Nie-uitvoerende direkteure

J P Rupert (75)
J P Rupert (75) Voorsitter
J Malherbe (69)
J Malherbe (69) Nie-uitvoerende direkteur
P J Neethling (40)
P J Neethling (40) Nie-uitvoerende direkteur
A E Rupert (37)
A E Rupert (37) Nie-uitvoerende direkteur

Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure

S E N De Bruyn (53)
S E N De Bruyn (53) Ondervoorsitter en Hoof onafhanklike direkteur
F Robertson (70)
F Robertson (70) Afgetree: 30 Junie 2025
N P Mageza (70)
N P Mageza (70) Afgetree: 30 Junie 2025
P J Moleketi (68)
P J Moleketi (68) Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur
M Morobe (68)
M Morobe (68) Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur
G G Nieuwoudt (49)
G G Nieuwoudt (49) Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur
K S Rantloane (44)
K S Rantloane (44) Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur

Uitvoerende direkteure

J J Durand (58)
J J Durand (58) Hoofuitvoerende beampte
N J Williams (60)
N J Williams (60) Hoof finansiële beampte
M Lubbe (55)
M Lubbe (55) Hoof nakomings- en bedryfsbeampte
C P F Vosloo (50)
C P F Vosloo (50) Hoof beleggingsbeampte en alternatiewe uitvoerende direkteur vir J J Durand

Lede van komitees (op 30 Junie 2025)

Oudit-en-risikokomitee

S E N De Bruyn (voorsitter), G G Nieuwoudt, K S Rantloane

Maatskaplike-en-etiesekomitee(1)

M Morobe (voorsitter), S E N De Bruyn, M Lubbe, N P Mageza, P J Moleketi, K S Rantloane

Vergoedings-en-nominasiekomitee(2)

J P Rupert (voorsitter), S E N De Bruyn, P J Moleketi, F Robertson

Bestuursraad

J J Durand (voorsitter), P R Louw, M Lubbe, P J Uys, C P F Vosloo, N J Williams

Beleggingskomitee(3)

J P Rupert (voorsitter), J J Durand,
J Malherbe, P J Neethling (alternatief vir J P Rupert), G G Nieuwoudt,
K S Rantloane, F Robertson, C P F Vosloo (alternatief vir J J Durand), N J Williams

(1) Met ingang van 1 Julie 2025, na sy aftrede op 30 Junie 2025, sal mnr Mageza nie meer as lid van die maatskaplike-en-etiesekomitee dien nie.
(2) Met ingang van 1 Julie 2025, na sy aftrede op 30 Junie 2025, sal mnr Robertson nie meer as lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee dien nie. Mnr Morobe is in Julie 2025 as lid van die komitee aangestel.
(3) Met ingang van 1 Julie 2025, na sy aftrede op 30 Junie 2025, sal mnr Robertson nie meer as lid van die beleggingskomitee dien nie. Mnr Neethling is in Julie 2025 as lid van die komitee aangestel.

Hoe Remgro bestuur word

Remgro Beperk se direksie lei en beheer die groep in alle sake van wesentlike of strategiese aard wat ’n uitwerking op die reputasie en prestasie van die groep kan hê. Die bestuursraad is ’n subkomitee van die direksie wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die bepaling van beleid, die monitering en bestuur van bestaande beleggings, die identifisering en aanbeveling van nuwe beleggingsgeleenthede en die uitvoering van die direksie se besluite en strategie. Ander sake, soos toegewys deur die direksie, word op senior bestuursvlak hanteer, soos toegelaat ingevolge ’n formele delegering van gesag wat die perke bepaal van delegerings- en goedkeuringsmandate.

Die bestuursraad, saam met senior bestuur, streef voorts daarna om ’n kultuur van etiese gedrag en goeie bestuur regdeur die Remgro groep te vestig. Op 30 Junie 2025 het die bestuursraad uit ses lede bestaan, synde al die uitvoerende direkteure, asook mnre P R Louw en P J Uys.

Die skematiese voorstelling in Figuur 1 verskaf meer besonderhede oor die dag-tot-dag-verantwoordelikhede en die gedelegeerde magte van die individuele lede van die bestuursraad.

Komiteestruktuur

 

Komiteestruktuur

Komiteestruktuur