Nie-uitvoerende direkteure




Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure







Uitvoerende direkteure



Lede van komitees |
||
Oudit-en-risikokomitee S E N De Bruyn (voorsitter), N P Mageza, P J Moleketi, F Robertson |
Vergoedings-en-nominasiekomitee J P Rupert (voorsitter), S E N De Bruyn, P J Moleketi, F Robertson |
|
Beleggingskomitee J P Rupert (voorsitter), J J Durand, J Malherbe, P J Neethling (alternatief vir J P Rupert), G G Nieuwoudt, K S Rantloane, F Robertson, N J Williams |
Maatskaplike-en-etiesekomitee M Morobe (voorsitter), S E N De Bruyn, P R Louw, N P Mageza, P J Uys |
|
Bestuursraad J J Durand (voorsitter), P R Louw, M Lubbe, P J Uys, N J Williams |
Strategiese ESG-komitee M Morobe (voorsitter), S E N De Bruyn, M Lubbe, K S Rantloane, P J Uys |
Hoe Remgro bestuur word
Remgro Beperk se direksie lei en beheer die groep in alle sake van wesentlike of strategiese aard wat ’n uitwerking op die reputasie en prestasie van die groep kan hê. Die bestuursraad is ’n subkomitee van die direksie wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die vasstelling van beleid, die monitering en bestuur van bestaande beleggings, die identifisering en aanbeveling van nuwe beleggingsgeleenthede en die uitvoering van die direksie se besluite en strategie. Ander sake, soos opgedra deur die direksie, word op senior bestuursvlak hanteer, soos toegelaat ingevolge ’n formele delegering van gesag wat die perke bepaal van delegerings- en goedkeuringsmandate.
Die bestuursraad, saam met senior bestuur, streef daarna om ’n kultuur van etiese gedrag en goeie bestuur regdeur die Remgro groep te vestig. Op 30 Junie 2022 het die bestuursraad uit vyf lede bestaan, synde al drie uitvoerende direkteure, asook mnre Pieter Louw en Pieter Uys.
Die skematiese voorstelling in Figuur 1 verskaf meer besonderhede oor die dag tot-dag-verantwoordelikhede en die gedelegeerde magte van die individuele lede van die bestuursraad.
Komiteestruktuur

Figuur 1

In ooreenstemming met sy doelwit om die land se toekoms te help skep en ‘n vennoot in welvaart te wees, bly Remgro daartoe verbind om sy rol te speel sodat Suid-Afrika as ‘n nasie sterker uit die huidige uitdagende tye kan kom.