Posted

J P Rupert (73)

Voorsitter

Aangestel: 18 Augustus 2000

Direkteurskappe: Mnr Rupert is die voorsitter van Compagnie Financière Richemont SA en die voorsitter van Reinet Investments Manager SA, die bestuursmaatskappy van Reinet Investments S.C.A. Hy het ekonomie en maatskappyreg aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het ’n uitgebreide loopbaan in internasionale sake, bankwese en finansies. Nadat hy vir Chase Manhattan Bank en Lazard Frères in New York gewerk het, het hy Rand Aksepbank Beperk in 1979 gestig. In 1985 het hy by die Rembrandt Groep aangesluit. Hy is die ontvanger van eredoktorsgrade in die regte, ekonomie en handel. Hy het gedien as kanselier van Universiteit Stellenbosch vanaf 2009 tot 2019 en is voorsitter van die Vredesparkestigting. Hy is die voorsitter van die beleggingskomitee en vergoedingsen- nominasiekomitee.

Comments are closed.