M LUBBE (55)
Hoof nakomings- en bedryfsbeampte
BA
Diensjare by die groep: 31
Direkteurskappe: Me Lubbe is in September 2016 as uitvoerende direkteur van Remgro aangestel en is verantwoordelik vir nakoming en korporatiewe maatskaplike beleggings van die maatskappy. Sy dien op die direksies van Remgro Beperk se volfiliale en is voorsitter van Historiese Huise van SA Beperk. Sy dien as ‘n nie-uitvoerende direkteur op die direksies van Business Partners Beperk, Capevin Holdings Eiendoms Beperk en Wispeco Holdings Eiendoms Beperk. Sy is ‘n lid van Mediclinic Group Beperk se ESG komitee en is ook ‘n lid van Remgro se maatskaplike-en-etiesekomitee.






