J Durand, P J Uys (alternatief)

VOLHOUBAARHEIDSMAATSTAWWE

KMB/Opleidingspandering R160 miljoen
Aantal werknemers 34 278
BBSEB-status Vlak 4
Omgewingsaspek Vlak 1- en 2-uitlatings van 211 969 ton CO2e
FINANSIËLE HOOGTEPUNTE Jaar geëindig
31 Maart 2022 
£ miljoen 
Omset 3 233 7.9
Bedryfswins 280 34.0
Aangepaste verdienste 167 65.3

Mediclinic International plc (Mediclinic)

Mediclinic het ‘n Maart-jaareinde en die resultate vir die 12 maande tot 31 Maart 2022 is in Remgro se resultate vir die jaar onder oorsig geëkwiteer. Mediclinic se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R1 267 miljoen (2021: R674 miljoen) bedra.

Mediclinic gebruik aangepaste inkomstestaat-rapportering as nie-IFRS-maatstaf om prestasie te beoordeel en as ‘n metode om duidelike en konsekwente rapportering te verskaf.

Vergeleke met die vorige jaar het die groep ‘n sterk finansiële vertoning gelewer, hoofsaaklik danksy verhoogde pasiëntbedrywighede. Vergeleke met voorpandemie-vlakke het volumes in Switserland en die Midde-Ooste toegeneem, terwyl Suider-Afrika geleidelik herstel het na die hewiger impak van die pandemie. Die verbetering in die huidige finansiële jaar het geskied ondanks die ontwrigting van verdere Covid-19-vlae, met die Omikron-vlaag wat, uit ‘n personeel- en pasiënt-skeduleringsoogpunt, ‘n aansienlike uitdaging gebied het weens die hoë oordraagbaarheid daarvan, asook die regulering van self-isolasie.

Die groep se omset was 8.0% hoër op £3 233 miljoen (2021: £2 995 miljoen) danksy ‘n herstel in pasiëntbedrywighede en minder beperkings op gekose en nie-dringende behandelings. Vergeleke met die voorpandemie-finansiële jaar geëindig 31 Maart 2020 het groepinkomste 5% verbeter (2020: £3 083 miljoen). Vergeleke met die vorige jaar, en die voor-pandemie-Maart 2020-finansiële jaar, het inkomste in al drie afdelings toegeneem.

Aangepaste EBITDA was 22% hoër op £522 miljoen (2021: £426 miljoen). Inkrementele Covid-19-verwante uitgawes regdeur die groep het £27 miljoen (2021: £32 miljoen), bedra, wat ‘n weerspieëling is van die voortgesette behandeling van Covid-19-binnepasiënte gedurende die verskillende vlae van die pandemie. Die groep se aangepaste EBITDA-marge het wesentlik tot 16.1% (2021: 14.2%) toegeneem, gedryf deur die inkomstevertoning.

Vergeleke met die voorpandemie-jaareinde (Maart 2020) was aangepaste EBITDA 3% laer. Die aangepaste EBITDA-marge nader nou voorpandemie-vlakke (2020: 17.5%), terwyl dit steeds toenames weerspieël in werknemerkoste, asook verbruiks- en verskaffingskoste, gedryf deur Covid-19-verwante uitgawes en insetkoste wat verband hou met hoër akute inkomste. Die impak hiervan sal na verwagting mettertyd verminder.

‘n Stewige vertoning in Switserland tot beter as voorpandemie-vlakke is deur die herstel van pasiëntbedrywighede ondersteun. Omset vir die tydperk het met 6% tot CHF1 885 miljoen (2021: CHF1 784 miljoen; 2020: CHF1 804 miljoen) verbeter en voorpandemie-vlakke met 4% oorskry. Dit was danksy ‘n goeie herstel in binne-pasiëntbedrywighede, wat 2.1% beter as die vorige jaar en 2.0% hoër as die voorpandemie-jaar, Maart 2020 was. Die gemiddelde tyd van verblyf het met 0.4% toegeneem, wat saam met die toename in binne-pasiëntbedrywighede, ‘n besettingskoers van 62.6% (2021: 61.1%) gelewer het.

Ondanks die aansienlike eise en ontwrigting wat deur die pandemie veroorsaak is, het die Suider-Afrikaanse afdeling, vergeleke met die vorige jaar, ‘n uitsonderlike vertoning gelewer. Die afdeling het voortgegaan om aan te pas en sy weg te vind deur verskeie pandemie-vlae terwyl 18% meer nie-Covid-19-toelatings behandel is vergeleke met die vorige jaar. Omset het met 18% tot R18 416 miljoen (2021: R15 573 miljoen; 2020: R17 031 miljoen), toegeneem, wat die herstel in pasiëntbedrywighede weerspieël. Omset was 8% hoër as voorpandemie-vlakke. Vergeleke met die vorige jaar het betaalde pasiëntdae (BPD) met 14% toegeneem, wat slegs marginaal laer (3%) is as voorpandemie-vlakke. Besetting het met die groei in BPD verbeter tot ‘n gemiddeld van 64.3% (2021: 56.3%) en nader nou voorpandemie-vlakke (2020: 67.9%). Verblydend is dat besettingsvlakke in Februarie en Maart 2022 tot 69% toegeneem het, die beste vlakke sedert die begin van die pandemie.

In die Midde-Ooste het die groep ‘n stewige vertoning gelewer danksy volumegroei in binne- en buitepasiënte. Volumes het nuwe hoogtepunte bereik, wat voorpandemie-vlakke oorskry het, ondersteun deur investering in die afgelope jare om geriewe en diens in die streek uit te brei en te verbeter. Omset vir die tydperk het met 9% tot AED4 111 miljoen (2021: AED3 760 miljoen; 2020: AED3 445 miljoen) toegeneem, wat ‘n aanduiding is dat na voorpandemie-akuïteitsvlakke en inkomstemengsel beweeg word.