Kagiso Tiso Holdings Eiendoms Beperk (KTH) Effektiewe belang: 43.5% Profiel: KTH is ’n toonaangewende beleggingshouermaatskappy in swart besit wat in verskeie sektore in die plaaslike en Afrika-markte belê. Dit beskik oor ’n sterk en gediversifiseerde bateportefeulje wat bestaan uit ’n mengsel van genoteerde en private beleggings in die media-, finansiële dienste, nywerheidsdienste- en gesondheidsorgsektor. KTH se hoofbeleggings sluit Kagiso Media Beperk (Kagiso Media), met belange in radiostasies onder meer East Coast Radio en Jacaranda FM en ander mediaverwante beleggings, en Momentum Group Beperk (Momentum) in. Korporatiewe inligting Volhoubaarheidsmaatstawwe KTH se bydrae tot Remgro se wesensverdienste het R344 miljoen (2024: R241 miljoen) bedra. KTH se wesensverdienste vir die jaar het tot R789 miljoen vanaf R553 miljoen in die vergelykende jaar toegeneem. Hierdie toename is hoofsaaklik vanweë: KTH het gedurende die jaar ’n dividend van R139 miljoen (2024: R114 miljoen) betaal. Prescient China Equity Fund (Prescient) Profiel: Prescient, wat ‘n sistematiese, kwantitatiewe benadering volg om langtermynkapitaalgroei na te streef, belê in genoteerde aandele in die Chinese mark en gebruik die Shanghai Shenzhen CSI 300 indeks as maatstaf. Webwerf: www.prescient.ie Invenfin Eiendoms Beperk (Invenfin) Effektiewe belang: 100.0% Profiel: Invenfin fokus op kleiner vroeëfase-beleggings. Webwerf: www.invenfin.com Asia Partners I LP en Asia Partners II LP (Asia Partners) Effektiewe belang: 6.5% (Fund I), 10.0% (Fund II) Profiel: Asia Partners maak private ekwiteits- en ekwiteitsverwante beleggings in tegnologie, of tegnologie-bemagtigde maatskappye hoofsaaklik gefokus in die Suidoos-Asiëstreek. Webwerf: www.asiapartners.com Pembani Remgro Infrastruktuurfondse (PRIF) Effektiewe belang: 16.2% (Fund I), 24.6% (Fund II) Profiel: PRIF is ’n fonds wat fokus op privaatsektor belegging in infrastruktuur oor die Afrika kontinent. Webwerf: www.pembani-remgro.com
Bydrae tot wesensverdienste
30 Junie
2025
R miljoen30 Junie
2024
R miljoen
KTH
344
241
Ander
18
(6)
362
235

Finansiële hoogtepunte
Jaar geëindig 30 Junie
2025
R miljoen2024
R miljoen%
verandering
Omset
1 976
1 898
4.1
Bedryfswins
1 252
750
66.9
Wesensverdienste
789
553
42.7



Gediversifiseerde beleggingsvoertuie
Ekwiteitswaardasie op 30 Junie 2025: R7 186 miljoen
Ongenoteer
Groep hoofuitvoerende beampte: P J Makosholo
Remgro genomineerde direkteure: S Crouse, P J Uys
Webwerf: www.kth.co.za
KMB-spandering: R37 miljoen
Opleidingspandering: R18 miljoen
Aantal werknemers: 1 371

