Aantekeninge by die finansiële jaarstate

VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 MAART 2008

« Aanwysing 15 Aanwysing 17 »
       
16. AANDELEKAPITAAL EN AANDELEPREMIE    
    2008   2007  
    R miljoen   R miljoen  
  Aandelekapitaal    
  Gemagtig    
  512 493 650 gewone aandele van 1 sent elk 5.1   5.1  
   40 506 352 B-gewone aandele van 10 sent elk 4.1   4.1  
    9.2   9.2  
       
  Uitgereik    
  449 003 606 (2007: 448 802 207) gewone aandele van 1 sent elk 4.5   4.5  
   35 506 352 (2007: 35 506 352) B-gewone aandele van 10 sent elk 3.5   3.5  
    8.0   8.0  
       
    Aantal   Aantal  
    aandele   aandele  
  Beweging van die gewone aandele van 1 sent elk vir die jaar:    
  Totale aantal aandele uitgereik op 1 April 448 802 207   448 802 207  
  Aandele uitgereik 201 399   –  
  Totale aantal aandele uitgereik op 31 Maart* 449 003 606   448 802 207  
  * Sluit in tesourie-aandele deur volfiliaalmaatskappye gehou.    
       
    2008   2007  
  Aandelepremie R miljoen   R miljoen  
  Beweging van die aandelepremierekening vir die jaar:    
  Saldo op 1 April –   –  
  Aandele uitgereik 37   –  
  Saldo op 31 Maart 37   –  
   
 

Elke gewone aandeel dra een stem.
Elke B-gewone aandeel dra tien stemme.

Aantal aandele deur ’n volfiliaal in tesourie gehou en aandele deur Die Remgro Aandeletrust gehou (gewone aandele van 1 sent elk): 11 972 555 (2007: 11 948 372).

Tydens die algemene vergadering van 22 Augustus 2007 is die onuitgereikte aandele, bestaande uit 63 691 443 gewone aandele van 1 sent elk en 5 000 000 B-gewone aandele van 10 sent elk soos op 31 Maart 2007, onder die beheer van die direksie geplaas as ’n algemene magtiging kragtens artikel 221(2) van die Maatskappywet, (Nr. 61 van 1973), soos gewysig (“Maatskappywet”), onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet en die Reëls en Vereistes van die JSE tot en met die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy vir toewysing en uitreiking aan sodanige persone as wat hulle goeddink, met dien verstande dat 26 000 000 gewone aandele en 5 000 000 B-gewone aandele in die gemagtigde aandelekapitaal van die maatskappy gereserveer word vir doeleindes van die Remgro Aandeleskema kragtens ’n gewone besluit wat op 21 September 2000 deur aandeelhouers geneem is.

Besonderhede met betrekking tot die aandeleskema en die huidige jaar se aanbiedinge word in aantekening 24 en die verslag van
die raad van direkteure verstrek.