F ROBERTSON (70)
Afgetree: 30 Junie 2025
Direkteurskappe: Mnr Robertson is uitvoerende voorsitter van Brimstone Investment Corporation Beperk en is ook voorsitter van Sea Harvest Group Beperk. Mnr Robertson dien as nie-uitvoerende direkteur op die direksie van Aon Re Africa Eiendoms Beperk en hy dien ook as trustee van die Laureus Sport for Good Foundation in Suid-Afrika, asook van die Distrik Ses Museum. Hy is die ontvanger van ’n eredoktorsgraad in filosofie van die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy was ‘n lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee en die beleggingskomitee.






