Aantekeninge by die finansiële jaarstate

VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 MAART 2008

« Aanwysing 9 Aanwysing 11 »
         
10. BELASTING    
      2008   2007  
  10.1 Uitgestelde belasting R miljoen   R miljoen  
    Uitgestelde belastingaanspreeklikheid 1 454   1 205  
       Eiendom, aanleg en toerusting 334   378  
       Ontasbare bates 13   16  
       Voorraad 109   84  
       Voorsienings (68)  (44) 
       Biologiese landboubates 26   34  
       Beleggings (direk in ekwiteit verantwoord) 1 027   738  
       Belastingverliese (38)  –  
       Toekomstige kapitaalwins belasbaar 35   –  
       Ander 16   (1) 
    Uitgestelde belastingbate (4)  (124) 
       Eiendom, aanleg en toerusting (2)  (44) 
       Voorsienings (2)  (20) 
       Belastingverliese –   (49) 
       Ander –   (11) 
space
    Netto uitgestelde belasting 1 450   1 081  
    Die beweging tussen begin- en eindsaldo van uitgestelde belasting kan    
       soos volg ontleed word:    
       Begin van die jaar 1 081   700  
       Koersverandering (25)  –  
       Soos per inkomstestaat  79   43  
       Direk in ekwiteit 315   338  
      1 450   1 081  
         
    Geen uitgestelde belasting word voorsien op tydelike verskille wat verband hou met beleggings in filiaalmaatskappye en gesamentlike ondernemings nie, aangesien Remgro die dividendbeleid van dié maatskappye beheer en gevolglik ook die omkeer van die tydelike verskille beheer.

Uitgestelde belasting op kapitaaldistribusies ontvang vanaf 1 Oktober 2001 tot 30 September 2007 word teen 14.0% voorsien weens die promulgasie van terugwerkende belastingwetgewing.
         
      2008   2007  
  10.2 Belastingverliese R miljoen   R miljoen  
    Beraamde belastingverliese wat beskikbaar is vir verrekening teen toekomstige belasbare    
      inkomste 189   245  
    Aangewend om uitgestelde belastingbate te skep (135)  (168) 
      54   77  
  10.3 Sekondêre belasting op maatskappye (SBM)    
    Die SBM-krediete op 31 Maart, wat teen toekomstige dividendbetalings    
       aangewend kan word, bedra    
       – Die maatskappy 76   172  
       – Filiaalmaatskappye 2 970   1 356  
    Onbenutte SBM - krediete 3 046   1 528  
    ’n Buitelandse volfiliaalmaatskappy van Remgro beskik oor reserwes wat tot verdere    
    SBM-krediete van R1 621 miljoen (2007: R1 538 miljoen) aanleiding sal gee wanneer    
    dit as dividende aan sy Suid-Afrikaanse houermaatskappy verklaar word.    
         
    Remgro se geskiedenis van dividende ontvang teenoor gewone dividende betaal dui    
    daarop dat sy SBM-krediete oor tyd toeneem. Dit is dus onwaarskynlik dat Remgro se    
    SBM-krediete in die afsienbare toekoms teen gewone dividende betaal aangewend sal    
    word, en geen uitgestelde belastingbate is dus geskep vir dié maatskappy se onbenutte    
    SBM-krediete nie.    
         
  10.4 Belasting in inkomstestaat    
    Lopend 313   339  
    – huidige jaar – Suid-Afrikaanse normale belasting 290   332  
    space– Belasting op kapitaalwins 17   –  
    space– Buitelandse belasting 8   8  
      315   340  
    – vorige jaar – Suid-Afrikaanse normale belasting (2)  (1) 
    Sekondêre belasting op maatskappye – lopend 27   21  
    Uitgestel – huidige jaar 56   60  
    space– vorige jaar 1   (17) 
    space– koersverandering (13)  –  
    space– belasting op kapitaalwins 35   –  
      419   403  
         
  10.5 Rekonsiliasie van effektiewe belastingkoers van die maatskappy    
    en sy filiale met standaardkoers %   %  
    Effektiewe belastingkoers 12.9   26.4  
    Verlaging/(verhoging) in standaardkoers as gevolg van:    
       Vrygestelde dividendinkomste 2.3   3  
       Nie-belasbare kapitaalwinste 13.5   –  
       Ander nie-belasbare inkomste 3.6   0.4  
       Buitelandse belasting (1.7)  (0.5) 
       Belasting ten opsigte van vorige jare –   1.1  
       Koersverandering 0.4   –  
       Toekomstige kapitaalwins betaalbaar (1.2)  –  
       Sekondêre belasting op maatskappye (0.8)  (1.4) 
    Standaardkoers 29.0   29.0